Die Goue Vroue hou partytjie op Rebus – die petalje

Die Goue Vroue is ‘n groepie verbeeldingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Hulle het al met ‘n vlieënde tent om die wereld getoer, met ‘n luukse strykyster plesierboot die oseane verken, Jumanji in Afrika gespeel, deur die ruimte getoer, partytjie gehou saam met ABBA en nog baie ander avonture beleef. Hulle woon op hulle eie dorpie, Rebusfontein, waar dit altyd mooiweer is.

Nou gaan hulle partytjie hou op Rebus en wie weet wat gaan gebeur? Ons sal moet wag en sien!

Om nog te lees, klik gerus hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd8

Daar heers groot vreugde op Rebusfontein, want daar word gekuier en fees gevier. Natuurlik nie sonder vreemde gebeurlikhede nie – Ontploffings van prawns en ń drakie wat verskyn. Nie vreemd as jy met hierdie formidabele vroue te doen het nie.

Camille en Lorenzo straal van blydskap, na Lorezo se aankondiging :”We are having one bambino, I am going to be a papa.” Dadelik word die frangelico uitgehaal en drink almal op die komende bambino. Daar is gelukwense oor en weer. Dit is ń pragtige sononder tyd, die lug is in skakerings van pienk tot oranje verkleur. Dit is ondanks die gebabbel ń vredevolle mooi aand.

Skielik is daar hierdie vreemde harde geluid en jy hoor takke breek. Ons almal skarrel na ń skuilplek. Lolla en Aalsie skuil agter ń omgevalle boom, Lorenzo en sy geliefde Canlle duik onder een van die tafels in, Virgo C en Kameel is op hulle hakke. Una, Seegogga, Scrappy, Toortsie en Trommeltjies duik in die gat deur die ontploffing veroorsaak, al die ander gaan skuil agter ń groot miershoop. Almal loer versigtig uit. “Dis ń groot draak,” skreeu Appeltjie wat met die klein drakie gevlug het. ” Gee die baba drakie vir haar,” kom dit van tannie Frannie wat in Silver se beskermde arms staan, ” dalk is dit die mamma”. Appeljie hou vreesbevange die drakie bo haar kop, die groot draak gee een bloestollend kreet en duik op Appeltjie af. Sy los die klein drakie en spaander in die rigting van die huise. Die groot draak raap haar baba op en verdwyn in die verte. Ons kom almal versigtig uit ons skuilplekke en sluip omtrent terug tafels toe. Lorenzo loer benoud onder die tafeldoek uit. “Is the danger over?” Kom dit in ń bewende stem van hom. Toortsie wat sommer met die bottel Frangelico gevlug het, skink vir elkeen ń glasie in.

Alles keer terug na normaal, nou is dit ń gelag en stories uitdelery. Elkeen verwoord sy ondervinding. Almal is bly hierdie draak hoofstuk is afgesluit. Amper was daar ń groot katasrofe, die mamma kon Appeltjie aangeval het, gelukkig dat sy die drakie gelos het en laat spaander het. “Terloops julle, waar is Appeltjie?,” vra ń besorgde Kameel. Dadelik word daar vroue afgevaardig om na haar te gaan soek, laaste wat hulle gesien het is toe sy nael na die huise se kant.

Trommeltjies skarrel na haar huisie, sy moet die volgende gereg voorberei. Almal is nou sommer honger na die petalje. Gelukkig is Appeltjie skoon betraand in haar huisie gevind en het gou beter gevoel met die liefdevolle trooswoorde van die vroue. Nou is sy en die ander terug by die meent. Die musiek speel weer en die dansery gaan voort. Kameel probeer hard om vir van die vroue die tango te leer.

Trommeltjies is besig met haar eie gedagtes hier in haar kombuisie, bars kort kort uit van die lag as al die vreemde en komiese goed deur haar kop flits. Dit is nou haar beurt om die goues te trakteer op haar gunsteling gereg en musiek. Aangesien daar reeds ń spinasie gereg bedien is, sal ń spinasie quiche nie werk nie. Dit is haar absolute gunsteling, maar dan gaan kuier sy in haar gedagte in Bali, haar mees gunsteling plek op die aarde en onthou sy van Saté Ayam met sticky rice. Hoe sy en Wayan op die trappies voor ń winkel gesit en smul het aan hierdie heerlikheid nadat hy by een van die kos waentjies wat in die straat af gekom het vir hulle hierdie gereg gaan koop het. Sy sal nou nie haar hand slaan aan die “sticky rice” nie, daardie kon sy nog nooit reg kry nie.

Die hoender word in dun repies gesny, gegeur en dan ingeryg op ń sosatie stokkie. Die peanut sauce het sy sommer klaar gekoop by SPAR, hier is nie langdradige voorbereidings op Rebus nie, die kits botteltjies werk ook goed. Rys word sommer vinnig in die Mikrogolfoond berei. Nou net die vuurtjie gaan aansteek, dan braai ons die Ayam ( hoender) in ń kits. Opgedis op die rys en ryklik gedoop in die sous, siedaar.

Voor die tyd hetsy gaan diep gedelf in haar musiekkas om die Bali cd te vind, vanaand wil sy almal terugvoer na haar gunsteling plek. Hierdie is welliswaar nie haar gunsteling musiek nie, maar dit sal die regte atmosfeer skep.

Die vroue smul aan die gereg en luister na die interresante musiek, almal gesels en kuier. Die drinkgoed is natuurlik, nou nie tiperend Balinees nie, maar eg Kaaps, is daar bottels heerlike rooiwyn uit die wynlande van die Kaap. Onlangs het Trommeltjies en haar geliefde deur Klawer gery en by die wynkelder heerlike wyn aangekoop. Nou kom dit handig te pas. Trommeltjies onthou die Bintang bier wat hulle so in Bali gedrink het, maar helaas hier is nie ń bier wat so proe nie, so wyn sal moet doen.

Hierdie is waarlik nog ń herinnering wat sy in haar geheue trommeltjie gaan bêre, op die einde is dit wat saak maak, al die herinneringe om uit te haal en weer te beleef op stil tye by haar houthuisie op die stoep waar sy ver kan kyk.

Nou kan die volgende goue vrou verder vertel van wat nog gebeur op Rdbusfontein.