Ek het n kleintjie dood aan die sillabus in Afrikaanse taal in skole. Die kinders leer geen idiome of slagspreuke nie. Praat jy een kyk hulle, die jonges jou met glasige dom oe aan en dink jy praat oerdinge. Ek wil hulle skud en se, dat daardie gee juis kleur aan ons taal.

Dit was vir my skokkend met my saam werk met die jonges in my winkel. Ek het baie hard gewerk daaraan om hulle op te voed.

In my laerskool dae in Westdene, Johannesburg het ons hoof mnr Venter elke week ten minste drie slagspreuke vir die hele skool geleer oor die interkom. Is ek darem so bly vir hierdie slim man. Ons taal het kleur gekry.

Met ons kom na die Kaap was die kaapse kleurlinge se kleurvolle taal musiek in my ore. So jammer so baie van hulle het skaam geraak vir hierdie mooi taal en begin verengels.

Groot was my vreugde toe ek nou die dag op Die groot ontbyt hierdie boek raak sien.

9781776092154 - Wolf in skaapsklere

Kobus Gallaway wat Idees vol vrees deel gemaak het van afrikaans het hierdie briljante boek geskryf/teken. Met prentjies leer hy weer ons kinders idiome. Ek moet byvoeg, nie net kinders nie, baie volwassenes ook. Ek dink dis n moet koop boek. Kom ons leer wwer ons taal se kleur.

My Kanada kleindogter, na aanleiding van my vertel op skype van die boek, het n nuwe idioom geleer vertel pappa. Vea haar, se sy so mooi met haar erge Kanadese aksent -: “Ons is voor in die koor” Dit het sommer my hart verbly. Hierdie boek gaan nog defnitief Kanada toe reis.

18 thoughts on “Ons taal

  1. Dit is so, idiome gee kleur aan ‘n taal, maar dit is eintlik ook verstaanbaar dat die jongspan nie meer die ouer idiome verstaan nie. Ek het op ‘n dag hier afgehaak en gesê “dit gaan klopdisselboom” en dit het nogal ‘n verduideliking gekos, want my kinders dra geen kennis van ‘n wa se disselboom nie (ek ook nie, maar ek ken darem die verband). As hierdie boekie die oorsprong van die idioom verduidelik, met prentjies, sal ek ook dink dis ‘n goeie kopie.

    Like

  2. Daar is niks wat meer seer maak vir ons ouer geslag nie, as woorde en idees in ons taal wat uitsterf nie. Ons moet maar die skole se werk vir hulle doen en seker maak dat liefde en dieptes van ons pragtige taal nooit sterf nie.

    Like

  3. Ou idiome sal later vanself ‘in onbruoik verval’.Ek glo ook die kinders moet dit steeds leer, maar nuwes moet bygevoeg worf. Kyk net hoe ryk is die ouer tale aan uitdrukkings en idiome.

    Like

      1. Ek sou graag wou sien dat jy hierdie blogpos op InLinkz moet skakel as deel van ons uitdagingsreeks vir hierdie week sodat almal daarvandaan ook kan lees. Dit was so ‘n goeie keuse vir ‘n onderwerp waarin mense werklik sal belangstel dat ek dit nie kon laat verbygaan nie. Sal jy dit vir ons doen?

        Like

Lewer kommentaar