Ek gaan saam

My dogter werk so twee dae n week by skole in Franschoek. So gister besluit ek, ek gaan saam. N daggie weg van alles, net drentel, in loer by elke interessante plekkie, net sommer wees.

Die kroon van alles is, dit is bewok en koel en nou en dan mis reen dit. Wat meer kan n waterskaars Wes Kaap vra. Hierdie Kapenaar geniet die vog op my vel en my hare (hulle gaan nou lekker krul). Ek loop koffie winkeltjies raak in weg gesteekte hoekies. Eet pannekoek, drink koffie en stap aan.

Vir die van julle wat nie hierdie skilderagtige dorpie ken nie, wil ek se:”sit hom op jou bucket list”. Net nie hoog vakansie tyd nie, dan vertrap die mense jou en raak jy so oorweldig dat jy al die mooi plekkies mis kyk.

N Groot lekkerte is die Wyn trem. Dit was deel van n ander keer se kuier hier. Jy besreek jou kaartjie by http://www.winetram.co.za. Of andersins as jy hier kom reg oor ABSA in die hoofstraat is die besprekings en opklim kiosk. Foto hier bo.

Dis nou vir jou vet pret, daar kom so stukkie kind na vore en jy lag sommer uit jou binneste van lekkerkry. Jy onthou toeka se treinry pret. Jy voel jonk en jou bloed bruis deur jou are

Daar is 5 verskillende roetes om van te kies. Dis n hop-on, hop-off by verskillende plekke. Jy kies op jou roete waar jy wil op en af en vir hoe lank. Daar is elke twee ure n trem of trem-bus. Jy kan op jou afklim plekke wyn proe of eet of net die mooi geniet.

Jy ontdek die mooiste natuurskoon en lieflike plase.

FB_IMG_1495619816498

Verder is daar in die dorp se hoofstraat heerlike eetplekkies, winkeltjies, koffieplekkies.

20170524_094620

So sluit ek die daggie af met n heerlike tee.

Op die terugtog kan ek en my meisiekind weer lekker verder babbel oor alles en nog wat.

My somer projek

My seun spot altyd en vra/se watter projek is volgende.

Verlede Oktober, midde in n depressie gat, besluit my man hy moet my bietjie weg vat. Was so dankbaar daarvoor. Ons is vir n paar dae Suiderstrand toe.

Daar tref ek die klippe hemel aan. Ek en n klip, ons kom n lang pad. Ek kan nie n mooi klip weerstaan nie en pieker na elke uitstappie klippe huis toe. My man weet al protesteer werk nie, klippe sal gelaai word. Moet toe gee, met die jare saam het hulle kleiner geword en meer dra-baar.

Eerste sprankie lig na depressie donkerte wat deurbreek, begin my kop ratte oortyd werk. Sien, die klippe……

Ek besluit daar en dan, ek gaan my eie sement blokke maak vir die tuin en hierdie klippies gaan voetjies en blommetjies word op my blokke en so sal hiedie verewig word in my tuin.

Manlief rek oe oor hierdie idee, maar nou stoomroller my gedagtes en neem vorm aan. Hy hoe en ha en ek se net, jy sal sien. Help klippe optel, voetjie klippe en toontjie klippe. So sit ons plat op on basse en tel klippies op. Heerlik terapeuties.

Tuis gekom skatrel ek op soek na plant drup bakke waarin hierdie blokke gegiet gaan word. Ek koop sand en sement. Die eerste groot meng gebeur.

Mens leer so al stoeiend met die mengery en so ook beplan en bedink jy. N paar stelle is af getrap die somer maanfe, daarvan getuig stukkende blokke.

Lesse is geleer in die proses –

Les 1 – manne wat dink hulle is so slim is nie so slim nie. (My man uitgesluit, wel tydens hierdie proses)

Les 2. Manne dink vrouens is dom as hlle hul hand waag aan, in hille oe man dinge.

Les 3. Sement het nie n ewige rak lewe nie en as dit ouer word laat dit nie die mengsel bind nie.

Les 4. Jy kan nie pleister sand gebruik in blokke maak nie. (Was oa les 1 se gevolg)

Les 5. Jy keer nie jou blok uit op sement nie. Te hard. Gras werk goed.

Nou ja, na die somer is ek slimmer en handiger.

Nou groet somer my en my tuin projek met die blokke is voltooi.

 

 

 

Help

Hierdie is werklik n hulpkreet na al julle bloggers.

Ek het my site opgestel op my selfoon, later het ek probeer inlog vanaf my laptop. Ek kan inlog as reader, maar dit se net ek het nie n site op wordpress nie.

Ek het al die hulp probeer, maar sonder sukses. Dis baie frustrerend om alles van my selfoon af te doen.

Die enigste antwoord wat ek tot dusver gekry het is: OpenID is not available for any new blogs created after 2016-01-02.

Help groot asseblief!!!!!

Magteloosheid

So lees ek gister Toortsie se blog oor keuses en vandag lees ek weer by haar en hier praat sy oor woede wat spruit uit gebeure van die verlede. Hierdie twee blogs kom praat met my binnekant en laat my diep dink.

Ek sit met n probleem van n onwelkome woede met tye, dit wel sommer net ongenooid in my op en iets gebeur in my waarvan ek niks hou nie.

Hierdie woede koppel met die konsep van keuses en magteloosheid. Magteloosheid waarin jy gedompel word as gevolg van ander se keuses wat jou ten diepste raak en jou lewe verander. Jou koers verander.

Toe ek sestien was het my pa en die dominee besluite oor my lewe geneem wat my hele lewe geraak het en ek was magteloos om iets hieraan te verander. Ek moes myself letterlik by die kraag neem en aan gaan met my stukkende lewe. Die beste probeer doen met my tiener lewensondervinding. Dankie tog my ma was my vangnet, maar nie my rigtingwyser nie.

Later in my lewe het hierdie weer gebeur, hierdie besluite deur ander oor jou en jou magteloosheid om enigsins die situasie te verander.

Dit laat my met n klomp seer spruitend uit hierdie situasie. Seer waarvoor ek die betrokke partye vergewe het. Het diep deur hierdie vergifnis ding moes werk.

Vergifnis verander my gesindheid teenoor die persone, maar verander nie die resultaat van die gebeurtenis nie. Self vergifnis is ook essensieel in hierdie prodes en daardeur het ek ook saam met Jesus gewerk.

Nou ja, toe kom die vervlakste woede ding skielik in my lewe en ek verstaan nie.

Dis nou waar Toortsie se tweede blog met my kom praat en onderstreep, dit wat ek en my vriendin gedink het toe ons hieroor besin het.

Nou se kwaad is nie regtig nou se kwaad nie

Vanmore op die oggend boodskap se Theo Geyser n waar ding – Hy se God gaan ons nie eendag kwalik neem omdat ons nie n moeder Theresa of n Billy Graham was nie, maar omdat ons nie die ware “jy” was nie. Die een unieke mens wat God jou geskape het om te wees. Leer ken jouself en word dit wat jy moet wees soos God jou gewil het om te wees.

Besef ek hierdie skakel so onlosmaakbaar in mekaar. Ons keuses plaas ons op sekere paaie en soms plaas ander se keuses ons ook op ander paaie, op die ou end, is ons nou op hierdie pad, hier en nou. Is ons die mens wat keuses ons gemaak het. Die vraag is nou – hierdie pad en hierdie mens, wie is dit en wat het God (nie mense) jou bedoel om te wees?

Briefie van die verslaafde wat aan ‘n oordosis dood is.

houvanblou

16729443_1866460466933783_2327789420615229601_n

My liefste ouers,

Daar is nie woorde om te beskryf hoe jammer ek is vir die situasie waarin ek julle gelaat het nie.  Geen ouer moet sy kind begrawe nie, dit is nie soos dit hoort nie.  Ek weet julle is hartseer, kwaad, ontnugter en wens dat julle die tyd kon terugdraai en my uitruk van die pad wat ek gekies het, as julle maar net kon.

My verslawing het alles verwring.  Die Here weet hoe hard julle prober het om my te help.  Selfs al het dit nie so gelyk nie, ek het ook besef hoeveel julle probeer het, ek was te hard, koud en slim.  My verslawing het my van die wêreld en mense om my afgesny en vervreem.  Ek het die mag van hierdie siekte onderskat, gedink ek kon dit beheer, geglo ek was in beheer.

Julle en soveel ander het my gewaarsku maar ek kon julle…

View original post 638 more words

Die weg

Om iemand aan die dood te verloor is onherroeplik en finaal, soms werk dit ook so in die lewe.

Ek dink net dis erger om iemand aan die lewe te verloor.

Dir onsekerheid van die situasie. Hoe weet jy of die een ok is of nie. Hoe weet jy of hy/sy lewe of dood is. Wanneer hou jy op hoop? Wag? Uit kyk? Droom?

Die dag toe ek my kind moes afteken in die hof het ek hom aan die lewe verloor. Hy was iewers vasgevang in tyd en ruimte, waar my bewuste oog hom nie kon waatneem nie. Tog het ek geweet hy bestaan en my lee hart het gesmag na n oomblik van weet, maar dis ikabod.

Soms verlaat ouers of n ouer n kind met n finaliteit wat n kind breek. Sy soeke en smagting na daatdie ouer arms bly leeg. Hy/sy wonder en hunker…… Die kind weet die ouer is iewers besig om n lewe te leef waar daar nie plek is vir jou nie.

Soms verlaat n vowasse kind sy/haar ouers en daardie ontsettende leemte en seer moet daardie ouer hart dra. Jy wat daardie kind in jou binneste gedra het, wat daardie kind gesoog het en skielik word jy verwerp. Is jy niks in die kind se oe. Miskien is jy nie hoog genoeg in aansien nie, miskien pas jy net nie in hulle prentjie in nie. Jy staan daat gestroop van jou ouer wees, alleen, tetwyl jy weet iewers is hierdie kind van jou besig met n lewe onbekend en ongedeeld met jou.

Die seer van nie weet nie, dink ek is baie erger as die seer van weet. Weet hy/sy is dood en onherroeplik uit hietdie aardse bestaan. Teenoor die nie weet van n lewe wat voortgaan iewers weg van jou, Klem op “NIE WEET NIE”

Hierdie is n wrede “truuk” wat die lewe op jou trek. Hierdie weet dat jy nie weet nie, die weet dat jy niks kan verander nie, die weet dat jy die verlang nie kan stil nie, omdat jy nie weet nie. Die soeke van oe en n hart as jy straat af stap, die pyn as jy n bekendheid wil herken in n figuur om net daarna ingekrimp te besef dit was n hersenskim.

Liewer dan n graf en die gat in jou wat huil oor die finaliteit van afskeid.

n Familie word voltallig

Nadat ek my verlore seun Oktobermaand in Harties ontmoet het, het ek, hy en sy meisie saam gaan uiteet en verby toemaak tyd gekuier. Die deur is nou oop vir ons om verder te stap.

Desembermaand het hy en sy meisie Kaap toe gekom vir vakansie en het die res van die gesin hulle ontmoet.

Die lug was gelaai met spanning en afwagting met hul aankoms. Almal was half onseker hoe om op te tree. My man bieg agterna, hy moes homself maan om nie openlik na hom te staar nie. Vir die jonges was dit makliker, hulle het nie ons verlede-bagasie gehad nie. Selfs Jaap het bely dat hy ook moes keer om openlik te staar. Ons het mekaar se woorde opgeslurp, elke vertel het n stukkie vreemdheid weg gewas.

2017-04-24 23.20.25

(Ons eerste ete saam)

Hulle sou aanvanklik twee dae gekuier het en dit het n week geword. Later is nog n stukkie bygevoeg. Die jonges het behoorlik gekuier en baljaar. Lekker dag uitstappies gedoen. Hier was ook van Jaap hulle se vriende in die Kaap en hulle het deel geword van die uitstappies.

Een aand op een van die eskursies het Jaap en sy meisie verloof geraak. Was wonderlik om soort van deel te wees van hierdie mylpaal in sy lewe.

Selfs is my verjaardag met n familie uitstappie na Kirstenbosch gevier. Die weer was nie wonderlik nie, maar die saamwees het opgemaak daarvoor.

 

20170420_103842.jpg

20170420_103855.jpg

Eerste foto van die drie kinders saam.

Wat n voorreg om na al die jare almal saam te wees.