My avontuur of nagmerrie

Geskryf deur Hannelie 10 April

Una het dit begin …

En Woordnoot het aangegaan … en hier gaan ons al weer op ‘n nuwe avontuur!

Woordnoot het met haar kers-verjaardagpartytjie vir ons elkeen ‘n pakkie in die hand gegee en ons saamgenooi na ‘n Learjet wat saggies op Rebusfontein kom land het en ons voor hierdie lieflike kasteel kom neersit het. In ons pakkies was daar vir elkeen ‘n sleutel …

Ek, sommer voor in die koor, storm behoorlik die kasteel se trappies op, deur die imposante voordeur en gaan staan botstil in die voorportaal. Dis asemrowend verby. Die binneversiering is met smaak gedoen. Geen koste is ontsien nie. Maar die opdrag is dat ons elkeen die kamer moet vind wat ons sleutels oopsluit en vir minstens agt ure daar vertoef sodat ons kan kom vertel hoe dit lyk en wat daar gebeur.

Ek sien van die ander goue vroue staan ook stom van verbasing oor soveel glans en praal. Nou hoekom, vra ek julle, kom die gesegde, bo blink en onder stink nou in my kop. Ek skud my kop om die gedagte hok te slaan, ek gaan nie negatiewe gedagtes toe laat nie. Ek gaan oop kop hierin, geen vooropgestelde verwagtings of vrese nie. Covid het genoeg angs gebring, ek het nodig om vry te voel.

Ek draai weg in die eerste gang, daar is so baie deure, hoe gaan ek ooit die regte een vind. Ek pas my sleutel in elke toe deur, maar sonder sukses. Ek wou net omdraai om in ń ander gang te soek toe ek ñ minder opvallend deur heel onder raaksien. Ek loop minder entoesiasties daarheen, nou net my geluk om die ou gewone vaal deur te kry, wil die negatiewe gedagte my kom kniehalter. “Stop dit” sê ek kliphard. Ek pas my sleutel en hy pas perfek, ek haal ń slag diep asem voor ek hom oop stoot.

Dis nie ń kamer nie, dis ń tuin!

My asem is weg geslaan, so pragtig is dit. Die kleure is oorweldigend. Alles spel rus en vrede, veiligheid. Ek sak neer in een van die stoele om alles om my in te neem. Dis my “go to place” nog altyd, ń tuin en die natuur. Dis net wat ek nou nodig het. Ek maak my oë toe en drink die geure en atmosfeer in. Slaak ń diep sug, vrede.

Na n lang tyd kry my nuuskierigheid die oorhand en ek besluit om verder te stap en ondrrsoek in te stel. Ek wonder oor die huisie wat so tussen die plante uitloer. Sy venstertjie lyk behoorlik soos ń oog wat vir my loer. Ek probeer deur die venstertjie loer, maar kan niks sien nie, wel kom ons kyk of die deur gesluit is. Ek draai die handvatsel en die deur kraak stadig oop.

Dit lyk soos ń poort na ñ ander deel van die tuin. Of wel, nie tuin nie, hier is dit nogal onversorgd en oorgroei. Ek loop versigtig vorentoe, soekend. Dit maak nie sin nie, hoekom is hierdie deel so ń totale teenstelling met die eerste deel van die tuin?

“Ouch”, stamp ek my toon teen iets stukkend, die bloed drup op die grond. Gelukkig het ek my masker nog by my en buk om hom om my toon te draai. “Dit sal jou leer om met plakkies ń avontuur reis aan te pak” praat ek met myself. Ek stel ondersoek in na die oorsaak van my stukkend toon, ek trek die ranke weg. Dit is ń metaal kruis, ek buk nader, daar staan iets geskryf.

Lesley Anne

2.3.1902 – 10.3.1902

Siestog ń babatjie, net ń paar daggies oud. My oë soek speurend verder. Voel voel loop ek verder, ek ontdek nog ń kruis.

Joas

4.7.1903 – 15.7.1903

Wat de hoenders gaan hier aan? ń Baba begraafplaas? Nou soek ek naarstiglik verder en ontdek nog 10 soortgelyke kruise almal van babas net ń paar dae oud. Dit gee my koue rillings. Ek besluit genoeg is genoeg, hier wil ek weg kom. Ek draai om, maar ek kan nie die deur sien nie. Ek draai al in die rondte, daar is net oorgroeide rankers en plante. Ek probeer my pad terug te vind, soos ek gekom het, maar nodeloos. Wat nou? Hier wil ek defnitief nie bly nie. Hoekom kon ek nie net tevrede wees met die pragtige rustige tuin nie, hoekom moes ek by die deur in?

Ek gaan sit plat op die grond, konsentreer om diep asem te haal. Maak my oë toe en voel hoe ek kalmer word. “Dink nou baie mooi Trommeltjies, dink logies. Kyk nou rustig om jou, probeer iets bekends sien. Staan op en kyk mooi”, praat ek met myself. Tot my grootste verligting sien ek die eerste kruis raak waar ek my toon gestamp het. Ek glo van daar af sal ek die deur vind. Ek loop soekend en uiteindelik sien ek ń stukkie houtdeur uitsteek tussen die plante. Ek loop haastig daarheen. Ek draai die hanvatsel, maar die deur sit vas, ek beur en beur maar hy geen niks mee nie. Wat nou? Hoe kan hy nou so vas wees, hy het dan net nou oop gegaan van die anderkant af. Gits sê nou iemand het die deur gesluit, dink ek. Ek wil wil weer paniekerig raak, nou moet ek myself in ń kalmte in praat. Hier moet ń logiese oplossing wees. Niks wat ek hier gesien het maak logies sin nie.

Ek soek om my rond vir een of ander kap ding, daar is net klippe. Die venstertjie, onthou ek, ek kan hom dalk breek en om hulp roep. Ek tel die klip op en kap met mening. Die glas splinter al die kante toe. Ek begin roep. My keel is naderhand seer en droog, lyk nie of iemand my hoor roep nie. Ek sak moedeloos op die grond neer toe ek besef, niemand sal na my kom soek nie. Ons is mos veronderstel om vir 8 ure hier te bly.

Ek besef hier kan ek ook nie bly sit nie, ek is vrek dors. Ek loop uit en baie versigtig verby die kruise, tussen die bome in. Hier is dit heerlik koel. Ek sien ń dowwe voetpaadjie vleg tussen die bome deur. Ek hoor die murmeling van water, stap sommer vinniger. ń Koel bergstreoompie vloei tussen rotse deur. Water! Ek sak op my knieë en bakhand skep ek hande vol wzter en drink gulsig. Met my dors geles sien ek weer kans vir dinge. Miskien moet ek die stroompie volg en sien waarheen dit my lei.

Ek sien ń boomhuis in een van die groot eike bome, ek klim met die verweerde leertjie na bo. Ai, alweer my nuuskierigheid wat die oorhand kry. Binne is dit baie stowwerig, maar tog knus. Daar staan aandie een kant ń soort van bedjie. Ek wonder, wie sou hier gebly het? Dit raak egter al skemer en ek besef, hirrdie is skuiling en beter as die bos in die naderende donker. Ek gaan lê op die bedjie, ek lê en wonder oor hierdie makabere dag, die prag en praal in die kasteel, die pragtige tuin en dan die baba begraafplaas. Ek gaap en die slaap oorval my.

San sal jy jou verhaal hierna skryf asseblief