Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan.
Vir ons, en dalk vir jou.
Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af
Ons kalendernimfe staan reg, kiste is uitgepak, kreatiwiteit het hoog gety gevier. Nou is dit tyd vir die makietie om te begin.
Trommeltjie is ń Januarie nimf, sommer net so na Nuwe Jaar gebore. Almal het ń sug van verligting geslaak, al die groot eet, cum groot feesgety is verby, maar toe is daar ń dogtertjie gebore en die fees word hervat. Die tema vir Januarie is blare. Teksture en kleure van blare het my nog altyd gefassineer.
Natuurlik is blare ook ons kook klas tema en julle sal moet uithaal en wys. Daar is weereens kaartjies en elkeen trek ń dis. Toortsie kry Basil pesto, sy kyk benoud rond. Nee, vandag sal jy moet wys of jy die wit hoed waardig is. Una trek benoud haar kaartjie, spinasieroomsop, sy val byna flou. Sunel is gelukkig sy trek ń Griekse slaai, sy het ń groot glimlag. So trek een na die ander hulle disse. Ons kook guru staan gereed om almal te hulp te snel.
Scrapy en Aalsie staan al giggelend by een tafel, ek sien sommer hier broei iets. Die volgende oomblik wip Virgo C onder die tafel uit. Sy het net haar voorskoot aan, haar stere word bedek met ń groot blaar. Sy haal daar ń paar passies uit, met die draai Scrappy en Aalsie om. Sowaar ook hulle het dieselfde uitrusing aan. Die drietjies haal daar passies uit terwyl hulle luid hande klap op een of ander oer ritme. Met die kom Toortsie agter ń bos uit gewikkel met net haar kitaar en chef hoed op. Nou dans ons almal heerlik saam om die tafel.
Die ys vir ons kook sessie is defnitief gebreek. Lag lag het hulle gou hulle klere gaan aantrek. Ons probeer hard om te fokus op die taak op hande. Ons kos guru kap met haar houtlepel op die tafel om almal se fokus terug te bring.
Ek het spinasie quiche getrek en is in my noppies, spinasie is my nr 1 groente. Ek sien baie uit om San se kale, fennel en radys slaai te proe. Seegogga moet ń wrap maak met slaaiblare (dit vorm die wrap) met vulsel. Hier gaan kreatiewe kosse gemaak word vir ons Januarie kuier tafel.
Trommeltjies se se mini spinasie quiche.
Ons almal moet vir die kuier/foto sessie blare verteenwoordig. Al het jy nou net ń blaar in jou hoed. Christa kom aan met ń regte elf blare mussie, Uns het vir haar ń blaar masker gemaak, daar is blaar hoede, blare ruikertjies, blare, blare en blare.
Die kalender foto moet gou geneem word. Januarie se Rebus nimf.
Nodeloos om te sê daar is tot ounag toe gekuier. Ons het heerlik gelag. Ons kos guru verras ons met heerlike brownies, ons smul te lekker. Die laggery raak al hoe intenser en vroliker. Op Toortsie se vraag, “Wat het brownies te doen met die blaar tema?” Gee sy net so skalkse glimlag en sê.:”Waarom dink julle is almal so vol giggels, daar is blare in die bestanddele van die brownies.” Hmmm, wat dink julle? Vrou met insig en kreatiwiteit.
Daai blaar, daai blaar, daai vyeblaar, daai blaar, daai blaar daai daggablaar…
LikeLiked by 2 people
🙉😄😄😄
LikeLike
🤣🤣🤣🤣
LikeLike
Trommeltjie, hierdie kookkospartytjie van ons het sowaar nog ń hoogtepunt bereik! Jy lyk fantasties in jou blaarnommertjie, ons fotograaf is uitstekend. En jou quiche is smullekker.
LikeLiked by 2 people
Die volgende kommentaar kry sy eie spasie. Die brownies, ek noem dit sommer groenies, dit was uit die boonste rakke! Vreemd genoeg, my hoogtevrees het die wyk gegee, ek pas sowaar bo-op die spenskas terwyl ek kareoke! Amazing!!
LikeLiked by 1 person
Wonder brownies daardie, uit die voorste gestoeltes.
LikeLike
Daai groenies! 💃💃💃
LikeLike
Het ons in ń ander lewe in gelag.
LikeLiked by 1 person
Skoonsus, jou voorskoot was voorwaar iets besonders! Soveel van detail het ek nou lanklaas gesien!
LikeLiked by 1 person
Soveel kleur!!!!
LikeLike
En dan sommer ook Scrapy en Aalsie. Presies wanneer het julle jul danspassies geoefen?🤔👏🤣👏
LikeLike
Oeeee jy sit die standaard hoog in! Uitstekend geskryf!
LikeLiked by 1 person
Die guru het jou lekker gevang chef Toortsie, met haar geheime bestznddeel🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Jajaaa 😂
LikeLiked by 1 person
Die blaartema is sommer maklik vir iemand wat maar altyd deur die blare is…
LikeLiked by 1 person
Deels hoekom dit so natuurlik kom by my Frannie
LikeLiked by 1 person
Kyk, die dans en blare het ek nodig gehad vandag, oooooooooooooooooooo, het heerlik gelag. En net besluit op Rebus het jy die lyf ook wat jy wil hê, so ek dans nou sommer weer met my blaar:)
LikeLiked by 1 person
Jy sien mos my foto, daai lyfie is to die for. Ons mag maar met ons blare dans.
LikeLike
Ek het ‘n harde dink wat voorlê vir September as die balk so hoog gestel is!! Lekker Trommeltjies!
LikeLike
Jy is kratief genoeg
LikeLike
Kreatief
LikeLike