Vannag kom le die Bali verlange weer diep in my. Terwyl ek wakker le, klaasvakie het my gemis vannag, dink en droom en sug ek Bali. Ek dink daar is net een mens wat hierdie verstaan en dis my vriendin Una. Hoe dit gebeur dat hierdie eiland en sy mense so diep in jou hart kom kruip weet ek nie, maar dit gebeur.
In 2006 besluit my vriendin om vir my n vliegkaartjie te koop (nee, nie Bali toe nie) na haar in Harties via Oliver Tambo. Sy het op daardie stadium 2 winkels gehad, die een in Harties en die ander (wat soort van Bertus s’n was). Hulle het n krises gehad en gevra ek moet kom werk in die Pretoria winkel. Net gou ter insae, die winkel was in n Markeetent by n gholfbaan. (Vriendin hieroor moet jy blog) Gedurende daardie tyd begin ek al meer van die winkelgoed hou en die winkelwerk.
Ons sit koppe bymekaar en besluit ek sal met haar volgende aankooptog saamgaan en eers gaan kyk wie, wat en waar.
Eerste fase van die tog was meubelaankope, dit was ineressant , maar die volgende deel die keramiek.
Ons is na hierdie klein village, waar al die winkels kleiwerk doen. Letterlik n hele straat met een asembenewelde winkeltjie na die ander, net daar verloor ek my hart. Bel manlief en se as ek terug kom moet ons planne maak ek wil n potte winkel oopmaak. ( Dit het so ietwat ander uitgedraai as die beeld toe in my kop.)
Onthou nou was ons nog net in Java, Bali le nog voor.
So het hierdie wereld vir n tyd lank deel van my lewe geword. Dit was die wonderlikste tyd van my lewe. Die aankoop deel, die reis, die winkel was fantasties, maar dit was spanningsvol en uitdagend. Ek het die mense en hul kultuur beter leer ken, die eiland leer ken en verlief geraak op daardie stukkie aarde.
Wat het hierdie erge verlang ontketen, gewoonlik n reuk of n smaak. Hierdie keer was dit……

Jip. n Bottel bier. Julle verstaan nie, daar drink mens bier. Al is jy nie n bier drinker nie, jy drink Bintang bier. Dis trope en baie warm met hoe humiditeit, bier les jou dors en Bintang is nie so erg bitter nie. Julle moet verstaan ek doen nie bitter nie. Nie eers n pomelo nie, nee dankie.
My vriendin Sandra, wat ek terloops op Singapore lughawe leer ken het, was vir haar eerste keer Bali toe. Ons het voor die tyd Bali gepraat, gelees en gedink. Met haar terugkoms bring sy vir my n bottel Bintang bier. Met die eerste reuk en proe, kon ek my oe sluit en voel ek is in Bali. My trommeltjie het oopgevlieg en al die onthoue het pens en pootjies op my kom klim, in my kom wriemel.
Nou, om die dood wil die trommeltjie nie weer toe nie……