Die goue vroue hou vakansie-Athena

Die Goue Vroue is ń groepie bloggers wat saam aan spesiale stories skryf. Indien jy mettertyd al die skrywes saam wil lees, en wil uitvind hoe die Goue Vroue beland waar hulle nou is, gaan loer in op die link:https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d

Nadat die “meerman” op sy skulp geblaas het en ons met ń spoed die Poolstreek laat verlaat het, ons vaar met ń woeste soed, die seewater maak wit skuimwalle langs en agter ons. Lorenzo gryp sy kop vas, ” mama mia, today we die.” Ons almal klou vas aan, wat ons kon vasgryp. Jy sien net sarongge wapper, sommiges woel los en verlaat ons al wapperend in die wind. Hoe lank ons so voortgesnel het weet ek nie, my hande voel omtrent seer van die vasklou, uiteindelik begin ons stadiger vaar. Dis ń groepie beteuterde nat vroue wat neersak op die dek toe die snelheid afneem. Ons is verdwaas, wat het gebeur?.

“Julle besef ons het Triton gevind en weer verloor?,” vra Seegogga. “Was dit Triton?,” ń oomblik van stilte, dan hervat Segogga haar rede en beantwoord haar eie vraag. “Natuurlik, was dit hy. Die meerman wat op die skulp blaas!.” Almal begin gelyk babbel. Appeltjie lê wysheid aan die dag deur almal stil te maak en te wys op ons koue nat lywe. Sy stel voor ons moet gou onder ń warm stort inspring en warmer klere aantrek, dan kan ons die diskussie voort sit.

Dit is salig om onder die warm water te staan en letterlik te voel hoe die ys wegsmelt en behaaglike hitte in die plek oor jou lyf kruip. Dis ń baie meer bedaarde groepie vroue wat om die tafel plaasneem. Die bottel frangelico staan reeds in die middel, almal se glasies gevul. Toortsie het gou van haar heerlike spek en kaas skons warm gemaak. Dit is werklik baie welkom.

“Goed julle ons moet Triton en Athena bymekaar bring, hoe gaan ons dit regkry. Lorenzo het Camilla verbied om in te tree, maar sy kan ons raad gee van hoe om ń slenter te stel vir hom en Athena.” sê Aalsie. ” Dink mooi, hierdie keer het hy ons gevind, nie ons vir hom nie. Dink julle ons kan dit weer reg kry? Hoe het hy geweet waar om ons te kry en so op die perfekte oomblik?” trek Christa los. “Miskien is dit ń geval van damsel in distress wat hom gelok het, hy is mos mal oor vrouens, veral aardse vrouens. So, dis maklik ons moet weer in gevaar kom, dan sal hy net dalkies weer kom help” kom dit van Positief. “Waatttt!??” Koor ons. Nou nie ń lekker gedagte nie, maar nie ń onmoontlike een nie, ons is mos soos ń magneet vir gevaar. ” Wat van as Athena in gevaar is, sal hy nie vir haar tot hulp snel nie, hulle is mos al van kindsbeen af goeie vriende” mymer Una. ” Nog deste beter as ons hom in die proses kan jaloers maak. Soms sien mens nie die skat voor jou oë nie, tot jy kans staan om dit te verloor.” Kom dit van Virgo C. Almal koor “Lorenzo!”.

Voor enige een hierop kan reageer hoor ons Lorezo roep vanaf die dek, hy klink nogal benoud. Ons klim vinnig na die dek, ons monde hang oop. “Wat de hoenders is dit” uiter ń baie benoude Trommeltjies. Daar kom ń enorme perdagtige dierasie deur die see aangery/aan gesweef, toe hy nader kom sien ons op sy rug sit daar die mooiste vrou, oral om haar is dolfyne. Niemand sê ń woord nie, ons is totaal stomgeslaan. Dit is die mooiste toneel, dit voel asof ons in ń sprokieboek ingestap het, dit is totaal onwerklik. Op die wind kom die mooiste melodieuse stem aangesweef. Ons besef dit moet die vrou wees wat sing. Dit is die mooiste suiwerste klank, ons is betower. Sy is waarlik ñ godin van die see.

Sy sirkel om die boot en kom na ń rukkie tot stilstand, sy begin praat. Gelukkig kan Lindie dolfyn en Seegogga krap, anders sou ons nou niks kon verstaan nie. Lindie tolk ” Sy sê sy is Athena sy kom met ń boodskap van Poseidon. Daar is groot probleme in sy onderwater koningryk. Ons kyk na mekaar en jy sien hoe die ratte draai, hier het ons die lokaas. Posiedon weet net nie, deur hasr te stuur speel hy reg in ons hande. Nou net vir ń drievoudige plan. 1. Ons moet lyk of ons in gevaar is. 2. Lorenzo moet Athena kastig red en verlief lyk. 2. Athena moet Triton betower. Hierdie is nou die tipe ding wat net die goue vroue sal kan bemeester.

“Eerstens dink ek moet ons net eers vir Lorenzo oortuig om saam te speel en natuurlik vir Camilla. Sy sal dalk nie so maklik vàl vir die deel van die plan nie,aangesien Lorenzo haar nie as lokaas wou laat gebruik nie.” sê Frannie. “Gevaar, hoe plaas ons, onself in gevaar.?” Vra Seegogga.

Die volgende oomblik is daar ń verskriklike stamp teen die boot, wat weer teen Athena en die dierasie stamp, Athena trek deur die lug en land op die dek saam met ń paar goues. Dit lyk behoorlik soos ń los skrum, dis net bene en arms en ń hele paar gille.

Die hele boot wankel. Lorenzo kruip tot by Athena, sy het haar kop geweldig hard teen een van die rame gestamp, hy wil net seker maak sy het nie te seer Net toe is daar weer ń geweldige stamp wat die boot laat kantel…

Frannie sal verder vertel