Ek stoei steeds met die swart monster. Ek is wyser maar selfs al my kennis help my nie as hy eers binne gekom het nie. Die swaar donker verander nie, net my begrip daarvan het verander en ek lees die geel ligte makliker en tog vou ek steeds met tye.

Alhoewel depressie die siekte van ons eeu genoem word, vind ek dat mense nogsteeds nie begrip het nie. Dis nog steeds by baie mense n smet ding, wil dit nie eers klassifiseer as n siekte nie. Selfs mediese fondse beperk hul betalings drasties by depressie.

(Verskoon asb die dwars fotos ek kon dit net nie gedraai kry nie)

Ek wil graag woorde aanhaal uit hierdie boek:” Because my mouth is wide with laughter you do not hear my inner cry, because my feet are gay with dancing you do not know I die” Hierdie is vir my so mooi raak beskrywing van die depressie lyer.

Ek wil hierdie boek hoogs aanbeveel. n Baie interressante ding is, dat die sktywer van die boek haar depressie reis vergelyk met Hansie en Grietjie se verhaal. Met my laaste hospitalisasie (dit was voor ek die boek onder oe gehad het), het ek ook in my skrywe my reis op hierdie verhaal geskool.

Dit is baie hartseer dat daar selfs kerke is wat teen medikasie is vir depressie en daardeur mens deur hel en terug laat loop. Selfs in die sekulere wereld is daar min begrip daarvoor. Mans sal hulle vroue vra om die middels te los aangesien dit jou libido laer maak. (Lag maar gerus, maar hierdie het ek al self gehoor by n kennis, sy moes maar haar medikasie los)

Daar is verskillende soorte depressie – omstandigheis depressie (wat n tydelike ding is). Genetiese depressie en Bipolere depressie, hierdie is albei agv n chemiese wanbalans in jou brein. Daarom is medikasie so noodsaaklik. Omdat die medici vandag nog sukkel om die brein te “pin point”, is selfs dit n “mog dit troffe” situasie. Ook agv ons metabolisme wat verander kan dit wees dat n middel werk en dan skielik is ons terug by die monster wat wil verslind.

Hierdie is n hobbel pad, ons verstaan self nie wat met ons gebeur nie, jy staan lam voor hierdie aanslae.

Ek wil vandag n beroep doen op almal wat hierdie blog lees, om ten minste hierdie boek -“Dark forest of the soul, geskryf deur Sielie Loubcher” aan te skaf en te lees, miskien n groter begrip te he vir die depressie lyers om julle.

Net nog n aanhaling uit die boek:

I cry Lord because I know all the answers from Your Word, butI have lost You. Because I am so forlorn in the dark forest. Because I can no longer feel Your hand, nor the hand of my neighbour. I am desperately in need of a hand, a hand on my shoulder. What an acute need I have for a person of flesh and blood to make an attempt at understanding something of my darkness, something of what is tormenting me. Why do You reject me, Lord, why do You withdraw Yourself from me? Why do you allow even my friends, even fellow believers to keep their distance from me?

I stand among all of you

and cry for help

I have become a brother

of jackals

a companion of owls”

45041668-monster-with-shadow-in-the-open-door

Dit n baie, baie alleen plek, n baie bang plek die donkerte van die bos. Daar sien jy nie lig nie, jy kan nie eers God sien of voel nie. Dit is net jy alleen in hierdie bang donker wereld.

Verstaan jy nou hoekom self dood die voor die hand liggende ding is vir die depressie lyer. Veral as hy/sy nie die regte hulp kry nie.

Ek staan vandag weer so broos voor die Here en se dankie dat ek vandag nog lewe, dat dit nie my grafsteen is wat opgerig is nie, nie my kinders is wat nie meer n ma het nie, nie my kleinkinders is wat nie meer n ouma het nie.

Dis genade onbeskryflik groot.

11 thoughts on “Die monster 2

  1. Eish, my p/a by die werk was nou so 3 weke heeltemal buite haarself agv die nare siekte, wat ek ook maar op die beste v tye dalk nie te goed ken nie. Sy het selfs aangebied om te bedank, ek het geweier en vir haar gesè dat ek wil hê sy moet gaan vir hulp en toe, toe keer die mediese fonds dit af en nou betaal sy deur haar nek om haar psigiater te sien en die medikasie se prys gaan ek nie eens hier noem nie. Maar ek moet vir jou sê dit is 2 verskillende mense, 3 weke terug het ek haar uitgetrap en gesê sy moet bykom sy lyk soos ‘n uitgewaste lap, ek het waaragtag nie geweet sy het depressie nie. En toe sy gister weer begin werk het, het sy soos ‘n nuwe mens gelyk. Dit is jammer dat daar so stigma aan die siekte is want dit keer dat mense empatie kan hê omdat lyers dit so diep wegsteek. Sy werk al 3 jr vir my en dit was die 1ste keer wat sy vir my gesé het sy is ‘n depressielyer. Ek was stom.

    Like

  2. Weet jy, daar was beslis n hand op my skouer wat gemaak het dat ek terug geblaai hier op jou blog. Hierdie beskrywing van jou is presies soos dit is. Ek het self ook jare lank die sielestryd met die “swart hond”. Gelukkig is ek redelik gestabiliseer as mens dit so kan noem. Ek gbruik al vir jare medikasie. Die dr wat ek hier gekry het wou my op einde van al my medikasie speen. Ek het probeer. Dit was sleg gewees. Verander van dr en die ondersteun my ten volle en het selfs saam me my my medikasie aangepas sodat dit tot my voordeel is. Nou is ek n baie sterker persoon. Kry nog terugvalle maar kan dit makliker weer regstel.
    Baie dankie dat jy dit gedeel het. Gaan sommernou kyk of ek die boek kan kry!

    Liked by 1 person

      1. Dit is uitgegee deur Christian Art publishers.In afrikaans is die titel Donkerbosverdwaal. Geen nommer nie. Se net sy is n gerigistreerde counsellor by baie depressie ondersteuningsgroepe.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s