Vanaand loop my gedagtes ver paaie en kom by hierdie verhaal wat ek met julle wil deel, van die vrou….

Selfs van tienerdae het sy hierdie geveg in haar gehad oor gewig. Sy was altyd in haar oe te vet en lelik. Tog was daar tye wat sy goed gevoel het oor haarself, maar altyd bietjie minderwaardig teenoor al die meisies, later vroue om haar.

In haar veertiger jare ontwikkel sy n probleem en word geopereer. Daarna het sy n probleem met eet en verloor gewig. Skielik is sy vir haarself baie sexy en mooi. Sy kry oral komplimente en kan al die klere aantrek wat sy nooit kon nie.

Op n dag besluit sy om die raad van seksioloe en beraders te volg en haar man te verlei. ( aangesien hul sex lewe feitlik nul is) sy trek haar klere uit en maak n paar sexy danspassies voir hom, waar hy op die bed le, hy kyk op en se:”Jy is darem nou net n sak bene”. As hy haar n vuishou toegedien het sou dit genadig gewees het. Dit was die seerste seer wat sy gekry het, het ineengekrimp voir daardie woorde en stil aangetrek en gaan slaap

Daardie hou het egter n diep gaping in haar gelaat. Sy is die volgende dag werk toe en weereens het die komplimente vir haar salfies aan die wond gesmeer en toe wird dit meer. Dit het iets in haar laat ontbrand, vurig en heerlik. Meer en meer.

Op n dag het hierdie fisies geword en die euforie daarvan het haar mee gevoer in n stroom van ekstase tot diepe verdriet. Sy het hierdie innerlike stryd met haarself gevoer tussen reg en verkeerd. Sy het geweet sy kan nie hiermee voort gaan en die Here dien nie, maar sy kon nie laar los nie. Die adrenalien wat deur haar are gebruis het, die heerlike ekstatiese gevoel van genoegdoening het haar bedwelm.

Tot op n dag, dat sy besef het sy gaan nooit kan losbreek uit hiedie verkeerde band as sy nie openlik haar sonde bely nie. Die woord leer ons dat dit wat in die duister gebeur moet na die lig kom om genesing te bring.

Sy het al haar moed bymekaar geskraap en besluit dit is wat sy moet doen, terwyl alles in haar na die duister gesmag het. Die vervulling, aanvaarding en liefde. Sy het gaan bely, by sy vrou en haar man. Dit was hel en so bevrydend.

Dit was n swaar lang pad van daar af vir haar, sy moes die gevolge van hasr dade dra en moes betaal, alhoewel sy geweet het God het haar vergewe.

Julle suen ons dink as ons by God vergifnis gekry het is alles verby. Die bevryding van Sy vergifnis is daar maar jy gaan nog steeds in hierdie wereld die prys vir jou verkeerde dade betaal.

Nou wonder ek, as julle hierdie verhaal gehoor het, hoeveel van julle het met die lees hiervan, reeds die klip opgetel om te stenig.

14 thoughts on “Die vrou

  1. Ek dink die meeste mense wat hier lees, sal baie simpatie met daardie vrou hê. Hoeveel mense op hierdie aarde sal vir liefde en vriendelikheid kan nee sê ter wille van ‘n beledigende eggenoot? Nie veel nie, dink ek.

    Like

  2. Ek kry haar jammer dat sy ontspoor het; ek bewonder haar dat sy die moed bymekaargeskraap het om haar waarheid te ontbloot. Ja, sy dra die gevolge van haar keuses, maar God is genadig en as sy Hom toelaat, kan Hy die diep seer wat sy al van haar kinderdae af dra, genees. Dán kan sy voluit leef as heel vrou en haar mooiheid uitstraal.

    Liked by 1 person

  3. Sjoe, wat ‘n wonderlike verhaal van genesing en bevryding! Die feit is dat een van die mens se grootste behoeftes is aanvaarding en om menswaardig te voel. En om te moet wegdraai daarvan af as dit nou skielik binne jou bereik is, is seker die moeilikste ding wat mens kan doen! Ek het soveel respek vir iemand wat dit regkry om ter wille van haar eie bevryding en haar verhouding met haar Skepper, nie net bely nie, maar die band finaal kan breek van dit wat haar vasgehou het, EN dan nog bereid is om die gevolge daarvan te dra. So ‘n persoon is wérklik vry. So ‘n persoon kan werklik getuig van hoe ‘n genadepad lyk! En gelukkig kan ons aan God se beloftes vashou dat alles ten goede sal uitwerk! Mense wat klippe gooi, het nog nie die pad gestap van genade in bevryding nie. Hulle sal nog die harde lesse leer ….

    Like

    1. Hierdie was in werklikheid ook n wegdraai van die Here om die sondepad te kan loop. Dan ook weer die terugdraai na Hom toe met die wegdraai van die sondepad af. Die wonderlikste is, net soos met die verlore seun, het Hy gewag met ope arms.

      Liked by 1 person

  4. Woorde uit die lied van Don Francisco “I’ll never let go of your hand”

    I know what you’ve been hearing I’ve seen you hide your fear
    Embarrased by your weaknesses Afraid to let Me near

    I wish you knew how much I long For you to understand
    No matter what may happen, child I’ll never let go of your hand

    I know you’ve been forsaken By all you’ve known before
    When you’ve failed their expectations They frown and close the door

    But even though your heart itself Should lose the will to stand
    No matter what may happen, child I’ll never let go of your hand

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s