Slaan oor na inhoud

Diep in die hart van hierdie geel bladsye versonke lê die geheim opgesluit.

Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie.  Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!

Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.

https://fresh.inlinkz.com/party/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e

Una gee vir my die boek, ek kyk en ek weet. Vandag gaan ek na paaie moet stap, waar ek nie meer wil nie. Dit was my keuse, dit was my verdriet. Ek het al geblog oor die einde van die storie, hierdie is die begin.

Sy was vyftien hy negentien, sy is st 8 en hy eerste jaar by Potch universiteit. Hulle het ontmoet deur ń gemeenskaplike vriend. Sy kamermaat en haar soort van eks. Sy was dadelik tot oor haar ore verlief, hy kon met haar maak net wat hy wou. Sy het geglo sy is so volwasse, weet alles. (Tiperend tiener). Hy het haar inspireer om gedigte te skryf, om drome te droom oor hulle. Hy het vir haar die mooiste briewe geskryf. Ek moet byvoeg sy was ń bedorwe brokkie, wat redelik sover dit vir haar ouers (al ouer in jare, sy was ń laatlam) moontlik was het sy alles gekry. Hulle het haar toegelaat om op daardie jong ouderdom met hierdie meer ervare man uit te gaan.

Seks was baie gou deel van hulle verhouding, oral waar hulle ń kans kon kry. Sy het om een of ander bizarre rede geglo sy sal nooit eendag kan kinders he nie. So, geen bekommernis, geen voorkomende maatreëls. Sy het hom in sy klere, haar klere geruik en met blink oë drome oor hom gedroom.

Na maande van bliss, het daar ń speek in die wiel gekom, maar hulle het opgemaak daarna, stomend. Haar ma het hulle die volgende oggend in sy bed gekry. Dit was havoc. Daardie dag in Januarie het sy, sy rooi Volla sien uit ry en min geweet dit is die einde van ń verhouding, maar ook van twee onbesorgde jongmense.

Sy was in haar st9 jaar, in Februarie moes sy ingaan vir ń nood apendisektomie, nie lank daarna nie het sy besef hier is fout. Sy het haar beste vriendin in haar vertroue geneem, dat sy vermoed sy is swanger. Hulle het onder die dekmantel van ń kuier by haar ń afspraak by die dokter gemaak. Die uitslag, juffrou is dat jy so tien weke swznger is. Die kaartehuis het op haar ingestort, sy het geweet met die een sal niemand haar kastaiings uit die vuur kan krap nie. Soos hulle sê: ” now you have to face the music”.

Sy was ń skrander kind op skool en haar ouers het groot drome vir haar gehad. Sy het groot drome vir haarself gehad. Nou moes sy haar ouers se drome verpletter deur hulle te vertel sy is swanger. Sy geglo as hy hoor sy is swanger sal hulle trou en die baba groot maak. Dit het dit effe makliker gemaak om hulle te vertel. Hulle was diep bedroef, maar het haar nie verwerp nie. Hulle was positief saam met haar. Per slot van rekening was hulle lief vir die jongman.

Sy het hom gebel en vertel dat sy swanger is. Hy was baie ontwykend tydens die gesprek. Vertel hy het opgeskop en begin werk en is baie besig en so voorts. Sy was hartseer, maar het steeds gehoop. Van die begin af het sy en haar ouers besluit om die baba te hou, daar was geen twyfel nie.

Haar pa het besluit hulle moet prokureur toe gaan en hom te daag vir vaderskap en onderhoud. Finaal het haar kaartehuis ineen getuimel toe hy vadesrskap ontken. In slegs ñ paar maande moes sy skool verlaat, haar ouers mee deel dat sy swanger is, hulle harte breek, nou hierdie finale slag. Geen wonder sy het kort daarna siek geword nie, sy het erge nierpypontsteking gekry. Haar wereldjie het gekantel, maar sy kon hierdie klein lewetjie in haar voel groei en dit was kosbaar, dit was haar alles.

Haar datum was einde September. In Julie daardie jaar kom hulle dominee op huis bedoek en kom dien die finale slag toe. Hy het in kort gestel gesê, dat as sy nie na ń tehuis vir ongehude moeders gaan en die baba laat aanneem nie, sal hy sorg dat did baba na geboorte van haar weg geneem word. Sy was minderjarig en haar ouers pensionarisse, daar was volgens hom geen manier dat hulle vir die baba kon sorg nie. Die seerste seer was toe haar pa hom by die dominee skaar. Sy was ontroosbaar. Voor sy kon kop bo water kry is sy gevat na ñ tehuis in Yeoville. Eintlik het die ou dominee en sy vrou haar en haar ma oordonder en ingeprop in die kar. Die ou vrou was nog kastig moeg en moes lê in die kar. Die ou tweetjies op die agter sitplek was letterlik op gebondel.

Hierdie is ń moeilike skrywe, ek kan nie detail skryf nie dis net te seer. Dit is die eerste keer in jare dat ek die pad van hierdie tiener meisie stap.

Op 21 September is ń klein seuntjie gebore. Sy het hom 7 dae as haar eie gehad, sy het elke gelaatstrek ingedrink, om 7 dae later in die hof te staan en met haar hand in die lug, te sê: “so help my God”, dat sy hom afteken. Finaal en klaar het sy daar uit gestap, leeg en seer. By die tuiskoms het daar ń kassie babaklere in haar kamer gestaan, dit was hartverskeurend om daardie kleertjies vas te hou. In die maande voor die dominee se besoek het hulle kleertjies bymekaar gemaak, want baba sou bly. Nou? Net leegheid.

Hier het ń nuwe seer pad begin, ń hunkering wat nooit weg gaan nie. Oë wat oral soek. Sy het gedroom oor hierdie klein seuntjie, drome gedroom oor hom. Daar was ook ń bitterheid in haar teen die dominee en die kerk, ook haar pa. Sy het nie kans gesien om terug te gaan skool toe nie. Sy het besluit om daardie Januarie te begin verpleeg. Sy het in die verpleegsters tehuis gebly en gou vriende gemaak. Ongelukkig nie die regte vriende nie, daar het ñ roller coaster tyd gekom van partytjies, drank ens. Sy wou niks van die kerk en die Here weet nie. Haar seer was diep en die leegheid in haar het weer galm deur haar.

Daar het weer vrede gekom, sy het weer by die Here uitgekom, sy het getrou en twee kinders gehad. Klein Jaun-Pierre se plek was altyd ń leë pyn in haar. Sy het 28 jaar later weer haar seun kon vashou. Genade onbeskryflik groot. Lees hieroor byhttps://balijatiblog.wordpress.com/2017/04/20/n-nuwe-begin/

25 thoughts on “Woestynpad

    1. Toortsie, jy moet onthou, in die klein dorpies, daardie jare, het die dominee en die kerk alles beheer. Veral ongehude mas was ń skande vir die gemeenskap. Haar ouers was reeds afgetree en nie finansiël sterk nie. Ek dink hulle was dankbaar toe die dominee inkom en net oorneem en besluite namens hulle neem.

      Liked by 1 person

  1. So jonk en so totaal onvoorbereid op die grootmenslewe. Jou pad was moeilik, my liefste vriendin, en daar was baie seer. Ek is net SO dankbaar dat jy later deel van my lewe geword het.

    Liked by 1 person

  2. Sjoe, Trommeltjies, wat ‘n onbeskryflike hartseer. Dit moes hemels gewees het om jou kind weer te soen, ek gaan nou lees, Dankie vir die deel, mens weet nooit watter pyn ander in hulle ronddra nie. Mag jy geseënd wees.

    Like

  3. Die ds van saardie tyd het net geglo in sensuur. Maar aan die ander kant is daar egpare wat bid vir n baba om aan te neem. Hoop hy was in n liefdevolle huis. Ek lees raak dat jy hom weer kon vashou. Wat n voorreg.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s