Silence

Hierdie is een baie goeie fliek. Dis diep en laat jou huil en diep na binne kyk. Jy dink hieroor en werk verskillende senarios uit in jou kop. Jy wonder oor reg en verkeerd, keuses, gevolge van keuses, maar bo alles dink jy oor geloof in ons Almagtige God.Screenshot_2017-04-27-21-15-47

Scotcese het 25 jaar lank aan hierdie produksie gewerk. Mens kan sien hoekom, soveel detail. Die fotografie is uitstekend.

Dis min dat wanneer n fliek klaar is, mense net bly sit. So asof jy nie nou kans sien vir die realiteit van n winkelsentrum, na hierdie verhaal nie. Jy wil net nog bietjie laat insink en dink.

Ek besef net weereens hoe maklik ons, ons geloofsvryheid as vanselfsprekend beskou. Ten aanskoue van mense wat in gehuggies bymekaar kom, weg kruip in hulle christenskap en dan as hulle gevind word, die wreedste marteling. Vir sommiges n afgryslike dood.

Drie hout kruise in die see geplant tydens laag gety, met drie manne van geloog, daaraan vasgemaak. Dan kom die gety in en golf op golf breek oor hulle. Genadiglik het een die die eerste dag gesterf, die ander twee dae, maar die derde het vier dae geleef. Terwyl almal in stilte staan en toe kyk. Stilte….

Screenshot_2017-04-27-21-15-14

Ek wil nou nie die einde vir julle verklap nie.

Wil net se, ek wonder of as jy jou voet op n prent van n “christus” plaas om sodoende te se jy verloen jou geloof, dit jou in die verdoemenis in stuur. Terwyl jy vier mense se lewens daardeur red?

Hemelse genade

Laasnag word ek wakker en besef ek hoor reen. Ons skarrel op om gou my nuut gegiete sementblokke toe te gooi en die bankie in te skuif, maar al is ons deur die slaap gee ons nie om vir nat reen druppels op ons velle nie. Ons is vol dankbaarheid.

20170426_122328

Tog hier in jou agterkop dink jy – “Ag dis seker weer net stofnat”.

Vanoggend reen dit nog effentjies, maar skielik donder dit en hier gaan die hemele oop. Ek jubel eers en gee n paar huppel danspassies en toe kry ek skaam oor laasnag se ongeloof, se sommer skuus en dankie.

Ek het koffie gemaak en lank net gesit en kyk na die vallende reen, kon nie genoeg kry nie.

20170426_122304

Dit het gedonderweer (nie bromweer nie), dit het bietjie gehael ( selfs toe, se ek dankie Here, dis ook water). Water wat ons hier in die Kaap broodnodig het. Ons damme wat feitlik leeg is. Hierdie is genade reen, reen uit die Hand van n Genadige Vader, wat al die gebede gehoor het en ons antwoord met deurdringende genade water.

20170426_122258.jpg

(Ons gras was twee weke terug nog dood, twee keer se sofnatreen en dou het dit al so groen gemaak)

Ek wil tog hierdie positiewe boodskap oordra, dat al is die duiwel besig met sy streke, na Saterdag, God is groter, Hy het gehoor!!!!!!!!!!!!!!👏

 

Aand koor

So sit ons verlede week een aand buite en ek hoor paddas. Vreugde spring op in my, “hoor jy dit?” se ek, “PADDAS” se hy.

images (1)

Julle verstaan nie, ek het hierdie ding oor n padda koor, dis asof die aand net nie reg is sonder hulle stemme nie.

In Wellington het my seun vir my n visdam gebou en ek het hom spesiaal padda vriendelik gemaak. Dit was groot vreugde om die groeiende koor aand vir aand te hoor. Met groot “hoe-ha” is paddavissies ontdek. Dis volmaak.

Met ons trek stad toe, het ek my padda vriende gemis, die aande was net nie reg sonder hulle nie.

images (2)

Verlede jaar toe ons Kanada kinders hier kuier, vertel Lienke dat oupa op Wellington tadpoles het. Onmiddelik is sy beveel om vir ouma tadpoles te bring as hulle daar was.

Sy het op n dag ingebars (letterlik) by ons huis met n houertjie: “Ouma I’ve got your tadpoles!!!!”.

Ons het hulle versigtig te water gelaat en hulle bewonder elke nou en dan. Ek het nou nie meer n pragtige visdam nie, net n water feature. Nietemin, dit was hulle nuwe tuiste. Met die aanstap van die dae, het hulle al minder geword. (Lienke is ook intussen terug na Lienke land. )

Op n dag is daar geen paddavissie in sig nie. Met my skoon maak van my pomp sien ek die monster het ons paddavissies gesluk. Nooit gedink dat hulle klein genoeg was om gesluk te word nie. Met ons Skype moes die ouma die treuruge nuus oordra, dat daar geen paddas in die vooruitsig sal wees nie.

Nou het hulle self gekom, hoe weet ek nie. Hoe mure ten spyt, is hulle hier ons kleine padda koor.

20170424_110226

Ek het hulle nog nie gesien nie, maar hulle samg is duidelik.

23 April, die dag ná It’s Time

SJ WIGGETT

Ek het al verskeie kere in my lewe gehoor hoe mense baie sterk opinies het oor boeke, films en byeenkomste wat hulle nie gelees, gekyk of bygewoon het nie.  Ek was gister op dié plaas (Wildeals) so 4 kilometer buite Bloemfontein waar It’s Time plaas gevind het.

img_211122 April was amper ‘n tipe groepeerings instrument,

  1. Pro It’s Time
  2. Anti It’s Time
  3. Besluit nog op 23 April hoe jy oor 22 April voel (wie like of share watter artikel oor die event)

Daar mag moontlik vandag mense wees wat dink; “Sien, alles was toe verniet.  Klomp mense het nou gaan bid en die son het op gekom, die Rand is nie sterkter nie, niemand is weggeraap nie, die President het nie verander nie en geweld het nie opgehou nie.”

Dit is waar, maar daar het iets in meer as ‘n miljoen mense se lewens gebeur.

“So was daar toe nou ‘n…

View original post 738 more words

n Nuwe begin

 

20170420_103648

Hierdie was my foto wat ek die dag by die maatskaplike werker se kantoor, saam met my eerste brief ontvang het.

Ek het hierdie foto sovele kere bekyk en elke gelaatstrek ingedrink. Sy pa se lippe, n fenominale trek na sy klein boet. Defnitiewe familie trekke. Wouw, dit is net ongelooflik. Na al die jare van wonder, kyk ek na my antwoord. My seun.

Ek het hom Jaun-Pierre genoem, die J het behoue gebly. Hy is Jacob geregistreer deur sy ouers.

Hier het nou n nuwe seisoen aangebreek en ek het besef dis n baie fyn breekbare seisoen. Ons ken mekaar nie. Sy ouers is van Nederlandse afkoms, so sy opvoeding kom uit n ander kultuur.

Hy het n jonger suster, wat ook aangeneem is.

Ons het geskryf, fotos uitgeruil. My seun het net besluit, die proses neem te lank en uit sy eie speurwerk begin doen. Hulle het n seldsame van gehad, kom an die Wesrand, uit sy skrywe kon ons af lui watse besigheid sy pa het ens.

Op n dag kom hy by die huis aan en se, hy het sy broer opgespoor telefonies en n gesprek met hom gehad. Die papier met sy nommer na my uit gehou. Ek was verstom, het na die nommer gestaar en gestaar, my hart het gebokspring en daar was n hol, naar kol op my maag. Ek wou so graag bel, maar was so verskriklik bang. Ek het op en af in my kamer geloop, met my selfoon en die nommer in my hand. Ek het gebid en gebid en gebid. Na n lang ruk het ek die nommer geskakel, my bewende hande het die foon vasgeklem, my keel wou toe trek. Toe antwoord hy…..

Sy stem klink soos my seun s’n, dit stem my rustiger. Ons praat!!!!!!!!!!

Daarna was daar n hele paar oproepe heen en weer.

Ek besluit om vir my vriendin in Harties te gaan kuier. Hulle deel in my vreugde, veral haar moeder is in ekstase oor hierdie verhaal wat ontvou in my vertel. Ek dra hierdie verhaal op aan tannie Maizie. Jy wou so graag gehad het, ek moet hierdie neer griffel, jy was so n verhale mens.

Terwyl ek daar is bel ek vir Jaap, so word hy genoem, ek noem dat ek in meer bereikbare afstand besoek afle en as hy wil kan ons mekaar ontmoet. Net as hy wil, vieg ek by, ewe ordentlik. My hele binneste roep uit: “asb, asb, asb se ja!!!!!!!” Hy noem dat dit sy pa se verjaardag is, maar hy sal plan maak en terug bel.

Die tyd tot sy volgende oproep was hoogspanningsdrade in my. Gelukkig was dit positief en ons reel n tyd en plek.

Daardie oggend kry tannie Maizie my ineengekrimp lang die bed. Ek voel siek van n bang opgewondenheid. Ek wil lag en huil deurmekaar. Ek bid baie. Voel so ontsettend kwesbaar.

Later die oggend gaan laai sy my by die sweefspoor by Harties af. Daar staan net een viertuig, n blou bakkie. n Jongman klim uit. My hart……!!!! Ons staan voir mekaar, al wat ek uitkry is “Kan ek jou asb vashou”

Tannie Maizie vertel, na daardie vashou het sy weg getrek en die hele pad huistoe gehuil.

Ons het teenoor mekaar by n taeltjie gaan sit en begin gesels. Dit was n koel dag in Oktober en op n stadium het sy lip blouerig begin bewe, net soos my seun s’n. Ek het besef hoe ongelooflik ons gene is. Ons het later naO’Hagans gegaan en aaneenlopend gesels. Ons het oor alles uit die verlede gepraat oop en eerlik. Nog later is ons terug na Una se huis. Ons het op die stoep gesit en kuier. Daar was soveel om te se, soveel wat ek wou weet. Ek moes hom nou as mens leer ken.

20170420_103749.jpg

Hierdie foto is deur Janet geneem, daardie middag op die stoep.

Na die afskeid

Na my skrywe “afskeid”, besef ek hierdie kan ek nie net so los nie. Die storie eindig nie daar nie.

Jare se hunkering en “met oe soekende” na daardie klein babatjie, wat n kleuter, peuter, kind, tiener…. geword het. Altyd wonder jy, bou jy drome…..

Jyself is intussen getroud (met pa van afgee baba) en julle het 2 kinders. N seun en n dogter. Gelukkige gesinnetjie. Tog knaag die verlang aan jou.

As die Aug winde stof wolke opwaai en die dooie grasse en blare dwarrels maak, is dit tiperend van my gemoed. September se nuwe lewe het my hart laat ween. Ek het geweet iewers is daar n mensie wat sy verjaardag vier.

Tot een dag, toe het leeuemoed in my kom nestel ek ek het bezluit, hy is nou al na agtien, ek gaan hom soek!!

Dis nie n maklike proses nie, maar aangesien ek so twee keer vir die maatskaplike werkster, wat met sy aanneme gewerk het, geskryf het, het ek n beginpunt gehad. Ek is na Magdalena huis vir ongehude moeders, hier in die Kaap en het daar op afspraak n maatskaplike werkster gesien.

Daar is verduidelik dat hierdie n proses is wat gevolg moet word.

1. Hulle begin hom soek, sou hulle hom opspoor, sal dit sy en sy ouers se keuse wees om kontak te maak of nie.

2. As dit dan n positief is, mag hy vir my skryf, waarin geen adresse of telefoonnommers mag wees nie. Daar mag n foto wees. So sal daar n tyd lank net op hierdie wyse gekorrespondeer word. Totdat daar deur die maatskaplike werker besluit word dat ons na die volgende stap kan gaan.

3. Telefoinoproep. As dit goed gaan, meer gezprekke. Dan

4. Kontak. Op die wyse wat deur hom en sy ouers gekies word.

Daar is ook gewaarsku dat hierdie n baie seer proses kan wees, want jy en hy het nie n idee wat om te verwag nie. Jou idee en drome is idillies, maar dit kan n nagmerrie word.

Daar is twee afsonderlike gesinne betrokke, wat niks van mekaar af weet nie.

Nou die wag. En wag. En wag!

Op n dag kom die oproep, hy is opgespoor en daar is n brief vir my. Dis nie al nie, daar is n foto. My hart, my dierbre hart wou uit my keel spring. Ek sou daarheen kon vlieg. Weereens protokol – daar is n afspraak gemaak.

Op n dag staan ek met n foto in my hand, terwyl my trane my so verblind dat ek nie kan sien nie. Deur die waas sien ek my kind, na soveel jare en hy lyk na sy boetie en pa.

20170412_154527

Hierdie is n foto wat sy aanneem ma later vir my gestuur het.

Nou begin n nuwe verhaal.

Afskeid

Sy staan dom verdwaas voor die landdros. Haar hart is in brokkies pyn gebreek. Sy dink: “Hierdie kan die laaste dag van my heel lewe wees.” Hy se: Sit jou hand op die bybel, lig op jou ander hand en se “so help my God”.

Alles in haar skree “NEE”, maar haar lippe se die woorde. Sy weet sy moet, dis hoe dit is. Sy sal hom nooit weer sien nie, nooit weer vashou nie. Haar oe sal nooit weer oor sy lyfie gaan nie, nooit weer sy stemmetjie hoor nie.

Haar liggaam wat hom gehuisves het vir nege maande is nou n vakuum. Haar voete is lood, haar oe swem…..

Sy was maar skaars sestien toe sy die dag oorkant die dokter gesit het en hy viir haar gese het: ” Jy is tien weke swanger.” Sy was soort van van bly, baie bang. Haar vriendin het buite gewag.

Op ses maande het die dominee kom besoek afle en sy felle woorde was swepe wat haar gekerf het. Harde woorde van “Jy kan nie die baba hou nie” en “Jy sal hom moet laat aanneem” en “As jy nie luister nie, sal ek sorg dat die welsyn hom weg neem” en “Jou ouers is oud en kan nie vir die baba sorg nie”.

Sy wil die woorde uit wis, weg wens….

Skok op skok – Haar pa skaar hom aan die man se kant. Sy staan gestroop, voor haar ma se smart. Haar vonnis is gevel. Keuses is opgeskort.             Sy

Sal na n tehuis

Gaan.

Sy sal die baba afteken.

20170412_153941

My troos woordjies neer getik. Skrywer Annoniem

Hulle kon net sowel gese het: “Verlange sal jou metgesel word, pyn jou vriend”.

 

Verwerping/Slegte selfbeeld

FB_IMG_1491914537364

Hierdie foto se alles in een figuur. Jy wil jou self so toe vou en wegsteek vir alles en almal. N wegkoes vir die eina pyle wat alles in jou kan verbrokkel.

Hoekom?

Die antwoord dink ek ken net die liewe Here. Ek weet ons leef in n gebroke wereld, ek weet Jesus se bloed was ons skoon. Glo my, ek ken Ps 139. Tog, hou ek nie van myself nie. Het ek nie self liefde nie.

Nou moet ek n sielkundige sien, se my psigiater…. Skielik ryg ons derms en nou viel ek nog goorxer oor myself. Ek moet mos nou vertel van al my foute, mis stappe en gevoelens

Kyk ek is al deur hierdie proses 13jaar gelede. Het ons derms geryg…. Ek is deur Christelike berading. Ek ken die Here en ek ken Sy woord.

Dit is net – my verlede het my nou gemaak en ek hou nie van die pad wat ek geloop het nie. Ek hou nie van my keuses nie.

Ok ek hoor jou se “live with it en kom daar oor. Reg, ek hoor jou. Hoe doen ek dit. Hoe hou ek van wie en wat ek is en geword het. Hoe raak ek lief en leer ken ek myself.

Ek lees nou die dag my vriendin se blog en ek dink –

Ek wens ek het myself geken soos jy jouself ken, ek wens ek kon hou van wie ek is, soos jy. Ek bewonder jou en is lief vir jou. Jy is verseker op n beter plek as ek.

Hier nou, het ek nie antwoirde vir myself nie, my woorde is nie daar nie.

 

My dag se reis

Vanoggend voor agt staan ek in n elle lange tou, om my paspoort te hernu. (Hy verval more). Ons skuifel bitter stadig voretoe, so by tien uur se kant begin ek deur my paspoort blaai….

download

2007 my eerste stempel en ek onthou. My tweede reis na Indonesie. Die eerste keer dat ek vir my winkel sou gaan aankope doen. Ek onthou so goed, daardie half bang, onseker, maar hiper opgewondenheid vir hierdie nuwe pad wat ek gaan loop.

So loop my gedagtes met die verskillende datum stempels saam. My eerste kuier by die kinders in Kanada in 2013. Hoe vol opwinding was ons nie om ons kinders se nuwe wereld te ontdek nie. Om ons kleindogter in ons arms toe te vou en daardie kinderlyfie warm teen ons te voel.

FB_IMG_1488449863349

Die keer toe ek in my “nie mooi dink”, bietjie vefgeet het Java en Bali is Indonesie en toe net my verblyf in Java verklaar het as my tyd in Indonesie. n Stywe boete wat ek moes betaal het, die dag toe ek Bali verlaat het.

Die keer toe my stewels nie weer wou pas toe ons in London sou land nie, ek in groot paniek naderhand sonder kouse my pof voetjies daar in gewurm het. Net om op n London terminaal te moes soek vir skoene, aangesien ek geweet het na die volgende 11 uur lange vlug ek nie weer my voetjies in daai steweltjies sal wurm nie en ek kan nie kaalvoet in mid winter die aand in Saskatoon my kinders ontmoet nie. Deur my nek betaal het vir n paar blommetjie Kath Kidson tekkies, want skoene moes ek he.

So het ek gereis so in die ry daar in die Paarl. Die nostalgie het my behoorlik beetgepak.

Nou vanaand sit ek en manlief ons opgeneemde Amazing race aan. Hier reis ek voort want hulle is in my geliefde Bali. So onthou ek aan, tussen die spanning van die deelnemers. Kort kort ruk ek n onthou uit die trommeltjie en kry n traan van verlang na die dierbare vriendelike balinese. Hulle lekker lag vir hierdie vreemde westerlinge wat so snaaks is. Dis nie n uitlag nie. Nee, net n vriendelike laggie.

Ja, so klim ek nou in my bed en hoop ek sit vannag in my drome my reis voort.