Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …

Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …

https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107

Una skryf:

Die floute oorval my. Vir Sonell, Aalsie en Tannie Frannie ook. Flitse van my lewe beweeg verby, en toe niks. VirgoC swets, rof ook. Appeltjie en WoordNoot gryp onwillekeurig hande vas en begin rettireer.

Trommeltjie, sy bid.

En Toorts?

Sy het in die bos verdwyn.

Trommeltjie, sorry, maar daar is net een item op my emmerskoplysie! Help ons hier uit, ek sal nooit weer vir iets anders wens nie!!!!!!!!

My laaste ding wat ek sien voor ek my oë toemaak is:

Ek maak my oë oop en chaos tref my. Hier lê drie vroue flou, Virgo C hou vlugsout onder die neuse. Met die wakker word slag begin al drie hiper ventileer, “kom meisies, haal diep asem, ruik daai rose en blaas die blare weg” sê Virgo C oor en oor en goeie raad tussen in, kom van Sonel, “Fokus op ń rustige plek, waar jy vrede ervaar.” Intussen bars Christa in trane uit en snikkend sê sy ” Ek het nou net terug in my land gekom, kan nie nou sterf nie”. Woordnoot troos haar en paai haar met fluisterende woorde. Trommeltjies kyk om haar rond, ” Waar is Toortsie en Scrappy?

Scrappy se ou klein stemmetjie kom van ver af. Dit klink asof van bo iewers, sy fynkam die bome en voorwaar daar sit Toortsie in die een boom. “Scrappy, besef jy dat gorillas kan boom klim? Nou nie die veiligste plek om te wees as jy van hulle wil weg kom nie. Kom klim asseblief af, voor jy jou nek breek. Stadig, baie stadig voetjie vir voetjie asseblief. Kyk, die gorillas is nou rustig.

Die mamma was maar net ontsteld omdat sy gedink het haar kleintjie word bedreig. Kom nou maar af” Scrappy begin onder aanmoediging af klim. Virgo C het intussen ń botteltjie met gemmer brandewyn uit gepluk en gee vir Una, Frannie en Aalsie elk ń groot sluk. Nou vergeet ons van Covid en aansteek, die kalf is in die put, sluk dames, sluk.

Trommeltjis vra weer “Waar is Toortsie?” Ons kyk in die rondte, maar geen spoor van haar nie. Ons beter hasr opspoor enige idees in watter rigting? “Kyk daar’ sé Aalsie, ‘ dit is ń stukkie rooi lap. Toortsie se hemp.’ Trommeltjie storm dadelik in daardie rigting, nie te ver met die voetpaadjie langs sien sy rooi deur die blare. Toortsie sit op ñ rots en tuur in die bosse in. Voor haar sit daar 4 gorillas. ‘Trommeltjie kyk hoe pragtig, hulle is ń klein hegte groepie. Toortsie sê “Ek was te bang om te roer, hulle is so vreedsaam.” “Toorts onx moet dadelik terug, almal is so bekommerd oor jou.”

Met die groep weer herenig en almal redelik kalmer, vee Virgo die sweet van haar voorkop af. Sy dag die hospitaal is erg, maar die klomp🙈, laat haar werk. Boonop sê sy, ” Ek het self my gat af geskrik, daai mamma het vrek groot tande. Ek dag, vandag is die dag dat ons vermorsel word.”

Ons gidse besef daar is nou net een ding en dit is kry hierdie vrou uit die bos. Trommeltjie stel voor dat sy die agterhoede vorm, net om seker te mazk daar is geen afdwalery, boom klimmery of flou goue vroue nie. ” Vroue fokus net op daardie adonis van ń gids se bene en boudjies. Lyk my hy en Boeta van Rebus koop by dieselfde plek.” Stel sy fluisterend voor. Almal giggel darem, ń bewys dat orde weer herstel is.

Later op die stoep word daar oor glasies vonkelwyn, baie gelag en weereens word die gebeure bespreek. Toortsie en Scrapp is erg verleë oor hulle boomklimmery, dit was Toortsie emmerskop lysie en daar skrik sy haar uit enige regdenkende rede uit. Ons almal troos en sê ons bewonder hulle oor die klimmery, menige van ons sou dit nie kon reg kry nie.

Una, Frannie en Aalsie is ook maar verleë oor die flou vallery. Christa gryp Woordnootse hand vas en bedank haar vir haar ondersteuning.

Seegogga en Positief is ook maar verleë, hulle moes dadelik met ons aankoms gaan droë klere aantrek. Eind goed alles goed.

Aalsie vra ewe bedees, kan ons asseblief more huis toe gaan, hierdie was nou nie hoe sy haar voorgestel het die reis sal beloop nie, Sonel be aam. Almal stem saam, maar daar wag nog vanaand ń heerlike Afrika bos ete om die vuur.

Heerlike tradisionele kos word voorgesit die aand, vonkelwyn proppe skiet. N vrolike klomp goue vroue.

Trommeltjie sê, “Goue vroue ons opwinding is nog nie klaar nie, my emmerskoplysie kom nou aan die beurt. Aangesien ons reeds lugballon gery het, wat my hoof item was, wil ek vir Sonel vra of sy groot asseblief sal help met my lysie?.

  1. Hang gliding
  2. Zipsliding

23 thoughts on “Emmerskoplysies 10

    1. Brochettes

      Brochettes are a staple Rwandan dish, in fact, they are the country’s national dish. You’ll find sold by street food vendors to upmarket restaurants. Goat, beef or pork is skewered along with vegetables and onions, marinated in local spices and then cooked to perfection over a charcoal grill.Mar 27, 2020

      Liked by 2 people

  1. Sjoe, toe Toortsie die tweede keer na jou roep en daar geen reaksie was nie, het ek besluit die boomtop is die beste plek min wetende dat gorillas mos ook bome klim. Jy is beslis n goeie redder uit die moeilikheid. Dit was nou spannend. Bly ons is veilig terug by ons blyplek.

    Liked by 2 people

  2. Ek het nou lekker gelag en ja Trommeltjie, jy ken vir my. Dit was omtrent ‘n belewenis sê ek en vat sommer groot sluk gemmer brandewyn voir ek vir Frannie aanstuur😉🌻🌻

    Like

Lewer kommentaar