https://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c
Dit is vir my ń grrot voorreg om my twee kleindogters naby my te he. Dit is vir my fantasties om hul karakters te sien ontwikkel. Hulle verskil soos dag by nag.
Lisa die oudste is my arty kleinkind, as sy kuier sal sy kort voor lank vra of ons as kan arts en crafts doen. Ons soek na oulike idees op die internet, so ons kyk ook graag sulke programme. Ons het heerlik pret met al ons skeppings.
Dis ons kuiertyd, lagtyd en mekaar geniet. Dis vir my kosbaar om hulle idees te sien. Ek probeer soveel moontlik om hulle, hulle eie ideeste laat toe pas. Hulle het nou al permanente verf klere by ouma. My man sê mos ons garage is my gunsteling plek in die huis. Ek en die tweetjies is gereeld doenig met een of ander projekkie.
Emma is ons kosmaak kind, sodra jy iets begin voorberei in die kombuis, hardloop sy om haar bankie te gaan haal met die woorde, “ek help, ek help”. Sy maak ook sommer gou ń roer eier self en dra graag vir ons koffie aan. By hulle huis maak sy graag koffie, hier is dit nie so maklik nie, ons drink nie kits koffie nie. As dit reën moet ons pannekoek bak, sy is dan my assistent en help van aanmaak tot kaneelsuiker strooi. Natuurlik kan sy nie wag vir floppies nie, sy eet hulle dadelik op.
Sy bly hierdie jaar middae by ons en ek en oupa geniet haar, sy is baie skerp en oplettend. Eergister sit ons om die buite tafel, ek en oupa met koffie en Emma met pienk koffie (aarbeimelk), weet nie waar ons gesprek begin het nie, maar ons eindig op met dinasaurusse. Goue vroue, julle sal weet dat ek mos nou eerstehandse kennis het, na ons jumanji ervaring. Ek wys vir Emma die foto van ons gunsteling vervoermiddel, die brachusaurus. Sy het een kyk gegee en gesê sy naam is “girafousaurus” of “kameelperdosaurus”.

Sy wou haarself slap lag daaroor. Sy het gedink die feit dat ñ stegosaurus so ń klein brein het sal hy more skrik as iemand hom vandag skrik maak.
Verlede week gaan haal ons haar een middag by die skool, terwyl sy nog aan kom na my toe, roep sy “pannekoek”. Oupa sê ” nee man Emma dit reën nie”. Waarop sy antwoord, ” oupa dit drizzle en nou nou gaan dit katte en honde reën.” Dadelik dink ek aan die ou gesegde, dit reën ou meide met knopkiries, voor ek my kom kry sê ek,” Ek ken ook een”, besef dadelik foutjie, ek kan mos nie vir haar daardie een sê nie. Gelukkig werk my dinkers toe vinnig en sê ek ” dit reën ou dames met knop kieries”. Later toe sy dit vir mamma herhaal, sien ek ń vraagteken op haar gesig. Ek fluister vinnig die ou een in haar oor, waarop sy uitbars van die lag. Nou is dit ons nuwe sê ding, altyd met ń glimlag.
Vir oupa sê sy, nadat hy gesê het, hy het vergeet om iets te koop “Ai, oupa skryf dit op die lysie” Ek noem hom Fiela, so nodeloos het sy hom begin roep “oupa Fiela”. Daar is menige sê goed wat ons heerlik laat lag, sy vrolik ons middae op met haar pittighede.
Kosbaarder as korale, hierdie klein mensies.
My drie kleinkinders kan nog nie een behoorlik praat nie, maar kommunikeer, dit kán hulle!
LikeLiked by 2 people
Dit was nou ‘n lekker gelees. Sulke oulike kinders. Geniet elke oomblik! 💖💖
LikeLiked by 2 people
Hulle is kosbaar. Mis ons enetjie in Kanada so.
LikeLike
Ek kan nie dink hoe dit voel nie. Ai!
LikeLiked by 1 person
Oeps! …lekker lees.
LikeLiked by 2 people
Dit was nou vir my heerlik om te lees wat jy alles oor hulle skryf, Trommeltjie.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n geweldige voorreg om tyd met die kleintjies te kan spandeer.
LikeLiked by 1 person