20170420_103648

Hierdie was my foto wat ek die dag by die maatskaplike werker se kantoor, saam met my eerste brief ontvang het.

Ek het hierdie foto sovele kere bekyk en elke gelaatstrek ingedrink. Sy pa se lippe, n fenominale trek na sy klein boet. Defnitiewe familie trekke. Wouw, dit is net ongelooflik. Na al die jare van wonder, kyk ek na my antwoord. My seun.

Ek het hom Jaun-Pierre genoem, die J het behoue gebly. Hy is Jacob geregistreer deur sy ouers.

Hier het nou n nuwe seisoen aangebreek en ek het besef dis n baie fyn breekbare seisoen. Ons ken mekaar nie. Sy ouers is van Nederlandse afkoms, so sy opvoeding kom uit n ander kultuur.

Hy het n jonger suster, wat ook aangeneem is.

Ons het geskryf, fotos uitgeruil. My seun het net besluit, die proses neem te lank en uit sy eie speurwerk begin doen. Hulle het n seldsame van gehad, kom an die Wesrand, uit sy skrywe kon ons af lui watse besigheid sy pa het ens.

Op n dag kom hy by die huis aan en se, hy het sy broer opgespoor telefonies en n gesprek met hom gehad. Die papier met sy nommer na my uit gehou. Ek was verstom, het na die nommer gestaar en gestaar, my hart het gebokspring en daar was n hol, naar kol op my maag. Ek wou so graag bel, maar was so verskriklik bang. Ek het op en af in my kamer geloop, met my selfoon en die nommer in my hand. Ek het gebid en gebid en gebid. Na n lang ruk het ek die nommer geskakel, my bewende hande het die foon vasgeklem, my keel wou toe trek. Toe antwoord hy…..

Sy stem klink soos my seun s’n, dit stem my rustiger. Ons praat!!!!!!!!!!

Daarna was daar n hele paar oproepe heen en weer.

Ek besluit om vir my vriendin in Harties te gaan kuier. Hulle deel in my vreugde, veral haar moeder is in ekstase oor hierdie verhaal wat ontvou in my vertel. Ek dra hierdie verhaal op aan tannie Maizie. Jy wou so graag gehad het, ek moet hierdie neer griffel, jy was so n verhale mens.

Terwyl ek daar is bel ek vir Jaap, so word hy genoem, ek noem dat ek in meer bereikbare afstand besoek afle en as hy wil kan ons mekaar ontmoet. Net as hy wil, vieg ek by, ewe ordentlik. My hele binneste roep uit: “asb, asb, asb se ja!!!!!!!” Hy noem dat dit sy pa se verjaardag is, maar hy sal plan maak en terug bel.

Die tyd tot sy volgende oproep was hoogspanningsdrade in my. Gelukkig was dit positief en ons reel n tyd en plek.

Daardie oggend kry tannie Maizie my ineengekrimp lang die bed. Ek voel siek van n bang opgewondenheid. Ek wil lag en huil deurmekaar. Ek bid baie. Voel so ontsettend kwesbaar.

Later die oggend gaan laai sy my by die sweefspoor by Harties af. Daar staan net een viertuig, n blou bakkie. n Jongman klim uit. My hart……!!!! Ons staan voir mekaar, al wat ek uitkry is “Kan ek jou asb vashou”

Tannie Maizie vertel, na daardie vashou het sy weg getrek en die hele pad huistoe gehuil.

Ons het teenoor mekaar by n taeltjie gaan sit en begin gesels. Dit was n koel dag in Oktober en op n stadium het sy lip blouerig begin bewe, net soos my seun s’n. Ek het besef hoe ongelooflik ons gene is. Ons het later naO’Hagans gegaan en aaneenlopend gesels. Ons het oor alles uit die verlede gepraat oop en eerlik. Nog later is ons terug na Una se huis. Ons het op die stoep gesit en kuier. Daar was soveel om te se, soveel wat ek wou weet. Ek moes hom nou as mens leer ken.

20170420_103749.jpg

Hierdie foto is deur Janet geneem, daardie middag op die stoep.

10 thoughts on “n Nuwe begin

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s