Vanoggend voor agt staan ek in n elle lange tou, om my paspoort te hernu. (Hy verval more). Ons skuifel bitter stadig voretoe, so by tien uur se kant begin ek deur my paspoort blaai….

download

2007 my eerste stempel en ek onthou. My tweede reis na Indonesie. Die eerste keer dat ek vir my winkel sou gaan aankope doen. Ek onthou so goed, daardie half bang, onseker, maar hiper opgewondenheid vir hierdie nuwe pad wat ek gaan loop.

So loop my gedagtes met die verskillende datum stempels saam. My eerste kuier by die kinders in Kanada in 2013. Hoe vol opwinding was ons nie om ons kinders se nuwe wereld te ontdek nie. Om ons kleindogter in ons arms toe te vou en daardie kinderlyfie warm teen ons te voel.

FB_IMG_1488449863349

Die keer toe ek in my “nie mooi dink”, bietjie vefgeet het Java en Bali is Indonesie en toe net my verblyf in Java verklaar het as my tyd in Indonesie. n Stywe boete wat ek moes betaal het, die dag toe ek Bali verlaat het.

Die keer toe my stewels nie weer wou pas toe ons in London sou land nie, ek in groot paniek naderhand sonder kouse my pof voetjies daar in gewurm het. Net om op n London terminaal te moes soek vir skoene, aangesien ek geweet het na die volgende 11 uur lange vlug ek nie weer my voetjies in daai steweltjies sal wurm nie en ek kan nie kaalvoet in mid winter die aand in Saskatoon my kinders ontmoet nie. Deur my nek betaal het vir n paar blommetjie Kath Kidson tekkies, want skoene moes ek he.

So het ek gereis so in die ry daar in die Paarl. Die nostalgie het my behoorlik beetgepak.

Nou vanaand sit ek en manlief ons opgeneemde Amazing race aan. Hier reis ek voort want hulle is in my geliefde Bali. So onthou ek aan, tussen die spanning van die deelnemers. Kort kort ruk ek n onthou uit die trommeltjie en kry n traan van verlang na die dierbare vriendelike balinese. Hulle lekker lag vir hierdie vreemde westerlinge wat so snaaks is. Dis nie n uitlag nie. Nee, net n vriendelike laggie.

Ja, so klim ek nou in my bed en hoop ek sit vannag in my drome my reis voort.

 

5 thoughts on “My dag se reis

  1. Ek is so jaloers op al die reisigers, my lewe is werk, werk, werk in so mate dat ek skuldig voel teenoor my man omdat my balans so sieklik skeef hang en hy eintlik ‘n reisiger sou wees as hy ‘n voroge lewe gehad het. My wereld is eintlik hartseer klein.

    Like

  2. Weet jy Elane, dit was genade dat ek kon reis veral Bali toe. Die kinders so ver weg is n reis so nodig, om bande te hou.
    Ek is ook nou redelik reis-loos, dis vir my nie aldag lekker nie.
    Ons reis voort voor die lekker reis programme en ek glo jou man waardeer elke druppel sweet met al jou werk.

    Like

  3. Dis darem so lekker om so n paspoort terugblaai te maak. Waarheen gaan jul volgende reis wees? Kinders toe? Ek is gelukkig bevoorreg om vanaf 2009 naby my enigste kind te kan wees. Hier is selfs uiteindelik n kleindogter ook wat alles nog lekkerder maak.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s