Ons taal

Ek het n kleintjie dood aan die sillabus in Afrikaanse taal in skole. Die kinders leer geen idiome of slagspreuke nie. Praat jy een kyk hulle, die jonges jou met glasige dom oe aan en dink jy praat oerdinge. Ek wil hulle skud en se, dat daardie gee juis kleur aan ons taal.

Dit was vir my skokkend met my saam werk met die jonges in my winkel. Ek het baie hard gewerk daaraan om hulle op te voed.

In my laerskool dae in Westdene, Johannesburg het ons hoof mnr Venter elke week ten minste drie slagspreuke vir die hele skool geleer oor die interkom. Is ek darem so bly vir hierdie slim man. Ons taal het kleur gekry.

Met ons kom na die Kaap was die kaapse kleurlinge se kleurvolle taal musiek in my ore. So jammer so baie van hulle het skaam geraak vir hierdie mooi taal en begin verengels.

Groot was my vreugde toe ek nou die dag op Die groot ontbyt hierdie boek raak sien.

9781776092154 - Wolf in skaapsklere

Kobus Gallaway wat Idees vol vrees deel gemaak het van afrikaans het hierdie briljante boek geskryf/teken. Met prentjies leer hy weer ons kinders idiome. Ek moet byvoeg, nie net kinders nie, baie volwassenes ook. Ek dink dis n moet koop boek. Kom ons leer wwer ons taal se kleur.

My Kanada kleindogter, na aanleiding van my vertel op skype van die boek, het n nuwe idioom geleer vertel pappa. Vea haar, se sy so mooi met haar erge Kanadese aksent -: “Ons is voor in die koor” Dit het sommer my hart verbly. Hierdie boek gaan nog defnitief Kanada toe reis.

Bali

Vannag kom le die Bali verlange weer diep in my. Terwyl ek wakker le, klaasvakie het my gemis vannag, dink en droom en sug ek Bali. Ek dink daar is net een mens wat hierdie verstaan en dis my vriendin Una. Hoe dit gebeur dat hierdie eiland en sy mense so diep in jou hart kom kruip weet ek nie, maar dit gebeur.

In 2006 besluit my vriendin om vir my n vliegkaartjie te koop (nee, nie Bali toe nie) na haar in Harties via Oliver Tambo. Sy het op daardie stadium 2 winkels gehad, die een in Harties en die ander (wat soort van Bertus s’n was). Hulle het n krises gehad en gevra ek moet kom werk in die Pretoria winkel. Net gou ter insae, die winkel was in n Markeetent by n gholfbaan. (Vriendin hieroor moet jy blog) Gedurende daardie tyd begin ek al meer van die winkelgoed hou en die winkelwerk.

Ons sit koppe bymekaar en besluit ek sal met haar volgende aankooptog saamgaan en eers gaan kyk wie, wat en waar.

Eerste fase van die tog was meubelaankope, dit was ineressant , maar die volgende deel die keramiek.

Ons is na hierdie klein village, waar al die winkels kleiwerk doen. Letterlik n hele straat met een asembenewelde winkeltjie na die ander, net daar verloor ek my hart. Bel manlief en se as ek terug kom moet ons planne maak ek wil n potte winkel oopmaak. ( Dit het so ietwat ander uitgedraai as die beeld toe in my kop.)

Onthou nou was ons nog net in Java, Bali le nog voor.FB_IMG_1499129142509

So het hierdie wereld vir n tyd lank deel van my lewe geword. Dit was die wonderlikste tyd van my lewe. Die aankoop deel, die reis, die winkel was fantasties, maar dit was spanningsvol en uitdagend. Ek het die mense en hul kultuur beter leer ken, die eiland leer ken en verlief geraak op daardie stukkie aarde.

Wat het hierdie erge verlang ontketen, gewoonlik n reuk of n smaak. Hierdie keer was dit……

20170704_082240

Jip. n Bottel bier. Julle verstaan nie, daar drink mens bier. Al is jy nie n bier drinker nie, jy drink Bintang bier. Dis trope en baie warm met hoe humiditeit, bier les jou dors en Bintang is nie so erg bitter nie. Julle moet verstaan ek doen nie bitter nie. Nie eers n pomelo nie, nee dankie.

My vriendin Sandra, wat ek terloops op Singapore lughawe leer ken het, was vir haar eerste keer Bali toe. Ons het voor die tyd Bali gepraat, gelees en gedink. Met haar terugkoms bring sy vir my n bottel Bintang bier. Met die eerste reuk en proe, kon ek my oe sluit en voel ek is in Bali. My trommeltjie het oopgevlieg en al die onthoue het pens en pootjies op my kom klim, in my kom wriemel.

Nou, om die dood wil die trommeltjie nie weer toe nie……

Die vrou

Vanaand loop my gedagtes ver paaie en kom by hierdie verhaal wat ek met julle wil deel, van die vrou….

Selfs van tienerdae het sy hierdie geveg in haar gehad oor gewig. Sy was altyd in haar oe te vet en lelik. Tog was daar tye wat sy goed gevoel het oor haarself, maar altyd bietjie minderwaardig teenoor al die meisies, later vroue om haar.

In haar veertiger jare ontwikkel sy n probleem en word geopereer. Daarna het sy n probleem met eet en verloor gewig. Skielik is sy vir haarself baie sexy en mooi. Sy kry oral komplimente en kan al die klere aantrek wat sy nooit kon nie.

Op n dag besluit sy om die raad van seksioloe en beraders te volg en haar man te verlei. ( aangesien hul sex lewe feitlik nul is) sy trek haar klere uit en maak n paar sexy danspassies voir hom, waar hy op die bed le, hy kyk op en se:”Jy is darem nou net n sak bene”. As hy haar n vuishou toegedien het sou dit genadig gewees het. Dit was die seerste seer wat sy gekry het, het ineengekrimp voir daardie woorde en stil aangetrek en gaan slaap

Daardie hou het egter n diep gaping in haar gelaat. Sy is die volgende dag werk toe en weereens het die komplimente vir haar salfies aan die wond gesmeer en toe wird dit meer. Dit het iets in haar laat ontbrand, vurig en heerlik. Meer en meer.

Op n dag het hierdie fisies geword en die euforie daarvan het haar mee gevoer in n stroom van ekstase tot diepe verdriet. Sy het hierdie innerlike stryd met haarself gevoer tussen reg en verkeerd. Sy het geweet sy kan nie hiermee voort gaan en die Here dien nie, maar sy kon nie laar los nie. Die adrenalien wat deur haar are gebruis het, die heerlike ekstatiese gevoel van genoegdoening het haar bedwelm.

Tot op n dag, dat sy besef het sy gaan nooit kan losbreek uit hiedie verkeerde band as sy nie openlik haar sonde bely nie. Die woord leer ons dat dit wat in die duister gebeur moet na die lig kom om genesing te bring.

Sy het al haar moed bymekaar geskraap en besluit dit is wat sy moet doen, terwyl alles in haar na die duister gesmag het. Die vervulling, aanvaarding en liefde. Sy het gaan bely, by sy vrou en haar man. Dit was hel en so bevrydend.

Dit was n swaar lang pad van daar af vir haar, sy moes die gevolge van hasr dade dra en moes betaal, alhoewel sy geweet het God het haar vergewe.

Julle suen ons dink as ons by God vergifnis gekry het is alles verby. Die bevryding van Sy vergifnis is daar maar jy gaan nog steeds in hierdie wereld die prys vir jou verkeerde dade betaal.

Nou wonder ek, as julle hierdie verhaal gehoor het, hoeveel van julle het met die lees hiervan, reeds die klip opgetel om te stenig.

Bloedbad

Hierdie naweek het my dogter se twee staffies by ons kom bly, hulle is Pearly beach toe. Die naweek was rustig, meer as gewoonlik, met die honde.

Ons Karolus is maar n “moffie” hond, hy is sag en rustig. Hy raak maklik geintimideerd met die ander twee, hulle is heelwat rowwer.

Ons besluit om gou n draaitjie te ry, ge vir elke hond n been om hulle besig te hou terwyl ons weg is.

Resultaat:

Bloedspatsels wat ons begroet met ons tuiskoms. Ek raak totaal paniekerig en skree vir die man, so bewerig kan nie die deur oop sluit nie. Ek sien net my bebloede seuntjie hond.

Ek sien net ern oplossing, gryp handdoeke, trek klere uit en klim in stort…

Man gee eers vir Karolus aan en hy word geshampoo en ge savlon. Al die bloed af gewas. So gaan ek deur al drie honde in die stort. Manlief droog af en gee aan.

Na ek af gedroog het en geklee is, word elkeen ondersoek en wonde behandel met staaldruppels, bokhasi (natuurlike wondermiddel uit Bali). Onder kombersies toe gemaak vir skok.

Die een Sky, teef-ma het geen wonde nie. Julle sien, Sky is mamma en Diesel en my Karolus is haar kinders. Nou is ek sommer woedend vir haar wat ongeskonde uitstap en net wil speel, geen medelye met die ander twee nie.

My arme liefste seuntjie stukkend en seer. My hart bloei vir hom en ek voel skoon siek van skok en onsteltenis. Ek is nie goed in oorlog nie. Veral nie as die een wat ek lief het seer kry nie.

Paternoster

Betekenis van naam – Ons vader. Mooiste weskus dorpie, volgens my. Vol karakter en vissershuisies wat die kuslyn vol gestrooi is. Hulle is opgeknap en dien as selfsorgbehuising.

Ons het besluit om ons huweliks herdenking naweek hier te kom spandeer. Dit was koud en nat, ons het ons klein stofie brand gesteek en dit was warm. Ons kon die oseaan bekyk vanaf die heerlike knus huisie. Daar was darem tye wanneer die reen ons tyd gegee het om verkenning te doen en ons te verlustig in die omgewing.

 

Daar is vele oulike winkeltjies met baie vriendelike mense. Menige restaurantjies wat van pizza tot viskos bedien, ateljees van kunstenaars sois At Botha en Maneki.

 

By die hawe sit jy buite by hout tafeltjies en eet lekker vis en skyfies. Oral loop manne en kreef verkoop. Pasop maar om by hulle te koop, jy weet nie waar dit vandaan kom en hoe lank hy nou al met sy sakkie loop nie. Soms is jy gelukkig om daar te wees as die vissers inkom en kan jy heerlike vars vis koop.

Kaap Columbine natuurpark met die bekende Tietiesbaai het die laaste bemande lugtoring. Jy kan tot bo klim vir n asemrowende uitsig van die Atlantiese oseaan.

Walvisse endolfyne besoek ook hierdie waters in tien maande van die jaar. Tussen Julie en Oktober word die lanskap geverf in lieflike veldblomme.

Ons het heerlik gerus. Lekker gestap. Laat die rustige natuurlike omgewing jou siel verkwik.

Paternoster ek groet jou tot volgende keer.

 

 

 

Frustrasie

Hoekom, maar hoekom luister ons nie na die SOS in ons binneste nie?

So staan ek die oggend voor my kastrol heerlik bruin gebraaide skaapvleisies, reg vir die krokpot, vir n heerlike bredie. As ons lam kry van die Karoo sit hulle altyd die vet apart in n sakkie. So besluit ek om die vetjies sommer uit te braai in die kastrol as die vleisies uit is. Manlief is mal vir die kaiings. Die vet skenk ek gewoonlik vir huishulp. (Te veel vir ons gebruik).

Na dit heerlik uitgebraai is haal ek die solide dele uit om die vet uit te gooi…..

Ek staan met kastrol in die hande en dink – Dis dalk nie n goeie idee om hierdie warm vet in n plastiese houer te gooi nie. Argh, ┬ádink ek en gooi…..

Draai om, om kastrol in wasbak te sit. Met die omdraai slaan ek die ramp gade. Bakkie gesmelt en oral, letterlik oral is skaapvet. Die kas, die stoof, die snyplank, die kas, die laaie, die vloer…..

Dis koud, so dit stol blitsig. Ek skel myself, staan lam en kyk letterlik hoe die massa vet stol. Dik wit laag vet.

So verander n mooi middag in n skraap, skuur en skrop dag. Binne in die laaie het dit ingesypel, in die kaste.

Ketels kookwater en groot hoeveelhede bekende handelsmer groen skottelgoed seep, seer hande en baie werk begin ek wen.

Die aand eet manlief alleen bredie, my hele maag staan op in naarheid by die reuk van skaap.

Die volgende dag is vloer nog drie keer gewas met kookwater en die reuk het bly hang.

LUISTER NA SOS STEM!!!!!

My kind

Daardie dag 4 jaar terug toe my dogter vir my n foto stuur van n uitslag op haar bene, het ek nie besef hierdie is n begin van n malse rondomtalie tyd in ons lewe. Daar is niks wat n ouer so kan gooi as wanneer jou kind siek is nie.

Teen die tyd dat sy by my uitgekom het was daar groit rooi blertse op haar bene, haar gewrigte het geswel en was baie seer. Ons is dadelik dokter toe en sommer direk daarna na n vel spesialis.

Haar diagnose was vaag, dis moeilik om dit klink klaar te diagnoseer. Sy het vermoed, dit kan derma myositis wees. n Outu immuun siekte. Sy is verwys na n Internis en Neuroloog. Sy is deur baie pynlike toetse, sonder antwoorde.

Oplaas is sy opgeneem in die hospitaal en n biopsie is gedoen. Tydens daardie episode sit ek in Kanada. Ek was magteloos om te help. Haar dogtertjie was nog nie eers 2 jaar nie.

Nou het n pad van medikasie begin – Kortisoon ens. Hierdie medikasie het alles weer n skadelike, slegte effek op jou liggaam.

As sy midde in n flair is raak dit so erg dat sy soos n ou tannietjie skuifel loop, sy kan nie haar hande behoorlik gebruik nie. Dit wil se: Sy kan nie kar bestuur nie, kan nie bottels oopdraai en soms krane nie. Sy kan nie van haar hurke af opstaan nie. So baie kan nie’s. Die moegheid verlaat haar nooit. Selfs in goeie tye bly die moegheid daar.

Ons paadjie stap ons met op en af tye. Dit breek my hart flenters om haar so te sien. My huil sit heeltyd daar, maar ek moet sterk wees voor haar. Dit is n magtelose pad, jy kan bid, jy kan glo, jy kan hoop……

Sy het intussen by n Rheumatoloog uit gekom. Sy is toe eers werklik gediagnoseer, met Lupus en Dermamyositis. Auto immuunsiektes is meer hulle veld. Daar is goeie tye, waarin sy kan aangaan met vrou wees en ma wees.

Deur die genade het dit so goed gegaan dat haar Rheumatoloog en Ginekoloog besluit het dat sy kan probeer swanger raak. Wat ook n wonderwerk insigself was. Hulle het swanger geraak en alles het wonderlik gegaan. Hulle het haar op n baie lae dosis medikasie geplaas. Hierdie was in werklikheid baie riskant. Sou sy n flair kry tydens swangerskap, sou sy die baba verloor.

Die Here het haar en Emma vas gehou en die pragtige dogtertjie is gebore. Sy kon selfs vir agt maande borsvoed voir die volgende flair gekom het.

2016-02-26 18.33.54

Sy moes daarna elke ses weke gaan vir infusie by die hospitaal wat sowat 14 ure geduur het. Daar was newe effekte vir die eerste plus minus twee dae, dan het dit beter gegaan tot kort voor sy weer moes gaan.

n Paar maande terug het haar dokter die blye tyding gebring sy is in remissie. Ons het gejuig.

So twee weke terug het haar hande weer rooier en seerder geword, haar kopvel uitgeslaan….. Die begin van n flair. Haar spiere het verlede Donderdag begin seer word…. ons is midde in n nuwe flair.

Ek vertel hierdie om vir julle te se: Ek het die dapperste, winderlikste dogter. Sy werk voltyds, het nog tussen deur aan haar doktoraal gewerk ( dis nou eers bietjie opsy geplaas). Sy is mamma van twee pragtige dogtertjies, waar niks vir haar te veel is aangaande hulle nie. Sy is vrou vir haar man. Buiten dit strek sy altyd n helpende hand uit na haar naaste. Sy het intussen haar eie praktyk begin. Nooit sal jy se sy dra hierdie kruis nie. Sy kla bitter min. Ek haal my hoed af vir hierdie wonderlike vrou, wat my dogter is.

Ek bid vir heling, ek bid vir haar vir krag en ek loof die Here dat ek haar ma mag wees.

Hierdie onderstaande gediggie was op die Lupus awareness se facebook blad. Ek deel dit met julle.

Screenshot_2017-06-01-13-17-34

Estetika bo funksionaliteit

Ek luister verlede week op my gunsteling oggend program – My boodskap deur Mosaik, hierdie raak en dit raak my diep.

Daar was n man Juicy Stark eendag terwyl hy pizza eet kom die idee in sy kop vir n lemoendrukker. Hy begin dadelik op sy servet skets. Terloops hierdie skets op die servet is vandag nog te sien in n meuseum in Milaan.

Hierdie word beskryf as:

Nuttelose sukses

Vorm bo funksie

Estetika bo funksionaliteit

Hierdie beteken niks in die funksionele wereld nie. Daar is al n fliek gemaak oor hierdie useless sukses van hierdie man. Dis opgeteken in die anale en word na gekyk tot vandag toe. In werelse oe seker belaglik want daar was nooit funksie en sukses nie…

Screenshot_2017-06-01-10-03-52

Ons  kyk na onsself en wil ons self beoordeel op ons funksionaliteit, sukses en funksie ten opsigte van God ons Vader. Dit is hoe ons dink God na ons kyk.

In Lukas 18: 1 – 4 se dit is die verhaal van die Tollenaar en die Fariseer. Die fariseer bring sy jongste CV na God vir verdienste. Tog beteken dit niks uit die oogmerk van hoe God kyk.

In Efesiers 2: 1 – 4 veral vers 4 onderstreep hierdie gedagte van “jy is hier vir My plesier”. God plaas ons in Sy meuseum en kyk na ons met trots, useless, stukkende, onfunksionele mense en deur Jesus se bloed kom maak Hy ons heel. Maak hy ons iemand wat tel, wat bewonder word, wat lief gehe word deur die belangrikste Een.

In die wereld se oe is jy middelmatig, maar by God tel jy punte. God het ons eerste lief gehad se Ef 2 vir ons. Hy is stil tevrede met jou. Sef 3:17 se :” Die Here jou God is by jou, n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.”

Philippe Janzie se definisie se hierdie:

Niks wat ek gedoen het, niks wat ek tans doen en niks wat ek gaan doen gaan God minder lief maak vir my nie.

God het jou in Sy kuns meuseum geplaas en net Hy het patentreg op jou en vir Hom is jy n bereiking van n doel.

Hierdie was vir my besonders om net te weet dat Vader my in my gebrokenheid vat en in Sy kuns meuseum sit. Net omdat Hy my in Sy genade en liefde uit gekies het.

 

 

Ek gaan saam

My dogter werk so twee dae n week by skole in Franschoek. So gister besluit ek, ek gaan saam. N daggie weg van alles, net drentel, in loer by elke interessante plekkie, net sommer wees.

Die kroon van alles is, dit is bewok en koel en nou en dan mis reen dit. Wat meer kan n waterskaars Wes Kaap vra. Hierdie Kapenaar geniet die vog op my vel en my hare (hulle gaan nou lekker krul). Ek loop koffie winkeltjies raak in weg gesteekte hoekies. Eet pannekoek, drink koffie en stap aan.

Vir die van julle wat nie hierdie skilderagtige dorpie ken nie, wil ek se:”sit hom op jou bucket list”. Net nie hoog vakansie tyd nie, dan vertrap die mense jou en raak jy so oorweldig dat jy al die mooi plekkies mis kyk.

N Groot lekkerte is die Wyn trem. Dit was deel van n ander keer se kuier hier. Jy besreek jou kaartjie by http://www.winetram.co.za. Of andersins as jy hier kom reg oor ABSA in die hoofstraat is die besprekings en opklim kiosk. Foto hier bo.

Dis nou vir jou vet pret, daar kom so stukkie kind na vore en jy lag sommer uit jou binneste van lekkerkry. Jy onthou toeka se treinry pret. Jy voel jonk en jou bloed bruis deur jou are

Daar is 5 verskillende roetes om van te kies. Dis n hop-on, hop-off by verskillende plekke. Jy kies op jou roete waar jy wil op en af en vir hoe lank. Daar is elke twee ure n trem of trem-bus. Jy kan op jou afklim plekke wyn proe of eet of net die mooi geniet.

Jy ontdek die mooiste natuurskoon en lieflike plase.

FB_IMG_1495619816498

Verder is daar in die dorp se hoofstraat heerlike eetplekkies, winkeltjies, koffieplekkies.

20170524_094620

So sluit ek die daggie af met n heerlike tee.

Op die terugtog kan ek en my meisiekind weer lekker verder babbel oor alles en nog wat.

My somer projek

My seun spot altyd en vra/se watter projek is volgende.

Verlede Oktober, midde in n depressie gat, besluit my man hy moet my bietjie weg vat. Was so dankbaar daarvoor. Ons is vir n paar dae Suiderstrand toe.

Daar tref ek die klippe hemel aan. Ek en n klip, ons kom n lang pad. Ek kan nie n mooi klip weerstaan nie en pieker na elke uitstappie klippe huis toe. My man weet al protesteer werk nie, klippe sal gelaai word. Moet toe gee, met die jare saam het hulle kleiner geword en meer dra-baar.

Eerste sprankie lig na depressie donkerte wat deurbreek, begin my kop ratte oortyd werk. Sien, die klippe……

Ek besluit daar en dan, ek gaan my eie sement blokke maak vir die tuin en hierdie klippies gaan voetjies en blommetjies word op my blokke en so sal hiedie verewig word in my tuin.

Manlief rek oe oor hierdie idee, maar nou stoomroller my gedagtes en neem vorm aan. Hy hoe en ha en ek se net, jy sal sien. Help klippe optel, voetjie klippe en toontjie klippe. So sit ons plat op on basse en tel klippies op. Heerlik terapeuties.

Tuis gekom skatrel ek op soek na plant drup bakke waarin hierdie blokke gegiet gaan word. Ek koop sand en sement. Die eerste groot meng gebeur.

Mens leer so al stoeiend met die mengery en so ook beplan en bedink jy. N paar stelle is af getrap die somer maanfe, daarvan getuig stukkende blokke.

Lesse is geleer in die proses –

Les 1 – manne wat dink hulle is so slim is nie so slim nie. (My man uitgesluit, wel tydens hierdie proses)

Les 2. Manne dink vrouens is dom as hlle hul hand waag aan, in hille oe man dinge.

Les 3. Sement het nie n ewige rak lewe nie en as dit ouer word laat dit nie die mengsel bind nie.

Les 4. Jy kan nie pleister sand gebruik in blokke maak nie. (Was oa les 1 se gevolg)

Les 5. Jy keer nie jou blok uit op sement nie. Te hard. Gras werk goed.

Nou ja, na die somer is ek slimmer en handiger.

Nou groet somer my en my tuin projek met die blokke is voltooi.