Ek is lief vir my vriendinne, ek is lojaal teenoor my vriendinne. Ek geniet om tyd saam met hulle te spandeer, saam te lag en saam te huil. Ek sal moeite doen vir my vriendinne.
Ek het welliswaar nie baie vriendinne nie. Die wat ek het is kosbaar, maar…..
Ek trap hou vir hou in die slagyster om iemand met my hele hart te vertrou, my alles in ń verhouding te stort om dan een dag met n koek op my gesig te staan.
Hoekom, o hoekom stel mense my so teleur. Kan ons nie net opreg eerlik met mekaar lewe nie.
So het my pad gekruis met vrou x, ons het vriendinne geword en heerlik gekuier, maar sy het n sendeling mentaliteit gehad. Die lewe skuld haar want sy werk vir die Here, so sy vat en vat en vat en kiepie gee en gee en gee. Tot op die dag oppad lughawe toe, toe die laaste strooi die kameel se rug laat breek en ek letterlik my “toys uit my cot” gooi. Uiteindelik sien ek en my hart is seer.
Vrou y, is my sake buurvrou en sy steek my lelik in die rug. Kos my ń senuineenstorting. My vriendin, my hart was seer, my vertroue geskok.
Vrou z, sy het n manipulasie gees gehad en draai my daarin toe soos n kokon. Op n dag sien ek en my hart breek.
Dis drie voorbeelde uit my lewe. Tog het ek hulle vergewe en weer bande opgetel. Net ek was baie wyser in my verhouding met hulle. Nie een van hulle is inherent slegte vroue nie, eintlik is hulle spesiaal in hul eie reg.
Teenoor hulle het ek vriendinne waarmee ek ń pad stap. Ek sal saam met hulle op ń eiland kan gaan bly, soos Una sê. Hulle is baie uiteenlopende mense en sal mekaar dalk in stryd laat tree met die noue skouer skuur.
Ek het baie gewonder oor die skrywe, want hierdie is diep dinge, daarom dat ek nie in detail deel nie. Ek sien nie myself as ń naïwe mens nie. Miskien goedgelowig, wil graag vertrou en glo dat die ander persoon opreg is.
Ek wil nie met vraagtekens kyk na mense nie. Ons Here leer ons om lief te he, om te vertrou. Ek word kwaad omdat ons nie net so kan lewe nie soos Hy sê nie. Ek word baie kwaad😣
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22