Genoeg is genoeg

Gister was swart Maandag, my ervaring was een van lig te midde van die swart kler

Sjoe….hier is verskriklik baie mense. Almal ordelik en rustig. Die R101 was kilometers vol voertuie.
Ons het bymekaar gekom hier by Kanonkop. Hier is so kerkie op n sokkerveld. Hulle het n wa voor die kerk getrek, luidsprekers opgestel en die mense wie dit georganiseer het en die familie van die oorledene(Joubert Conradie) was op die wa.

Verskeie mense het gebid. Gebid vir vrede in ons land, gebid dat ons nie moet haat nie, gebid vir vergifnis, vir Zuma by die naam dat die Here hom ook sal aanraak sodat hy, Zuma tot inkeer kan kom. Die oorledene se vrou het ook gepraat. Haar so jammer gekry toe sy se dat hulle haar man so seer gemaak het.
Hier is wit, swart en bruin. Voor my het n swart man gehuil terwyl n wit vrou haar arm om hom sit en vertroos. Van die boere het hul werkers saam gebring.
Ek kon geen haatgevoel by die mense bespeur wat dit organiseer nie. Hulle is dit eens dat ons na God moet keer om ons land te red van satan en demone. Die byeenkoms is verseker nie om enige tweespalt of geweld aan te vuur nie.
Net gemik op Jesus. Daar het ook n ou plaaswerker n gebed gedoen. So mooi, net soos hy kan bid. Ons nou op pad stad toe. Selfs die konvooi in stad toe was baie ordelik.

Hulle moes die voertuie met twee verskillende roetes laat ry. Daar was net te veel. Selfs by die stadion by Groenpunt moes hulle twee sessies hou om almal te akkomodeer.

Na gister wil ek sê, ek is trots Suid-Afrikaans.

My taal

Ek is afrikaans, ek dink in afrikaans, ek droom in afrikaans en as ek met my God praat, praat ek afrikaans.

Ek het baie loop en dink oor hierdie “eier”. In my hart weet ek ons taal sal bly, ons sal hom praat en sing en dink. Hy sal verander, soos dit gaan met ontwikkeling. Sal hy leliker of platter raak, ek weet nie. Ek haat erge anglisismes, soos die in blokraaisels. Dit maak my taal verbaster klink.

Ons het so ń rykheid in ons taal, al die verskillende streeks taal, ons moet dit omarm en die mooi daarin raaksien. Ek het hier in die Kaap kom leer van ń draggie hout, die vuurtjie brand steek, die vrugte wat so soet is soos moedersmelk en vele meer. So het namakwaland ook sy eie woorde en klank.

Ons spot goedertrou met mekaar se praat – Die “po” en “mo” van die Pretorianers. Die “ék” en “plék” van die Kapenaars, die brei klank van die Swartland. Alles pragtig in afrikaans.

Vanoggend staan ek in my tuin, eet sommer die appelliefies so by die bos. Besef ek wat ń mooi woord is dit nie.

Ek het met my kinders se vestiging in Kanada besef hoe die saffers hulle afrikaanse kultuur en taal omhels en gaan soek. Hulle hang afrikaanse woorde in hul huise, luister afrikaanse radio stasies, kyk afrikaanse tv. Dis asof hulle eers met hul weg wees, die skat van afrikaans ontdek. Ons kleindogter was 18 maande toe hulle na Kanada is. Sy praat nog afrikaans, welliswaar met ń Kanadese aksent, maar nietemin en sy lees afrikaans. Sy is nou 7 en ń half jaar oud.

As ek so alleen oorsee gegaan het vir aankope, klink afrikaans vir my soos hemelse musiek op my ore as ek dit iewers hoor. Dis so lekker om net jou taal te kan praat.

Ons het die mooiste idiome en met die gebruik daarvan skep ons sommer, met party van hulle, ń geskiedenis les. Jy is weer so stadig soos harlemensis op ń wintermore as ń voorbeeld. Idiome maak ons taal ryk. Ons kan selfs nuwes skep en byvoeg, so ook woorde.

Ek luister RSG, hierdie jaar is die radiostasie 80 jaar. Vanoggend saai hulle toe uittreksels van radio dramas, hoorbeelde en voorlesings uitvan die laaste 80 jaar. Terwyl ek daarna luister besef ek net ons het so ń mooi skatkis uit ons taal se geskiedenis wat behoue moet bly. Die onus rus op ons om ons kinders bloot te stel hieraan en hulle lief te maak vir afrikaans.

Ons het so ń skatkis van mooi musiek, talle digters se werke wat verwerk is in musiek. Ons het soveel wonderlike begaafde mense wat vir ons kan skilder met woorde in afrikaans. My taal is vir my mooi.

Ek staan glad nie onskuldig in die feit dat ek ook my taal meng nie. Ek leen ook woorde wat lekker sê. Dit maak my nie minder van ń liefhebber vir my taal nie.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

4D

Ek en manlief besluit verlede Donderdagoggend om ons lyf vakansiegangers te hou en die Waterfront te besoek. Net na die verkeer hier weg, maar die N1 het nie geweet dis na die verkeer nie. So skuifel ons toe Kaapstad toe.

20171019_124915.jpg

Ons wou al lankal die 4D ding gaan doen, maar daar wys nooit n fliek na ons smaak nie. Ons besluit toe kom wat wil, vandag is die dag, dat ons hierdie gaan inwerk.

Daar wys toe,

IMG_1508762498885

Kom ons praat nou eerlik, my brein wat in die 1950’s gevorm is kan glad en geheel en al nie sci-fi verteer of verstaan nie. Iewers verloor ek die “plot”. As daar enigsins aliens in die ding is, vergeet dit, jy het my verloor. So lees ek toe die betrokke fliek het nie aliens in nie, so dalk….. Dink ek.

Die ondervinding van die 4D was dit werd. Die van julle wat nog nie die t-hemp het nie, vertel ek.

Die sitplek beweeg soos van pas by die aksie op die skerm. Dit skud en skommel en gaan skuins vir die draaie, vooroor vir daling en agteroor vir styging. Daar spuit watersproei oor jou, die wind waai en dis blitse reg rondom jou. Jy is letterlik binne in die storie, so voel dit. Die 3D brilletjie maak ook alles meer werklik.

Die fliek self…??? Nee wat, gee my ń goeie ordentlike storie en ek is gelukkig.

Ons het heerlik voor die tyd ontbyt ge-eet. Rond gedrentel, ons neuse in allerlei winkeltjies gesteek, lekker koffie gedrink. Tussen die mense gedwaal en pure vakansiegangers gevoel. Veral met al die oorseese toeriste om jou, al die vreemde taalklanke op jou ore.

Na 4 die middag sluit ons ń heerlike dag af met vis en chips (nee, nie skyfies nie. Jammer stoere afrikaners, dis nou net so.) Sommer so in ń kartondosie by n lekker buite bankie. So reg vir die see reuk in die lug.

Weereens besluit dis ń plek om op trots te wees, Kaapstad se waterfront. Daarvandaan kan jy op bootritte gaan, die groot wiel aandurf, op ń rooi bus klim vir ń lekker avontuur. Hordes winkels en eetplekke. Dit is mooi en netjies en waarlik n plus punt vir toerisme in Suid Afrika.

Gene

Ek verwonder my aan die oordrae van gene, veral waar sekete gedrag nooit waargeneem is deur die persoon waarop die gene oorgedra is nie.

Die eerste keer toe ek my Jaap-kind ontmoet as grootmens, sit hy teenoor my by Harties se sweefspoor stasie, dit word nogal koel, toe ek na hom kyk kon ek netsowel na my Cois kind gekyk het. Sy lip raak effe blou en begin bewe op presies dieselde manier. Nodeloos om te sê was dit n lag/huil reaksie van verwondering.

Ons kleine Emma het op ń dag, skaars ń jaar oud skielik aan die gril gegaan vir sekere blare. Haar gril metode was so uniek en eie aan my pa, wat Emma nooit sal ken nie. Selfs as sy aandagtig na iets kyk gaan staan sy handjies agter die rug nes my pa.

Wat myself aanbetref:

Net ń terugblik na my pa, hy het toe ek 5 jaar oud was ń senu ineenstorting gekry en daarna met die swart monster depressie geveg. Hierdie geen loop ver en wyd terug in die familie aan vaderskant. Ek het altyd gesê dis die een ding wat ek nooit wil oorerf nie. Wel ek het toe ook kennis gemaak met die swart monster en ek beveg hom steeds. Daardie een het ek nie ontsnap nie.

Een geen wat ek graag sou wou erf was my twee ooms se talent met houtwerk, daardie een het verby gegaan. (Nou kan ek ook dankbaar wees dat ek hulle gene vrygespring het, want hulle was albei alkoliste) Die kreatiewe talent het tog darem so sweepslaggie in my en my broer se gene kom maak, net op ander gebiede.

Ek het my pa se krulhare gekry, waaroor ek verwoede oorloë gevoer het in my jong dae. Wou dit reguit hê of in ń mooie kapsel drooggeblaas hê, maar helaas hulle het nukke van hul eie, hulle krul soos hulle wil. Menige borsel is in jeugdige woede stukkend gegooi uit frustrasie met die krul se wil. Op ń dag besluit ek om vrede te maak met my liewe Jesus perm, dit te was en laat krul soos hulle wil. Daar daal toe oggend vrede in my lewe neer. My Lisa kleinkind het gepraat van my krukop ouma of Lienke as haar krullebol ouma.

Ons is ń kort familie en ek laaste enetjie die kortste. Daai geen kon hulle gehou het. Ons het woel voete/tone. Dit kan my dogter grensloos irriteer, die ewige bewegende tone. Hoe harder ek konsentreer hoe meer dans my tone. Emma het daai een gekry tot my groot lekkerkry, omdat ek al so baie by haar moeder raas gekry het. Daar is alewige gespottery oor die tone. Ons bene kan ook in so ń lekker wippie gaan, wat uiters voordelig is as ń baba gesus moet word. Baie frustrerend vir ander wat na die wip klank moet luister.

My ma en pa was nogal iemand wat ń plan kon maak en ek dink ek kan daardie toe eien. Ek kan na ń probleem staar en ń plan sien. Ek is prakties.

Snaaks loop daar  skeletfoute soos ń aardfout in ons familie. Ons het almal een of ander defek. Ek het bv n hoenderborsie in geringe mate, maar altwee my seuns moes op 14 jarige ouderdom operasies kry om dit te herstel. Snaakse goedjies wat so oorgedra word.

Liefde vir die natuur en vir die tuin is defnitief oorgedra van my ouers. Hulle was kranige tuiniers, veral hulle groentetuine. Snaaks genoeg het ek nooit as kind/tiener daarin belang gestel nie, tog besef ek nou dat ek tog waar geneem het.

Boekwurms is ons almal, my ma en pa, veral lg, was altyd aan die lees. My onthou van skoolvakansies was van my opgekrul in ń stoel met ń boek. Die reuk van boeke vul my met nostalgie.

Nou wat sal ons sê na al hierdie? Ek is ń kort krullebol met depressie wat ń plan kan maak en hou van tuinmaak wat met al wippende bene en dansende tone ontvlugting vind in ń boek. Fluit fluit my storie is uit.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Nogtans ….

Ek moes net hierdie skrywe reblog, dis so goed geskryf en so waar

Vlindersag

Die Weskaap gaan gebukkend onder die ergste droogte wat nog ooit opgeteken is.  Die damvlakke word nou elke dag saam met die weer op die radiostasies aangekondig.  Almal word gewaarsku om soveel water as moontlik te spaar en te begin berg.  Ons hou die reënberigte bekommerd dop en draai hartseer weg as ons sien hoe min verskil die klein bietjie reën maak.

‘n Nuwe woord word die nuwe spreektaal, amper soos ‘n aankondiging van die oordeelsdag:

DAG ZERO

… die dag wanneer ons waterpype amptelik gaan leegloop …

Dit voel of die wêreld begin verlep soos die seisoen draai en die reënseisoen amptelik verby is.

Maar tog, gaan die skepping sy gang.  Die Weskus veld-blomme het hulle pos ingeneem, kiertsregop  gestaan en met hulle gesiggies die son gevolg.  Hulle kleur en vrolikheid uitgestraal vir elkeen wat dit kon waardeer.  Die bome floreer terwyl hulle wortels die water diep onder die…

View original post 691 more words

Bang vs Angs

So lees ek in Wikipidia die volgende:

Angs ontstaan as gevolg van bedreigings wat as onbeheerbaar of onvermydelik beskou word. Dit kan ook totaal irrasioneel wees. Vrees aksie dien as ń oorlewerings meganisme wat die toepaslike gedrags response aktiveer.

The_Scream_af

Ek is gelukkig nie ń bang mens nie. Dankie tog daarvoor, my man was baie weg van die huis af en ek sou moeilik oorleef het as ek bang was. Daar is in ons normale loop van die lewe tye wat die bang in jou kom sit, as jy in n onbekende situasie beland.

Ek onthou die dag in Bali, ons moes ons haas lughawe toe aangesien ons laat was. Ek het solank n taxi gestop terwyl die kruier ons begasie nader stoot. Die taxi bestuurder het reeds sy bagasiebak oopgemaak toe ek gille hoor en mense uit die hotel storm. Die grond het meteens onder my voete beweeg en toe ek opkyk het ek gesien hoe die hotel se dak beweeg. Ek was stom vasgenael en was bang. Die aardbewing het nie lank geduur nie, maar was skokkend. Die taxi bestuurder het in die chaos sy bak toegeslaan en amper bo-oor ń groep gejaag.

Nou onthou ek ook hoeek na my eerste erge depressie irrasionele angs beleef het. Ek sou in ń winkelsentrum loop en skielik sal hierdie angs vir die mense om my, my lamlê. Ek sou net blindelings weg vlug. Totaal oorgeneem deur angs en paniek.

My ma het engtevrees gehad, ons sou by ń winkel instap en skielik sou sy besef sy kan nie die deur sien nie. Sy sou letterlik mense plat loop in haar angs om by ń deur te kom. Totaal irrasioneel.

So praat ek met n vriendin wat deur ń slegte situasie gekonfronteer was en skielik in hierdie angs asma ontwikkel het. Toortsie skryf in haar lê jou eier blog oor haar angs toe sy nie uit die bad kon kom nie.

So miskien moet ek die vraag herdefinieer: Waarvoor is ek bang of waarvoor het ek angs. Ek glo dat fobies loop dikwels uit in angs, as jy gekonfronteer word met dit waarvoor jy ń fobie het. Ons geestelike gesteldheid kan ons angs laat beleef op ń totaal irrasionele manier.

Bo alles weet ek in die Woord sê God vir ons – “Ek gee jou nie ń gees van vreesagtigheid nie, maar van liefde, vrede en selfbeheersing.” Daar staan ook dat waar liefde is daar geen vrees is nie en dat volmaakte liefde die vrees uitdryf. Konklusie is dus dat Vrees nie van God is nie. Tog bly ons mense en leef ons in ń gebroke werêld.

So ek dink dat elkeen van ons sal in situasies beland waar ons vrees beleef, dit is onvermydelik. As ek na die nuus kyk, dan bid ek – Here as ek in ń situasie kom waar ek aangeval of beroof word wil ek asseblief nie verkrag word en bly lewe nie, laat ek liewer sterf. As ek ooit op die pad bestuur moet asseblief nie dat ek ń mens raakry of doodry nie. As dit moontlik is wil ek nooit weer angs beleef op so ń irrasionele wyse soos na my depressie nie. Dis so allesoorweldigend en vernietigend.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.