Ashcroft

Op ń Sondagoggend kom ek, Lienke en seun Cois aan in Ashcroft. Hy het n fietsren die oggend. Voor die tyd sê hy dat ek nou nie veel moet verwag nie, dis ń myndorpie. Wel, dis ń plek waar ek nog nie was nie, Al hou ek en Lienke piekniek in die park is dit ook reg.

Die dorpie lyk vir my soos ń tipiese outydse dorpie, asof tyd bietjie stafiger  loop. Op die Sondagoggend lyk dit slapend. Na die fietsryers weg is, voel dit of ek en Lienke alleen is. Dis doodstil en rustig.

Eerste verken ons die parkie, daar is die mooiste mosaikwerk. Dit vertel stories in kleur en prag. Stories oor die dorpie. Ek deel ń paar foto’s, glo daar is vele meer. Wat ń dorp!!!!!

Marina en Daniel Papais het hierheen verhuis in 2007. Marina is ń loodglas kunstenaar van formaat in Kanada en Amerika. Hulle het hierdie inisiatief begin, nou is daar al ń hele klomp inwoners betrokke.

Ek wil  graag aanhaal: “Marina believes the only way we can truely be happy is to create communities we can thrive together. By bringing art forward, it calls us to celebrate the creative, inventive, passionate and joyful within us all. My vision is a thriving Ashcroft where businesses flourish with tourism and local trade.”

Haar man ondersteun haar volkome hierin. Hy help planne optrek vir strukture ens.

Ons het die straat op gestap en meer en meer van hierdie asemrowende kunswerke gesien en algaande feite geleer oor die dorp. So in ons wandel het ons gewonder oor die naam van die dorp, hoekom daar soveel melding gemaak word van chinese….. Daar was teen die een berg jaartalle op borde.

So kom ons toe op die museum af en jackpot, hy is oop. Ons is dadelik trappies op en het ons verkyk aan alles. Lienke kon tot ń fossiel klip kry. Julle verstaan nie, dis ons ding – klippe. Soos Lienke tereg, aan die einde van ons besoek in die besoekers boek geskryf het “A lot of our questions were answered today” (Sy is agt en ń half oud)

Ashcroft het 1 558 inwoners. Die vernaamste besigheid is ń kopermyn. Daar is ook ń tamatie inmaak fabriek. Hierdie fabriek is in 1925 oop gemaak en was ń hulp om die dorp aan die gang te hou tydens die depressie en tweede wereldoorlog.

Die chinese het met die bou van die spoorlyn hierheen gekom en gevestig geraak. Die spoorlyn is ń baie belangrike verbinding tussen Noord en Suid, die bou hiervan is begin in 1884. In 1914 is die verbinding tussen Vancouver en Cariboo klaar gebou.

Ongelukkig in ń groot brand is byna die hele Chinatown in puin gelê. Een winkel het staande gebly.

20180624_103413

Daar is ook ń chinese begrafplaas wat ons ook besoek het. Op al die grafte is mosaik.

In ń klein sy straatjie sien ons jou werklik ń paar locals op die sypaadjie om tafeltjies kuier. Ons moes dadelik ondersoek instel en ontdek dis ń bakkery. Ons moes sumier gaan tee bestel en het heerlik daar gekuier.

Wat ń wonderlike ontdekkingstog saam met my kleindogter. #Fun in the sun.

20180624_103752

Darem net om te wys, daar is fiets gery #trots Suid Afrikaans.

20180624_094826

Lienke het besluit die dorp moet her doop word na Mosaic town.