Katastrofe op Rebusfontein

Met die maroela ontploffing op Rebusfontein was daar chaos. Die honde, katte en voëls het gevlug na die grot bo in die berge. As jy inkom in die grot het jy net groot oë agter elke denkbare skuiling sien uit loer. Hulle het verbaal sag gebrabbel in hul diere taal.  Dit was werklik roerend om te aanskou. Ons moes ń diere whisperer invoer om dadelik die diere te help om die trauma te verwerk.

In die dorp self was daar een groot puinhoop waar die tent gestaan het, oral het sirkus waens onderstebo gelê. Die arme diere was in ń toestand, die olifante is reguit af rivier toe, met hulle vlugpad duidelik agter hulle sigbaar.

Arme Una se beenhare is weg geskroei, danksy Lorenzo se vinnige optrede om haar bene toe te wikkel in sy jas en haar op getel in sy arms en vinnig gehardloop met  haar na my visdam. Hy het haar haar letterlik daarin laat val, toe sy opkom uit die water het een van my rietpaddatjies op haar kop al kwakend beswaar gemaak.  Sy het slukkend en stotterend orent gekom een kyk na haar bene gegee en ń juigkreet geuiter.

Ek moet rapporteer dat daar geen skade aan Una se bene is nie. Gelukkig is haar hare op haar kop ook ongeskonde. Una is glad nie beswaard oor die verlore beenhare nie, dit het ń sware las geword en sy sou Rebusfontein moes verlaat om op die sirkustoer te gaan. Sy sou haar status as towerin moes inboet, dit het haar diep beswaard gemaak. Danksy die maroelaontploffing is sy nou weer vry

Na die dier whisperer met ons diere gewerk het, het almal weer terug gekeer na hul onderskeie huise. Ons was almal verjeug om ons diere kinders in ons arms te kon toe vou.

 

Tagtigerjare

Moes omtrent ń perd opsaal om ń foto te kry van my tydens daardie jare. Dit was nou behoorlik om die argiewe te besoek. Leertjie is uigehaal en in bo kaste is bokse met foto’s uitgegrawe. Ek, my man en dogter het heerlik gesit en lag vir die klere en haarstyle. Ons het sy hele bed onder fotos gehad. Dankie Una agv jou uitdaging moes ons heel party plekke en mense besoek.

 

20190820_150708.jpg

 

Hierdie 2 fotos verteenwoordig die begin jare en later jare van die 80’s. Foto 2 is so omtrent in 1986 geneem. Hieraan is ń storie –

Skoonma het ń breimasjien gehad en vreeslik rompe, rokke en truie gebrei. Die rokke en rompe van buclé wol. So dink sy toe goed om die een kersfees vir elke vroulike lid van die gesin ń rok te brei. Ons het dit Oukersaand ontvang en ons het dik vd lag besef, more op die kersdag sal ons almal gestewel en gespoor in ons rokke moet kerk toe. Ons was maar almal bietjie ligtelik vir ouma Lena, jy sal dit aantrek as jy weet wat goed is vir jou, anders kan daar dalk vir lank betaal word aan jou onbesonnenheid.

Hier is die foto, moenie te veel lag nie🤣🤣🤣🤣

20190820_150741.jpg

Ouma het gebars van trots. Kan julle dink, ons masjeer toe in die rokke in die kerkpaadjie af en ons hou ons pose. Vandag se kinders sal net verseg, ons ou drietjies het maar gesluk en is in die rokke in.

Die ander foto is heelwat later in die tagtigs. Una dis omtrent hoe ek gelyk het toe ons mekaar leer ken het, ń woeste bos hare. Ek het natuurlike krul hare, maar dit moes nog gekartel word ook. My einde tagtigs begin 90’s was dit my kenmerk, die woeste bos hare. Dit is die tyd toe ons Heidelberg toe getrek het. Dis van my mooiste kosbaarste jare.

Ons het in daardie tyd baie nader aan die Here gekom, kerk verander, kosbare vriende gemaak. Mense wat nou nog deel is van ons lewens. Ek dink altyd terug aan daardie jare met groot nostalgie.

 

My balrok

Soos gewoonlik is ek mostert na die maal.

Hier is ń foto van my balrok, ek moet dit net deel. Ek sou wat wou gee om hierdie pragtige rok te kan aantrek na ń formele bal. Waar ons kan wals op die musiek van Johan Strauss. Dit was nog altyd my droom.

Nie net is die rok ń droom nie, maar ook daai lyfie. Sal my maar ingort vir daardie aand.

Onkonvensionele seënbede

Kosbare korale hierdie

Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Verlede Sondag in Groot Kerk Graaff-Reinet is die erediens afgesluit met dié besondere seën:

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.

Mag die Here jou seën met woede oor onreg,onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ’n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap verander.

En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie

Oral op die Vuisboek en Google kry ek die seënbede en dit word na verwys as ‘n ou Fransciskaanse seën en laat dit…

View original post 719 more words

Oppela

Ken julle oppela? Dit beteken my wiele is pap, ek is op oorlewings meganisme, ek is op auto mode. Dis ek.

Hierdie laaste tyd het die lewe ń paar balle na my kant toe gegooi wat ek gesukkel het om in did lug te hou, so nou gaan ons oor na oorlewings meganisme. Jy staan op en hanteer elke bal wat na jou kant gegooi word. Jy dink nie te ver vooruit nie, want dit help nie. Jy moet hier en nou hanteer soos dinge verander. Niks is uitgemaak of konstant nie.

My dogter is deur 21 dae hospitalisasie, waar tydens dit kronies verander het, sy is ontslaan en ons is nou in week 3, sy kan nog nie bestuur nie. Sukkel met dubbel visie en ń dom been, wat pyn en vol prikkels is. Ouma se taksi werk oortyd, ouma wat nie ń kok is nie, kook etes vie 2 families, ouma is ń laundromat vir 2 families.

Tussen in is my man met ń af achilles tendon wat geopereer moet word. Nr 1 gebruik hy disprin kardio en operasie word uitgestel, toe byt ń spinnekop die dr, operasie uitgestel vir 2 weke. In die tyd val die man, ń gat in die elmboog en dit raak septies, operasie uitgestel. Ek ruil verbande, ontsmet en sit salwe op. Operasie uitgestel vir 2 weke. Nou uiteindelik kan operasie gedoen word.

Nou is operasie agter die rug, nog ń komplikasie of twee word ingegooi. Man is tuis en nou lê 2 weke van geen gewig op voet en 90% vd tyd bedrus. Man is groot, krukke ń probleem.

Dis waar ek nou is. Tussen man se versorging en dogter se versorging en oumas taxi….

Mag ek sê, my wiele is pap, want nou is dit aand. More is ń nuwe dag, met die Here se genade begin ons weer en ons gaan deur die ure in outomaat, tot dit weer aand is.

Dit klink rof, maar weet julle die wonderlikste ding is dat elke oggend is die Here se genade nuut en omvou my met krag. Dan lag ons weer vir al die kosbasrhede deur die dag. My twee kleindogters en hulle wyshede voed my gees, ek bere hulle kleinnode van elke dag diep in my hart. Dis ook kosbaarhede wat ek nie sou gehad het as ek hulle nie elke dag moes rond karwei nie.

So is daar kosbaarhede midde in ń krises. Ek dank die Here dat my Jana kind al beter kan loop, die lighoofdigheid en dubbel visie daagliks beter word, genade op genade.

Jammer dat hierdie towerin so afgesluit is vzn wat op Rubusfontein gebeur, my oorlewings skills wil nie so ver strek nie, ek wil bitter grasg ontsnap na Rubusfontein en net gaan dobber op die rivier, maar hier en nou is ek in die werklike wereld nodig en dis al wat ek in staat is om te doen.