Een aand tydens n braaivleis kuier, kom ons Lisa kleinkind, uit die bloute met die vraag:” Ouma het jy feetjies in jou tuin?”. Eerstens dink ek aan n vriendin wat eendag vir my gese het ek het n feetjie-tuin. Net daar sit ek my voet in my mond en se ewe: “Ja ek het en op n volmaannag dans hulle op die gras.
Nou ja so n antwoord het reperkussies. Sien ons Lisa het n fenominale geheue.
Op n dag later het daar paddastoele opgekom op my grasperk en vertel ek vir Lisa dat die feetjies sit op die paddastoele en dans in n kring daar om.
Nou ja, een aand oppad na ouma vir kuier, se mamma met groot vreugde: “Lisa kyk dis volmaan”. Lisa is dadelik vol entosiasme want vanaand is die aand dat die feetjies op ouma se gras gaan dans.
Met hul aankoms word vinnig in my oor gefluister deur mamma dat Lisa weet dis volmaan en wil feetjies sien. Gelukkig vir my was dit n koue nat aand en kon ek vir haar se dat feetjies nie in die reen uit kom nie, want hulle vlerkies is te fyn vir swaar reendruppels. Sjoe, so red die reen my.
Ons het al na daardie aand baie gesprekke en verhale deur leef, van ouma se feetjies in haar tuin.
Lisa sit met piering oe en droom oor hulle. Is dit nie fenominaal hoe kinders se kinderlike verbeelding so iets kan aangryp en in hulle koppies kan beleef.
Nou ja julle, ek besef iewers op n dag sal die besef kom dat dit net n droom was, maar tot dan dans feetjies op ouma se gras as dit volmaan is.