Hierdie is ń terugblik op 21 Desember
Vanaand word daar ń heerlike piekniek beplan op Rebusfontein. Van vroeg af skarrel al die goue vroue om alles reg te kry, daar is ń tafereel van kleur geskep in die veld. Pragtige kleurvolle lappe is gedrapeer, lampies op gehang en komberse oop gesprei. Al die kos word in mandjies gepak en na die terrein gekarwei. Selfs die diere is vol opwinding. Hulle weet hier kom ń ding.
Boetman skarrel omtrent, dan roep Aalsie vir hulp, dan weer Carien, so hou dit aan. Die man is behoorlik in aanvraag, julle weet, spierkrag🙄. Daar word emmers met ys aangedra, dis Desember en warm, die drinkgoed moet koud gehou word.
Net voor sononder kom almal saam by die piekniek terrein, daar heers ń gesellige atmosfeer. Selfs al die diere vergader rustig om hul eie mense. Almal wag in groot afwagting, oë gevestig op die weste waar die ondergaande son ń tafereel van kleur skep, want daar is afwagting vir die volgende toneel om oop te vou…
Sag klink dit op “Heilig, heilig, heilig is die Heer God almagtig” en dit bou op tot ń Cresendo.
Vanaand vir die eerste keer in 800 jaar word hierdie ster gesien, die klein groepie vroue staan in verwondering. Eers nadat die ster ook in die weste verdwyn het, word daar weer gelag en gesels. Daar word kersliedere tussen deur gesing. Elkeen kan sy gunsteling lied voorstel. Trommeltjies s’n is – “O Holy night the stars are brightly shining”.
Las asb julle gunsteling in die comments aan.