Ek luister ń preek van Stephan Joubert op 31 Januarie – As jy die enigste een is wat die vuur doodslaan. Dit woel al van toe af in my gedagte werêld rond. Ek weet ek moet hierdie boodskap deel en nou op vooraand van Paasfees weet ek, nou is die tyd.
God vra vir Kain :”Waar is jou broer Abel?”. Kain antwoord: “Ek weet nie, is ek my broer se oppasser?”.
Fyodor Dostoyevsky sê: “Each is responsible for each and I more so than the others”.
Hierdie is die enkele belangrikste vers in die ou testament. Kain voel, Here ek is nie verantwoordelik nie, hy is verantwoordelik vir homself. Is hy? Nee, hy is aanspreeklik en ek en jy is aanspreeklik. Ek is my broer, my naaste se oppasser. In die nuwe testament gee Jesus die groot opdrag. Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.
Die vuur brand, die corona-vuur brand. Ek en jy moet in die vuur staan, ons moet die vuur doodslaan. Die een moet die ander hoër ag as homself. Ons moet die kruis van selfsugtigheid en selfbeheptheid neerlê en besef ons is aanspreeklik vir ons broer.
Hou die reëls. Moenie deel word van die probleem nie, wees deel van die oplossing. Hou jou afstand, dra jou masker, al is jy al siek vir hierdie reël. Al is jy moeg van maskers dra. Wees die oplossing. Jy is jou broer se wagter, waak oor hom doen wat reg is vir hom.
Die antwoord op Gen 4 is Matt 25:35-41
Want Ek het honger gehad, en julle het my te ete gegee; Ek het dors gehad en julle het my te drinke gegee; Ek was ń vreemddling en julle het My herberg gegee; Ek was naak en julle het My geklee; Ek was siek en julle het My besoek; en in die gevangenis en julle het na My gekom….”
Meld aan vir diens, druk jou vingerafdrukke af op die rondom jou. Speeltyd is verby, dis tyd dat ons besef, ons is ons broer se oppasser, sy wagter.
Dis nou Paasfees, ons vier Jesus se kruisdood en opstanding uit die dood. In hierdie tyd kyk na jou broer en ag hom hoër as jouself. Hoër as jou gerief.
Laar die Here eendag vir jou sê:”Goeie getroue dienskneg”.
Mag julle ń ware Pesach vier hierdie jaar en onthou dis nie net ń lekker lang naweek nie, mag jy uitkom by die kruis. Mag jy geseënd wees en bly veilig
Diep in die hart van hierdie geel bladsye versonke lê die geheim opgesluit.
Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie. Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!
Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.
Una gee vir my die boek, ek kyk en ek weet. Vandag gaan ek na paaie moet stap, waar ek nie meer wil nie. Dit was my keuse, dit was my verdriet. Ek het al geblog oor die einde van die storie, hierdie is die begin.
Sy was vyftien hy negentien, sy is st 8 en hy eerste jaar by Potch universiteit. Hulle het ontmoet deur ń gemeenskaplike vriend. Sy kamermaat en haar soort van eks. Sy was dadelik tot oor haar ore verlief, hy kon met haar maak net wat hy wou. Sy het geglo sy is so volwasse, weet alles. (Tiperend tiener). Hy het haar inspireer om gedigte te skryf, om drome te droom oor hulle. Hy het vir haar die mooiste briewe geskryf. Ek moet byvoeg sy was ń bedorwe brokkie, wat redelik sover dit vir haar ouers (al ouer in jare, sy was ń laatlam) moontlik was het sy alles gekry. Hulle het haar toegelaat om op daardie jong ouderdom met hierdie meer ervare man uit te gaan.
Seks was baie gou deel van hulle verhouding, oral waar hulle ń kans kon kry. Sy het om een of ander bizarre rede geglo sy sal nooit eendag kan kinders he nie. So, geen bekommernis, geen voorkomende maatreëls. Sy het hom in sy klere, haar klere geruik en met blink oë drome oor hom gedroom.
Na maande van bliss, het daar ń speek in die wiel gekom, maar hulle het opgemaak daarna, stomend. Haar ma het hulle die volgende oggend in sy bed gekry. Dit was havoc. Daardie dag in Januarie het sy, sy rooi Volla sien uit ry en min geweet dit is die einde van ń verhouding, maar ook van twee onbesorgde jongmense.
Sy was in haar st9 jaar, in Februarie moes sy ingaan vir ń nood apendisektomie, nie lank daarna nie het sy besef hier is fout. Sy het haar beste vriendin in haar vertroue geneem, dat sy vermoed sy is swanger. Hulle het onder die dekmantel van ń kuier by haar ń afspraak by die dokter gemaak. Die uitslag, juffrou is dat jy so tien weke swznger is. Die kaartehuis het op haar ingestort, sy het geweet met die een sal niemand haar kastaiings uit die vuur kan krap nie. Soos hulle sê: ” now you have to face the music”.
Sy was ń skrander kind op skool en haar ouers het groot drome vir haar gehad. Sy het groot drome vir haarself gehad. Nou moes sy haar ouers se drome verpletter deur hulle te vertel sy is swanger. Sy geglo as hy hoor sy is swanger sal hulle trou en die baba groot maak. Dit het dit effe makliker gemaak om hulle te vertel. Hulle was diep bedroef, maar het haar nie verwerp nie. Hulle was positief saam met haar. Per slot van rekening was hulle lief vir die jongman.
Sy het hom gebel en vertel dat sy swanger is. Hy was baie ontwykend tydens die gesprek. Vertel hy het opgeskop en begin werk en is baie besig en so voorts. Sy was hartseer, maar het steeds gehoop. Van die begin af het sy en haar ouers besluit om die baba te hou, daar was geen twyfel nie.
Haar pa het besluit hulle moet prokureur toe gaan en hom te daag vir vaderskap en onderhoud. Finaal het haar kaartehuis ineen getuimel toe hy vadesrskap ontken. In slegs ñ paar maande moes sy skool verlaat, haar ouers mee deel dat sy swanger is, hulle harte breek, nou hierdie finale slag. Geen wonder sy het kort daarna siek geword nie, sy het erge nierpypontsteking gekry. Haar wereldjie het gekantel, maar sy kon hierdie klein lewetjie in haar voel groei en dit was kosbaar, dit was haar alles.
Haar datum was einde September. In Julie daardie jaar kom hulle dominee op huis bedoek en kom dien die finale slag toe. Hy het in kort gestel gesê, dat as sy nie na ń tehuis vir ongehude moeders gaan en die baba laat aanneem nie, sal hy sorg dat did baba na geboorte van haar weg geneem word. Sy was minderjarig en haar ouers pensionarisse, daar was volgens hom geen manier dat hulle vir die baba kon sorg nie. Die seerste seer was toe haar pa hom by die dominee skaar. Sy was ontroosbaar. Voor sy kon kop bo water kry is sy gevat na ñ tehuis in Yeoville. Eintlik het die ou dominee en sy vrou haar en haar ma oordonder en ingeprop in die kar. Die ou vrou was nog kastig moeg en moes lê in die kar. Die ou tweetjies op die agter sitplek was letterlik op gebondel.
Hierdie is ń moeilike skrywe, ek kan nie detail skryf nie dis net te seer. Dit is die eerste keer in jare dat ek die pad van hierdie tiener meisie stap.
Op 21 September is ń klein seuntjie gebore. Sy het hom 7 dae as haar eie gehad, sy het elke gelaatstrek ingedrink, om 7 dae later in die hof te staan en met haar hand in die lug, te sê: “so help my God”, dat sy hom afteken. Finaal en klaar het sy daar uit gestap, leeg en seer. By die tuiskoms het daar ń kassie babaklere in haar kamer gestaan, dit was hartverskeurend om daardie kleertjies vas te hou. In die maande voor die dominee se besoek het hulle kleertjies bymekaar gemaak, want baba sou bly. Nou? Net leegheid.
Hier het ń nuwe seer pad begin, ń hunkering wat nooit weg gaan nie. Oë wat oral soek. Sy het gedroom oor hierdie klein seuntjie, drome gedroom oor hom. Daar was ook ń bitterheid in haar teen die dominee en die kerk, ook haar pa. Sy het nie kans gesien om terug te gaan skool toe nie. Sy het besluit om daardie Januarie te begin verpleeg. Sy het in die verpleegsters tehuis gebly en gou vriende gemaak. Ongelukkig nie die regte vriende nie, daar het ñ roller coaster tyd gekom van partytjies, drank ens. Sy wou niks van die kerk en die Here weet nie. Haar seer was diep en die leegheid in haar het weer galm deur haar.
Daar het weer vrede gekom, sy het weer by die Here uitgekom, sy het getrou en twee kinders gehad. Klein Jaun-Pierre se plek was altyd ń leë pyn in haar. Sy het 28 jaar later weer haar seun kon vashou. Genade onbeskryflik groot. Lees hieroor byhttps://balijatiblog.wordpress.com/2017/04/20/n-nuwe-begin/
Ons kalendernimfe staan reg, kiste is uitgepak, kreatiwiteit het hoog gety gevier. Nou is dit tyd vir die makietie om te begin.
Trommeltjie is ń Januarie nimf, sommer net so na Nuwe Jaar gebore. Almal het ń sug van verligting geslaak, al die groot eet, cum groot feesgety is verby, maar toe is daar ń dogtertjie gebore en die fees word hervat. Die tema vir Januarie is blare. Teksture en kleure van blare het my nog altyd gefassineer.
Natuurlik is blare ook ons kook klas tema en julle sal moet uithaal en wys. Daar is weereens kaartjies en elkeen trek ń dis. Toortsie kry Basil pesto, sy kyk benoud rond. Nee, vandag sal jy moet wys of jy die wit hoed waardig is. Una trek benoud haar kaartjie, spinasieroomsop, sy val byna flou. Sunel is gelukkig sy trek ń Griekse slaai, sy het ń groot glimlag. So trek een na die ander hulle disse. Ons kook guru staan gereed om almal te hulp te snel.
Scrapy en Aalsie staan al giggelend by een tafel, ek sien sommer hier broei iets. Die volgende oomblik wip Virgo C onder die tafel uit. Sy het net haar voorskoot aan, haar stere word bedek met ń groot blaar. Sy haal daar ń paar passies uit, met die draai Scrappy en Aalsie om. Sowaar ook hulle het dieselfde uitrusing aan. Die drietjies haal daar passies uit terwyl hulle luid hande klap op een of ander oer ritme. Met die kom Toortsie agter ń bos uit gewikkel met net haar kitaar en chef hoed op. Nou dans ons almal heerlik saam om die tafel.
Die ys vir ons kook sessie is defnitief gebreek. Lag lag het hulle gou hulle klere gaan aantrek. Ons probeer hard om te fokus op die taak op hande. Ons kos guru kap met haar houtlepel op die tafel om almal se fokus terug te bring.
Ek het spinasie quiche getrek en is in my noppies, spinasie is my nr 1 groente. Ek sien baie uit om San se kale, fennel en radys slaai te proe. Seegogga moet ń wrap maak met slaaiblare (dit vorm die wrap) met vulsel. Hier gaan kreatiewe kosse gemaak word vir ons Januarie kuier tafel.
Trommeltjies se se mini spinasie quiche.
Ons almal moet vir die kuier/foto sessie blare verteenwoordig. Al het jy nou net ń blaar in jou hoed. Christa kom aan met ń regte elf blare mussie, Uns het vir haar ń blaar masker gemaak, daar is blaar hoede, blare ruikertjies, blare, blare en blare.
Die kalender foto moet gou geneem word. Januarie se Rebus nimf.
Nodeloos om te sê daar is tot ounag toe gekuier. Ons het heerlik gelag. Ons kos guru verras ons met heerlike brownies, ons smul te lekker. Die laggery raak al hoe intenser en vroliker. Op Toortsie se vraag, “Wat het brownies te doen met die blaar tema?” Gee sy net so skalkse glimlag en sê.:”Waarom dink julle is almal so vol giggels, daar is blare in die bestanddele van die brownies.” Hmmm, wat dink julle? Vrou met insig en kreatiwiteit.