FB_IMG_1491914537364

Hierdie foto se alles in een figuur. Jy wil jou self so toe vou en wegsteek vir alles en almal. N wegkoes vir die eina pyle wat alles in jou kan verbrokkel.

Hoekom?

Die antwoord dink ek ken net die liewe Here. Ek weet ons leef in n gebroke wereld, ek weet Jesus se bloed was ons skoon. Glo my, ek ken Ps 139. Tog, hou ek nie van myself nie. Het ek nie self liefde nie.

Nou moet ek n sielkundige sien, se my psigiater…. Skielik ryg ons derms en nou viel ek nog goorxer oor myself. Ek moet mos nou vertel van al my foute, mis stappe en gevoelens

Kyk ek is al deur hierdie proses 13jaar gelede. Het ons derms geryg…. Ek is deur Christelike berading. Ek ken die Here en ek ken Sy woord.

Dit is net – my verlede het my nou gemaak en ek hou nie van die pad wat ek geloop het nie. Ek hou nie van my keuses nie.

Ok ek hoor jou se “live with it en kom daar oor. Reg, ek hoor jou. Hoe doen ek dit. Hoe hou ek van wie en wat ek is en geword het. Hoe raak ek lief en leer ken ek myself.

Ek lees nou die dag my vriendin se blog en ek dink –

Ek wens ek het myself geken soos jy jouself ken, ek wens ek kon hou van wie ek is, soos jy. Ek bewonder jou en is lief vir jou. Jy is verseker op n beter plek as ek.

Hier nou, het ek nie antwoirde vir myself nie, my woorde is nie daar nie.

 

8 thoughts on “Verwerping/Slegte selfbeeld

  1. Jitte, ek het nou so pas met ‘n amperse blog comment, en nou is dit weg. Ek gaan in korte dit weer probeer sê.
    Ek wonder baie keer hoekom is vrouens so hard op hulself? Is dit die media se skuld wat gedurig ons vertel hoe ons moet, of nie moet wees nie? Ek dink baiekeer het ons ‘n illusie oor onsself as vrouens. Ons kyk deur ons vriendinne se oop vensters en dan sien ons hulle perfekte lewens en vergelyk ons eie daarmee. Maar wat ons vergeet is dat ons almal het vensters, maar die vensters waardeur ons toegelaat word om te kyk, is nie al vensters wat daai einste vriendin het nie. Ons verkies om dit nie raak te sien nie. Ons straf onsself met 1 of 2 mooi oop vensters van ‘n ander, deur vir onsself te jok oor hul lewe en onsself minderwaardig te laat voel oor ons eie. Ek lees jou blog, en waar ek staan het ek ook al deur jou oop vensters geloer, en dit was baie mooi vir my. Ons vergeet dat niemand se vensters is toe vir die Here nie, Hy het ons gemaak en Hy het gesê dit is goed. Jou oop vensters is baie mooi, maar voor jou toe vensters hang daar mooi dik geweefde kantgordyne wat jy wegsteek vir mense om in te loer, en dit is jou reg want dit is privaat. Ek glo almal van ons het sulke vensters, maar ons moenie dat ons vriendinne se oop vensters ons as vrouens definieer nie – want dit is wanneer ons sleg voel oor onsself. Hierdie is ‘n laaaannng antwrd, maar ek praat uit my hart met jou want ekself het al te dikwels deur van my vriendinne se vensters geloer, en in daai proses hulle afgeskryf omdat ek gevoel het ek is nie op dieselfde vlak as hulle nie, en dus minderwaardig gevoel het daaroor. Maar ongeag wat jy nou doen en voel dit gaan ook oor deur die genade van die Here. Sterkte as jy iewers moet derms ryg, soms help dit en soms is dit rerig net nodig op ‘n gegewe tyd xx moenie minderwaardig daaroor voel nie xx

    Like

  2. Baie dankie Elane vir jou inloer en jou skrywe. Mens spartel maar soms soos n vis op droe grond rond, terwyl die water by jou is. Dis net soms is die water vir jou onbereikbaar in jou kop.
    Ek dink die derms uit ryg laat my so blootgestel voel.

    Liked by 1 person

  3. Ons voel so maklik broos, weerloos, onseker van onsself. Party dae is dit beter, ander dae moeiliker. Met ons kop verwerk ons dinge, maar in ons harte glo ons dit nie altyd nie.
    Ek het verlede jaar te doen gekry met Theophostics Prayer Ministry, nou bekend as Transformation prayer ministry. Hul benadering is net so anders. Hoe meer ek daaroor oplees, hoe meer staan ek verwonderd. Ek glo daarin lê vir ons baie oplossings. Sterkte. Baie sterkte.

    Liked by 1 person

  4. Weet jy, dis nogal hoe ek ook voel oor dinge. Daardie uitpraat en redeneer help om bietjie insig te gee. Die besluit lê ongelukkig by onsself. Ek beskryf myself bv as emosie- en gevoelloos. Net omdat ek nie my innerlike oop kan maak nie. Tog as dit by simpatie en meegevoel met ander kom kan ek wel troos al voel ek dit volgens my nie werklik nie. Weet nie of ek nou Grieks praat nie. Sterkte vir jou. Berusting en vrede maak help baie.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s