My SA kleindogters

https://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c

Dit is vir my ń grrot voorreg om my twee kleindogters naby my te he. Dit is vir my fantasties om hul karakters te sien ontwikkel. Hulle verskil soos dag by nag.

Lisa die oudste is my arty kleinkind, as sy kuier sal sy kort voor lank vra of ons as kan arts en crafts doen. Ons soek na oulike idees op die internet, so ons kyk ook graag sulke programme. Ons het heerlik pret met al ons skeppings.

Dis ons kuiertyd, lagtyd en mekaar geniet. Dis vir my kosbaar om hulle idees te sien. Ek probeer soveel moontlik om hulle, hulle eie ideeste laat toe pas. Hulle het nou al permanente verf klere by ouma. My man sê mos ons garage is my gunsteling plek in die huis. Ek en die tweetjies is gereeld doenig met een of ander projekkie.

Emma is ons kosmaak kind, sodra jy iets begin voorberei in die kombuis, hardloop sy om haar bankie te gaan haal met die woorde, “ek help, ek help”. Sy maak ook sommer gou ń roer eier self en dra graag vir ons koffie aan. By hulle huis maak sy graag koffie, hier is dit nie so maklik nie, ons drink nie kits koffie nie. As dit reën moet ons pannekoek bak, sy is dan my assistent en help van aanmaak tot kaneelsuiker strooi. Natuurlik kan sy nie wag vir floppies nie, sy eet hulle dadelik op.

Sy bly hierdie jaar middae by ons en ek en oupa geniet haar, sy is baie skerp en oplettend. Eergister sit ons om die buite tafel, ek en oupa met koffie en Emma met pienk koffie (aarbeimelk), weet nie waar ons gesprek begin het nie, maar ons eindig op met dinasaurusse. Goue vroue, julle sal weet dat ek mos nou eerstehandse kennis het, na ons jumanji ervaring. Ek wys vir Emma die foto van ons gunsteling vervoermiddel, die brachusaurus. Sy het een kyk gegee en gesê sy naam is “girafousaurus” of “kameelperdosaurus”.

Sy wou haarself slap lag daaroor. Sy het gedink die feit dat ñ stegosaurus so ń klein brein het sal hy more skrik as iemand hom vandag skrik maak.

Verlede week gaan haal ons haar een middag by die skool, terwyl sy nog aan kom na my toe, roep sy “pannekoek”. Oupa sê ” nee man Emma dit reën nie”. Waarop sy antwoord, ” oupa dit drizzle en nou nou gaan dit katte en honde reën.” Dadelik dink ek aan die ou gesegde, dit reën ou meide met knopkiries, voor ek my kom kry sê ek,” Ek ken ook een”, besef dadelik foutjie, ek kan mos nie vir haar daardie een sê nie. Gelukkig werk my dinkers toe vinnig en sê ek ” dit reën ou dames met knop kieries”. Later toe sy dit vir mamma herhaal, sien ek ń vraagteken op haar gesig. Ek fluister vinnig die ou een in haar oor, waarop sy uitbars van die lag. Nou is dit ons nuwe sê ding, altyd met ń glimlag.

Vir oupa sê sy, nadat hy gesê het, hy het vergeet om iets te koop “Ai, oupa skryf dit op die lysie” Ek noem hom Fiela, so nodeloos het sy hom begin roep “oupa Fiela”. Daar is menige sê goed wat ons heerlik laat lag, sy vrolik ons middae op met haar pittighede.

Kosbaarder as korale, hierdie klein mensies.

Ruimte droom

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Ek is so opgewonde, moet dadelik die regte mense kontak by NASA, ons kort ń vaartuig, ruimte tuig, ruimte skip, wat jy dit ook al wil noem. Soos dit gaan met die Goue vroue, hul drome is verder as die sterre, enige iets is moontlik. Hierdie gaan ń epiese ervaring wees, ons is oppad na ń nuwe planeet

Bon voyage dames, kom klim in. Het elkeen sy ruimtepakkie aan, sit op julle helmets en konnekteer julle pypies. Neem sitplekke in en gordel vas. Is almal hier? Ons hoor ń vreeslikste gille en hier kom Aalsie en Seegogga aan gestorm, hulle het oponthoud gehad en ampertjies die rit gemis, hulle sak neer op hul sitplekke, skoon uitasem. Almal aan boord, sluit die luike. Hier begin die aftelling 10, 9, 8, 7, 6, 5, 4, 3, 2, 1 and lift off, kom die stem oor die radio. Ons word teen die sitplekke vas gedruk as gevolg van die opstygspoed. Toortsie is skoon stil, sit met pieringoë na buite en staar. Sy gee so ń hyg en kry dit uit gestotter “E-e-e-k-k s-s-i-e-n d-d-d-ie aarde!!” Ons is sprakeloos, dis een ding om die aarde op ń ruimte program te sien en totaal anders om dit werklik te sien. “Dit is groots” fluister Christa.

Met die aan gaan van die groen lig kan ons ontkoppel, nou het almal hul asems terug en word daar allerhande toertjies uitgehaal in die lug, sonder swaartekrag is ons in staat om soos wafferse gimnaste rond te tol. Ons skaterlag toe Una en Woordnoot in mekasr vas tuimel en op die grond land. “Hierdie is vet pret, nooit gedink dit sal soveel pret wees in die ruimte nie” kom dit droog van San. “Hi, kyk julle ek kan ń handstand doen, en sommer bo op die stoelleuning, ek is ń veertjie” gil lag Seegogga.Na ń tyd raak dit kalmer en staan ons voor die groot venster in die tuig se beheerkamer. Dit raak stil, hier word nou diep gedink en waar geneem. ” Julle dis epies”, fluister Ekmyself. ” Ek voel so klein teenoor die grootsheid van die skepping en my Skepper”

Skielik gaan daar ń alarm af, liggies flits. Skoon benoud staar ons na mekaar, alle lawwighede vergete. “Julle een van die koppelings buite die tuig het los gegaan, ons sal dit moet herstel, anders gazn ons baie vzn ons water verloor. Hierdie vra vir ń ruimtewandeling, wie is ons meganiese vrou? Miskien Positief, sy moet mos daar op die plaas allerlei dinge kan heelmaak.” sê Trommeltjies. “Ek sal saam met haar gaan, dis die reël, nooit alleen nie.” Ons kry ons gereedskap reg, klim in ons buite ruimtepakke. Ons mae is vol vlinders, hierdie is nou ń groot storie. Sonelle en Woordnoot sal die beheerkamer beman. Aalsie en Appeltjie sal ons help by die luike. Die kalf is in die put en ons moet gaan red wat daar te redde is. Met baie groot versigtigheid klim ons teen die tuig se buitekant op, Woordnoot en Sonelle lei ons met hulle stem bevele na die regte plek. Positief sien sommer gou die fout raak en met ons dubbel vroue krag vervang ons die klep. Trommeltjies gee ń benoude gil toe Positief se voet gly en sy vir ń oomblik net aan haar lewenslyn hang, swewend in die ruimte. Gelukkig kan sy haarself weer nader trek na die tuig toe. Genoeg is genoeg besluit ons en skarrel so vinnig ons kan terug na veiligheid.

Die nagte in die ruimte is ń onvergeetlike gesig, ons klink ń ou sappie ( In die afwesigheid van ń rooietjie) en eet ons onsmaaklike kos voor die groot venster en tuur na die sterreprag. Virgo C sug diep, ” hoe verlang ek nie nou na “die nefies” en ń ou skaaptjoppie van die Karoo nie”. Una gooi haar met ń boek op die been,” sal jy stilbly sus, jy maak slapende honde wakker, net nou kwyl ons almal”, almal bars uit van die lag.

Alle grappies op ń stokkie sê Christa, ” Julle weet more is die groot dag waarin ons op planeet Zepherin moet land en gaan verkenning doen. Is julle reg om die onbekende in te gaan?” Ekmyself en San het julle ons tuig nagegaan en gesorg dat die batterye gelaai is?” Seegogga, jy, Toortsie, Una, Aalsie en Trommeljies is in d ie voorste tuig. Sonelle en Woordnoot julle is ons kenners by die beheerkamer. Appeltjie, Ekmyself, Kameel en Virgo C is in die tweede tuig” deel Christa bevele uit. “Ons ander bly in die tuig saam met Woordnoot en Sonelle.”

Die nag word daar min geslaap, ons is versigtig optimisties maar ook bietjie bang. Sê nou daar is Aliens, of drakerige goed of mensvretende plante. Ons kyk uit die volgende dag om een yskoue verysde planeet te sien nader kom. Dit lyk koud en leeg en onheispellend. Vir ń oomblik is die goue vroue stil. Ons het geland. Dan word daar in aller yl gereed gemaak vir die groot verkenning.

Una sal jy verder vertel asseblief.

Die vallei

Die Goue Vroue is op ‘n avontuur in Afrika. Elkeen is die outeur van haar eie storie. Maar die Jumanji bord gooi ons rond. Lees al die avonture hier:  https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

Elkeen kry haar beurt om die dobbelsteen te gooi wat hulle in ‘n nuwe ondervinding bring. Voor almal nie die dobbelsteen gegooi het en hulle die eindpunt bereik en JUMANJI! skree nie, kan hulle nie teruggaan Rebusfontein toe nie. Intussen storm elkeen van die diere waarmee hulle te doen kry, met ‘n verwoestende spoed Rebusfontein toe en skep daar chaos.

Jumanji, ‘n spel vir die wat soek om te vind, ‘n manier om hulle wêreld te verlaat. Jy rol die steen om jou teken te skuif. Dubbels kry nog ‘n beurt. Die eerste speler om die einde te bereik wen. Op die ander kant: Avontuurlustiges pasop. Moenie begin tensy jy beplan om klaar te maak. Die opwindende gevolge van die speletjie sal eers verdwyn wanneer ‘n speler Jumanji bereik en die naam uitroep

Toortsie gooi die bord en dobbelstene sommer so in die hardloop na my kant toe, ek moet duik om dit te vang. Ek besef dat as die dobbelstene weg raak, ons vir ewig in Jumanji sal wees. Gelukkig vang ek een en Seegogga die ander een. Ons nael vir die groot boom en swerm teen die boom uit soos klomp miere. Ons is almal is so dankbaar dat ons kon weg kom van die vegtende bulle. Ek hoor net Una hier reg bo my kop kerm ” Ek het ń vreeslike groot pie pie, ek kan nie hou nie.” Virgo skree “pie pie maar ousus” Ek skree ” Nee Una, jy kan nie, ek sit reg onder jou, wil nie ń pie pie stort hê nie, knyp asseblief.” Ek neem die bord en gooi die dobbelstene op die bord, dit is ń 6 en nog ń 6. Skielik is daar ń oorverdowende gerammel, dis kompleet of die aarde oop skeur, dis een groot stof wolk.

Met die stof wat gaan lê , sien ons, ons bevind as in diep kloof, kranse troon weerskante van ons hemelhoog. In die kloof is daar baie digte bosse. Skielik gee Aalsie ń bloedstollende gil. Ons ander val amper uit die boom, ons klou aan die takke vas en loer grootoog na haar kant toe, toe rek almal se oë. Sentimeters van haar gesig af is hierdie groot gedierte se gesig, dit lyk kompleet pre histories. “Dis ń dinosaurus” fluister Positief benoud.

“Dit is ń planteter Aalsie, hy sal jou gelukkig nie eet nie”, skree Trommeltjie,” ek kan nog onthou uit my seun se fassinering met dinosaurisse. Ons is voorwaar, lyk dit my in ń dinosaurus vallei vas gevang. Ons sal net moet oppas vir die vleisetendes. Veral die T Rex en die Valosirapturs, hulle is woes gevaarlik. Weet nie of julle Jurasic park gekyk het nie?”

Skielik gil Toortsie, “Ons moet uit die boom hier is massiewe spinnekoppe, my hart sal gaan staan.” “Wie is die hoogste in die boom, kyk of julle nog enige beweging sien” gil Una. “Ek is heel bo,” sê Christa. ” Ek sien ń groot dinosauris, hy lyk woes gevasrlik, maar hy beweeg weg van ons.”

San skree skielik, ” julle hier is ñ klomp goete, soos oerdiere wat hier onder beweeg. Ons kan nie grond toe nie.” “Al genade is ons moet op die brachisaurus se rug, dis nou ons massiewe planteter by Aalsie”, sê Trommeltjies. “Nou gaan ek regtig piepie” skree Una. “Neeeeee” skree Trommelgjies en spring vir die branchisaurus se rug. “Kom julle”, Toortdie spring volgende, weg van die spinnekoppe. Nou volg die goues een na die ander. Gelukkig is haar rug groot.

Die ou T Rex skree sy onheilspellende gil daar in die verte, rilling na rilling gaan teen ons ruggrate af. As hy ons nou moet sien is ons in ons tjops. Gelukkig draai ons vriendin onder ons na die ander rigrting. Ons klou soos nete aan haar.

Onder ons is die valosurapters aan die op springteen haar, ons vriendin raak baie benoud en tel spoed op, tot ons vreugde. “Hoe gaan ons uit die penarie kom” vra Seegogga. “Ek het hier ń perkament in my hand, met ń kaart op. Op die kaart se einde is ń prentjie van ons praatstok. Ons moet by die plek probeer uit kom, hier is n waterval op die kaart. Sien een van julle ń waterval iewers?” VraTrommeltjies

“Gelukkig kan ons nie links of regs nie, net reguit vorentoe” sê Virgo C. “Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar hoe gaan ons van hierdie gedierte af kom?” vra Appeltjie. Haar woorde was nie koud nie of Frannie gil, ” Ek gly af, help!” Positief gryp dadelik Frannie se hande en Woordnoot gryp Positief vas, vir ń oomblik wapper Frannie se bene soos ń vlag in die lug, maar die goues kan saamwerk en hys Frannie op, ons almal slaak ń sug van verligting.

“Om nou terug te keer na Appeltjie se vraag, voor die amper tragedie, hoe gaan ons hier af kom?” vra Christa baie saaklik. Nou word daar ń groot dink skrum gehou, voorstelle word geopper, maar niks is haalbaar nie. Ons sit hier baie baie hoog.

Gelukkig het die ander gediertes pad gevat, anders sou ons nie wou af nie. So asof ons taksi ons gehoor het, gaan staan sy dood stil. Nou sal ons defnitief moet af as ons die waterval wil vind. “Kom ons gly teen haar stert af” sê Positief. “Kyk die groot boom het sulke bobbejaantoue wat hang, as sy nou bietjie nader kom kan ons spring en die toue gryp” waag Woordnoot dit. “Ek sit net hier, ek gly nie en ek spring nie” sê Toortsie. “Ek dink Positief se voorstel klink na die veiligste opsie.” sê Frannie en met die voeg sy die daad by die woord en gly teen die stert af, ons ander volg een vir een, Trommeltjies vat vir Toortsie om die lyf en saam saam gly hulle af, Toortsie was nou nie die gewilligste enetjie nie, sy hou haar oë bot toe en prewel ń gebedjie.

Nou moet ons dapper stapper vorentoe, eintlik sluipende. Ons weet nie wat alles in die bosse skuil nie. Gelukkig kan ons die waterval hoor en sluip op die geluid af. Ons hoor skielik ń dawerende voetval na agter, toe lê ons oop vorentoe. Ons hardloop asof in ń naelloop, sommige heelwat vinniger as ander. Hier gaan ń boom ons nou nie juis kan red nie, die waterval is ons enigste redding. Die vraag is, gaan ons dit maak?

Ek weet nie wie na my moet gooi nie, maar jy sal moet baie vinnig gooi, ek dink dis die T Rex agter ons, Woordnoot sien jy kans?