Die Goue Vroue is op ‘n avontuur in Afrika. Elkeen is die outeur van haar eie storie. Maar die Jumanji bord gooi ons rond. Lees al die avonture hier:  https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

Elkeen kry haar beurt om die dobbelsteen te gooi wat hulle in ‘n nuwe ondervinding bring. Voor almal nie die dobbelsteen gegooi het en hulle die eindpunt bereik en JUMANJI! skree nie, kan hulle nie teruggaan Rebusfontein toe nie. Intussen storm elkeen van die diere waarmee hulle te doen kry, met ‘n verwoestende spoed Rebusfontein toe en skep daar chaos.

Jumanji, ‘n spel vir die wat soek om te vind, ‘n manier om hulle wêreld te verlaat. Jy rol die steen om jou teken te skuif. Dubbels kry nog ‘n beurt. Die eerste speler om die einde te bereik wen. Op die ander kant: Avontuurlustiges pasop. Moenie begin tensy jy beplan om klaar te maak. Die opwindende gevolge van die speletjie sal eers verdwyn wanneer ‘n speler Jumanji bereik en die naam uitroep

Toortsie gooi die bord en dobbelstene sommer so in die hardloop na my kant toe, ek moet duik om dit te vang. Ek besef dat as die dobbelstene weg raak, ons vir ewig in Jumanji sal wees. Gelukkig vang ek een en Seegogga die ander een. Ons nael vir die groot boom en swerm teen die boom uit soos klomp miere. Ons is almal is so dankbaar dat ons kon weg kom van die vegtende bulle. Ek hoor net Una hier reg bo my kop kerm ” Ek het ń vreeslike groot pie pie, ek kan nie hou nie.” Virgo skree “pie pie maar ousus” Ek skree ” Nee Una, jy kan nie, ek sit reg onder jou, wil nie ń pie pie stort hê nie, knyp asseblief.” Ek neem die bord en gooi die dobbelstene op die bord, dit is ń 6 en nog ń 6. Skielik is daar ń oorverdowende gerammel, dis kompleet of die aarde oop skeur, dis een groot stof wolk.

Met die stof wat gaan lê , sien ons, ons bevind as in diep kloof, kranse troon weerskante van ons hemelhoog. In die kloof is daar baie digte bosse. Skielik gee Aalsie ń bloedstollende gil. Ons ander val amper uit die boom, ons klou aan die takke vas en loer grootoog na haar kant toe, toe rek almal se oë. Sentimeters van haar gesig af is hierdie groot gedierte se gesig, dit lyk kompleet pre histories. “Dis ń dinosaurus” fluister Positief benoud.

“Dit is ń planteter Aalsie, hy sal jou gelukkig nie eet nie”, skree Trommeltjie,” ek kan nog onthou uit my seun se fassinering met dinosaurisse. Ons is voorwaar, lyk dit my in ń dinosaurus vallei vas gevang. Ons sal net moet oppas vir die vleisetendes. Veral die T Rex en die Valosirapturs, hulle is woes gevaarlik. Weet nie of julle Jurasic park gekyk het nie?”

Skielik gil Toortsie, “Ons moet uit die boom hier is massiewe spinnekoppe, my hart sal gaan staan.” “Wie is die hoogste in die boom, kyk of julle nog enige beweging sien” gil Una. “Ek is heel bo,” sê Christa. ” Ek sien ń groot dinosauris, hy lyk woes gevasrlik, maar hy beweeg weg van ons.”

San skree skielik, ” julle hier is ñ klomp goete, soos oerdiere wat hier onder beweeg. Ons kan nie grond toe nie.” “Al genade is ons moet op die brachisaurus se rug, dis nou ons massiewe planteter by Aalsie”, sê Trommeltjies. “Nou gaan ek regtig piepie” skree Una. “Neeeeee” skree Trommelgjies en spring vir die branchisaurus se rug. “Kom julle”, Toortdie spring volgende, weg van die spinnekoppe. Nou volg die goues een na die ander. Gelukkig is haar rug groot.

Die ou T Rex skree sy onheilspellende gil daar in die verte, rilling na rilling gaan teen ons ruggrate af. As hy ons nou moet sien is ons in ons tjops. Gelukkig draai ons vriendin onder ons na die ander rigrting. Ons klou soos nete aan haar.

Onder ons is die valosurapters aan die op springteen haar, ons vriendin raak baie benoud en tel spoed op, tot ons vreugde. “Hoe gaan ons uit die penarie kom” vra Seegogga. “Ek het hier ń perkament in my hand, met ń kaart op. Op die kaart se einde is ń prentjie van ons praatstok. Ons moet by die plek probeer uit kom, hier is n waterval op die kaart. Sien een van julle ń waterval iewers?” VraTrommeltjies

“Gelukkig kan ons nie links of regs nie, net reguit vorentoe” sê Virgo C. “Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar hoe gaan ons van hierdie gedierte af kom?” vra Appeltjie. Haar woorde was nie koud nie of Frannie gil, ” Ek gly af, help!” Positief gryp dadelik Frannie se hande en Woordnoot gryp Positief vas, vir ń oomblik wapper Frannie se bene soos ń vlag in die lug, maar die goues kan saamwerk en hys Frannie op, ons almal slaak ń sug van verligting.

“Om nou terug te keer na Appeltjie se vraag, voor die amper tragedie, hoe gaan ons hier af kom?” vra Christa baie saaklik. Nou word daar ń groot dink skrum gehou, voorstelle word geopper, maar niks is haalbaar nie. Ons sit hier baie baie hoog.

Gelukkig het die ander gediertes pad gevat, anders sou ons nie wou af nie. So asof ons taksi ons gehoor het, gaan staan sy dood stil. Nou sal ons defnitief moet af as ons die waterval wil vind. “Kom ons gly teen haar stert af” sê Positief. “Kyk die groot boom het sulke bobbejaantoue wat hang, as sy nou bietjie nader kom kan ons spring en die toue gryp” waag Woordnoot dit. “Ek sit net hier, ek gly nie en ek spring nie” sê Toortsie. “Ek dink Positief se voorstel klink na die veiligste opsie.” sê Frannie en met die voeg sy die daad by die woord en gly teen die stert af, ons ander volg een vir een, Trommeltjies vat vir Toortsie om die lyf en saam saam gly hulle af, Toortsie was nou nie die gewilligste enetjie nie, sy hou haar oë bot toe en prewel ń gebedjie.

Nou moet ons dapper stapper vorentoe, eintlik sluipende. Ons weet nie wat alles in die bosse skuil nie. Gelukkig kan ons die waterval hoor en sluip op die geluid af. Ons hoor skielik ń dawerende voetval na agter, toe lê ons oop vorentoe. Ons hardloop asof in ń naelloop, sommige heelwat vinniger as ander. Hier gaan ń boom ons nou nie juis kan red nie, die waterval is ons enigste redding. Die vraag is, gaan ons dit maak?

Ek weet nie wie na my moet gooi nie, maar jy sal moet baie vinnig gooi, ek dink dis die T Rex agter ons, Woordnoot sien jy kans?

32 thoughts on “Die vallei

  1. Sjoe Trommeltjies! Ek is uitasem! Ek is ook van die stadiges. En die bangstes. En my adrenalien is duidelik te min. Maar my hart klop of hy uit my keel gaan spring. Sjoe Trommeltjies, waar het jy ons nou? 😳 Hell man, jy kan uitstekend skryf. Dankie!

    Like

    1. Adri is reg, dubbels moet2x gegooi word, maar hier het chaos gebeur voor enige een kon keer. Ons sal moet wag om te sien as die volg dame gooi. Gaan ons dalk langer hier aanbly, of hoe nou?

      Like

  2. Genade Trommeltjies, ons verstaan nie so mooi daai dialek nie, nie asof ek of Aalsie wil vra ” sê net gou weer, nie seker ek verstaan nie” vir daai T-Rex!!!! Dis briljant, maar waarskuwing sou kon help hoor, ek sweer hoor daai skree geluid wat hulle maak in my kop soos ek hol. MOVE Toortsie!!!!!!!!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s