
Die Goue Vroue is ’n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Klik op die volgende skakel as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…
https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711
Daar was behoorlik pandemonium in die hawe, van slaaf tot kommandeur van Riebeeck was daar, ń gedruis van stemme het opgeklink. Alle oë gevestig op die seerowerskip en die drama wat om hom ontvou.
Soos altyd wanneer die goue vroue betrokke is by ń saak ontvou ń briljante plan voor die toeskouere se oë. Die visserskepe het uitgevaar asof hulle oppad was see in, maar het met ń draai terug gevaar met die weste son agter hulle, wat dit baie moeilik gemaak het vir die bemanning van die seerowerskip om hulle te sien. Die swemmers met hulle riete het geruisloos onder die water hul bestemming bereik en styf teen die skip hul beurt afgewag om tot aksie oor te gaan. Aalsie en Renier Boom wat met hul skuitjie die groot skip bereik het, klouter met die touleer op, Renier met ń wit vlag in sy hand.
Die volgende oomblik breek pandemonium uit op die skip. Vanaf een van die visserskuite is ń brandende pyl afgevuur na die voordek en daar is sommer gou gou ń rookwolk. Aalsie neem haar kans waar en gaan lui die skeepsklok en skree baie hard “BRAND, BRAND!” Nou is die seerowers se aandag op die brand gevestig. Die swemmers klouter rats teen die touleer uit en sluip na die agterdek van waar hulle verdeel om te begin soek na waar die gevange vroue aangehou word.
Die vrou wat gevange geneem is en in die kajuit toe gesluit is het intussen nie op hulle laat wag nie en begin soek na enige bruikbare atrikel wat gebruik kan word as wapen. Kameel en Sonel het by die slot van die deur gepeuter en probeer om die oop te kry. Met die groot lawaai wat uitgebreek het op die skip en die beierende klok het hule besef hier moet hulle uit. Gelukkig het hulle ń swaar yster gevind en begin met hom teen die deur kap.
Toortsie en Trommeltjie kom om die hoek gesluip, net om die volgende oomblik trompop in Jonkheer Renier Boom vas te loop. Al drie skrik hulle boeglam en amper word n onskuldigenoor die kop geslaan. Gelukkig hoor hulle ń gehamer nie ver van hulle af nie, daarmee saam die onmiskenvare stemme van die vroue. Hulle snel op die geluid af, net om voor ń geslote deur te staan te kom. Al drie bgin naarstiglik soek na iets om die slot mee oop te breek. Una en Crista kom ook uit ń ander rigting op die kabaal af. Gelukkig vind hulle ń groot tang en probeer die slot oop knip. Nie so maklik nie!
Die tyd is besig om uit te loop want die vuur is byna geblus, gelukkig het die visserskuite gesein na Seinheuwel waar die kanonier op sy pos sit en wag. Die volgende oomblik klink dit soos ń klein oorloggie, die kanonskoot was die teken vir die soldate op die strand om met hulle gewere te begin losbars. Nou is al die seerowers se aandag op hulle gevestig en word daar rond geskarrel na hul wapens.
Renier Boom sluit weer by die vroue voor die deur aan en met sy mannekrag en die croue se aanmoedeging gee die slot bes, die gevangenes storm by die oop deur uit, amper het ons ń los skrum daar in die gangetjie. Dis gilletjies en verligte laggies. Renier hou kop en maak gou almal stil, nou is die prioriteit om van die skip af te kom, voordat die seerowers besef daar is ń reddings aksie aan die gang. Almal sluip na die agterdek, gelukkig kon hul Aalsie by die klok opspoor. By die agterdek word die tou wat daar versteek is voor die tyd, vasgeknoop aan sie reling en oorboort gegooi. Dit is ook die teken vir die vissersbote om nader te kom. Soos waffers akrobate gly die vroue een een teen die tou af. Renier Boom laaste, soos ń regte heer het hy die agterhoede gevorm en die vroue eers mooi oor die reling gehelp. Veilig in die visserskuite vaar hul eers diepsee in teen die son in, dan met ń wye draqi terug land toe.
Met almal veilig van die skip af, word daar gesein deur ń brandende pyl af te skiet na Seinheuwel se kant toe en ook land toe. Die vuur word gestaak, maar toe vuur die kanon reguit na die seerowerskuit toe, hierdie keer gemik om hom voluit te tref. Daar is een geweldige skreeuery van die skip af en seerowers duik die water in, want hul besef die skip gaan sink. Op die strand staan die soldate gereed om die manne in hegtenis te neem. Tronk is hulle voorland, dalk geseling en straf aarbeid op Robbeneiland waar hulle sal sakke skulp dra om kalk te brand vir die bouery in die Kaap. Daar is al menige gevangene daarheen verban, onder andere Krotoa in haar latere lewe. Sy was egter nooit ń skulpdraer nie, maar het daar in die poshuis gewoon.
Die visserskuite met die gevange vroue en bibberende half kaal ( volgens die standaarde van daardie tyd) kom in die hawe aan. Renier Boom het natuurlik net oë vir een goue vrou, onse Kameel. Hy koer omtrent oor haar, ons ander heeltemal vergete.