Hierdie is ń terugblik op 21 Desember
Vanaand word daar ń heerlike piekniek beplan op Rebusfontein. Van vroeg af skarrel al die goue vroue om alles reg te kry, daar is ń tafereel van kleur geskep in die veld. Pragtige kleurvolle lappe is gedrapeer, lampies op gehang en komberse oop gesprei. Al die kos word in mandjies gepak en na die terrein gekarwei. Selfs die diere is vol opwinding. Hulle weet hier kom ń ding.
Boetman skarrel omtrent, dan roep Aalsie vir hulp, dan weer Carien, so hou dit aan. Die man is behoorlik in aanvraag, julle weet, spierkrag🙄. Daar word emmers met ys aangedra, dis Desember en warm, die drinkgoed moet koud gehou word.
Net voor sononder kom almal saam by die piekniek terrein, daar heers ń gesellige atmosfeer. Selfs al die diere vergader rustig om hul eie mense. Almal wag in groot afwagting, oë gevestig op die weste waar die ondergaande son ń tafereel van kleur skep, want daar is afwagting vir die volgende toneel om oop te vou…
Sag klink dit op “Heilig, heilig, heilig is die Heer God almagtig” en dit bou op tot ń Cresendo.
Vanaand vir die eerste keer in 800 jaar word hierdie ster gesien, die klein groepie vroue staan in verwondering. Eers nadat die ster ook in die weste verdwyn het, word daar weer gelag en gesels. Daar word kersliedere tussen deur gesing. Elkeen kan sy gunsteling lied voorstel. Trommeltjies s’n is – “O Holy night the stars are brightly shining”.
Las asb julle gunsteling in die comments aan.
Somerkersfees!Ek onthou hoe ek en my man dit vir Kersdsg met die kerkkoor ingeoefen het in 1984. Ons babaseuntjie was in ‘n pienk-en-wit Gingham drasak op die kerkbank langs my.
LikeLiked by 2 people
Wat ń lieflike foto! Trommeltjie, jammer, maar Oh, holy night is my gunsteling ook, so ons gaan dit weer moet sing.
LikeLiked by 2 people
My gunsteling is eintlik ‘n Adventslied – O kom o kom Immanuel.
LikeLiked by 2 people
Stille nag sal nooit oud raak nie. Somerkersfees is ons eie afrikalied. O holy night laat my hoendervleis kry van mooigeid. Dabkie vir ons carols
LikeLiked by 2 people
Pragtige ster, ek het dit gemis. Was erg bewolk, maar op Rebus kon ek dit sien.
LikeLiked by 2 people
Ons kon ook nie sien nie, dit het net mooi daardie tyd heerlik begin reën op Napier
LikeLiked by 2 people
Bethlehem ster o wonder lig… Hier was dit ook te bewolk om ster te sien. Dit bring nog steeds hoop.
LikeLiked by 2 people
By Bethlehem in winterkou het herders rustig waggehou…
elke kerslied is vir my mooi.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir hierdie skrywe Trommeltjies.
LikeLiked by 2 people
Ons het die ster gesien…hoendervleis mooi. O Holy night is my favorite…ek kan al die weergawes oor en oor luister
LikeLiked by 1 person
Daar is vir my geen mooier kerslied as Stille Nag nie- maar met die ou oorspronklike woorde wat n kindjie kan verstaan. Stille nag heilige nag,
alles rus
eensaam wag slegs Maria geseënde vrou by haar kindjie met Josef so trou.
Soete hemelse rus Soete hemelse rus.
LikeLike
Lief ook die lied. Simpel van my, maar soms as ek met kerstyd in ñ winkel stap en dit speel skiet my oë vol trane.
LikeLike