Na my skrywe “afskeid”, besef ek hierdie kan ek nie net so los nie. Die storie eindig nie daar nie.

Jare se hunkering en “met oe soekende” na daardie klein babatjie, wat n kleuter, peuter, kind, tiener…. geword het. Altyd wonder jy, bou jy drome…..

Jyself is intussen getroud (met pa van afgee baba) en julle het 2 kinders. N seun en n dogter. Gelukkige gesinnetjie. Tog knaag die verlang aan jou.

As die Aug winde stof wolke opwaai en die dooie grasse en blare dwarrels maak, is dit tiperend van my gemoed. September se nuwe lewe het my hart laat ween. Ek het geweet iewers is daar n mensie wat sy verjaardag vier.

Tot een dag, toe het leeuemoed in my kom nestel ek ek het bezluit, hy is nou al na agtien, ek gaan hom soek!!

Dis nie n maklike proses nie, maar aangesien ek so twee keer vir die maatskaplike werkster, wat met sy aanneme gewerk het, geskryf het, het ek n beginpunt gehad. Ek is na Magdalena huis vir ongehude moeders, hier in die Kaap en het daar op afspraak n maatskaplike werkster gesien.

Daar is verduidelik dat hierdie n proses is wat gevolg moet word.

1. Hulle begin hom soek, sou hulle hom opspoor, sal dit sy en sy ouers se keuse wees om kontak te maak of nie.

2. As dit dan n positief is, mag hy vir my skryf, waarin geen adresse of telefoonnommers mag wees nie. Daar mag n foto wees. So sal daar n tyd lank net op hierdie wyse gekorrespondeer word. Totdat daar deur die maatskaplike werker besluit word dat ons na die volgende stap kan gaan.

3. Telefoinoproep. As dit goed gaan, meer gezprekke. Dan

4. Kontak. Op die wyse wat deur hom en sy ouers gekies word.

Daar is ook gewaarsku dat hierdie n baie seer proses kan wees, want jy en hy het nie n idee wat om te verwag nie. Jou idee en drome is idillies, maar dit kan n nagmerrie word.

Daar is twee afsonderlike gesinne betrokke, wat niks van mekaar af weet nie.

Nou die wag. En wag. En wag!

Op n dag kom die oproep, hy is opgespoor en daar is n brief vir my. Dis nie al nie, daar is n foto. My hart, my dierbre hart wou uit my keel spring. Ek sou daarheen kon vlieg. Weereens protokol – daar is n afspraak gemaak.

Op n dag staan ek met n foto in my hand, terwyl my trane my so verblind dat ek nie kan sien nie. Deur die waas sien ek my kind, na soveel jare en hy lyk na sy boetie en pa.

20170412_154527

Hierdie is n foto wat sy aanneem ma later vir my gestuur het.

Nou begin n nuwe verhaal.

7 thoughts on “Na die afskeid

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s