Ek stoei steeds met die swart monster. Ek is wyser maar selfs al my kennis help my nie as hy eers binne gekom het nie. Die swaar donker verander nie, net my begrip daarvan het verander en ek lees die geel ligte makliker en tog vou ek steeds met tye.
Alhoewel depressie die siekte van ons eeu genoem word, vind ek dat mense nogsteeds nie begrip het nie. Dis nog steeds by baie mense n smet ding, wil dit nie eers klassifiseer as n siekte nie. Selfs mediese fondse beperk hul betalings drasties by depressie.
(Verskoon asb die dwars fotos ek kon dit net nie gedraai kry nie)
Ek wil graag woorde aanhaal uit hierdie boek:” Because my mouth is wide with laughter you do not hear my inner cry, because my feet are gay with dancing you do not know I die” Hierdie is vir my so mooi raak beskrywing van die depressie lyer.
Ek wil hierdie boek hoogs aanbeveel. n Baie interressante ding is, dat die sktywer van die boek haar depressie reis vergelyk met Hansie en Grietjie se verhaal. Met my laaste hospitalisasie (dit was voor ek die boek onder oe gehad het), het ek ook in my skrywe my reis op hierdie verhaal geskool.
Dit is baie hartseer dat daar selfs kerke is wat teen medikasie is vir depressie en daardeur mens deur hel en terug laat loop. Selfs in die sekulere wereld is daar min begrip daarvoor. Mans sal hulle vroue vra om die middels te los aangesien dit jou libido laer maak. (Lag maar gerus, maar hierdie het ek al self gehoor by n kennis, sy moes maar haar medikasie los)
Daar is verskillende soorte depressie – omstandigheis depressie (wat n tydelike ding is). Genetiese depressie en Bipolere depressie, hierdie is albei agv n chemiese wanbalans in jou brein. Daarom is medikasie so noodsaaklik. Omdat die medici vandag nog sukkel om die brein te “pin point”, is selfs dit n “mog dit troffe” situasie. Ook agv ons metabolisme wat verander kan dit wees dat n middel werk en dan skielik is ons terug by die monster wat wil verslind.
Hierdie is n hobbel pad, ons verstaan self nie wat met ons gebeur nie, jy staan lam voor hierdie aanslae.
Ek wil vandag n beroep doen op almal wat hierdie blog lees, om ten minste hierdie boek -“Dark forest of the soul, geskryf deur Sielie Loubcher” aan te skaf en te lees, miskien n groter begrip te he vir die depressie lyers om julle.
Net nog n aanhaling uit die boek:
I cry Lord because I know all the answers from Your Word, butI have lost You. Because I am so forlorn in the dark forest. Because I can no longer feel Your hand, nor the hand of my neighbour. I am desperately in need of a hand, a hand on my shoulder. What an acute need I have for a person of flesh and blood to make an attempt at understanding something of my darkness, something of what is tormenting me. Why do You reject me, Lord, why do You withdraw Yourself from me? Why do you allow even my friends, even fellow believers to keep their distance from me?
I stand among all of you
and cry for help
I have become a brother
of jackals
a companion of owls”
Dit n baie, baie alleen plek, n baie bang plek die donkerte van die bos. Daar sien jy nie lig nie, jy kan nie eers God sien of voel nie. Dit is net jy alleen in hierdie bang donker wereld.
Verstaan jy nou hoekom self dood die voor die hand liggende ding is vir die depressie lyer. Veral as hy/sy nie die regte hulp kry nie.
Ek staan vandag weer so broos voor die Here en se dankie dat ek vandag nog lewe, dat dit nie my grafsteen is wat opgerig is nie, nie my kinders is wat nie meer n ma het nie, nie my kleinkinders is wat nie meer n ouma het nie.
Dis genade onbeskryflik groot.