Daardie dag 4 jaar terug toe my dogter vir my n foto stuur van n uitslag op haar bene, het ek nie besef hierdie is n begin van n malse rondomtalie tyd in ons lewe. Daar is niks wat n ouer so kan gooi as wanneer jou kind siek is nie.

Teen die tyd dat sy by my uitgekom het was daar groit rooi blertse op haar bene, haar gewrigte het geswel en was baie seer. Ons is dadelik dokter toe en sommer direk daarna na n vel spesialis.

Haar diagnose was vaag, dis moeilik om dit klink klaar te diagnoseer. Sy het vermoed, dit kan derma myositis wees. n Outu immuun siekte. Sy is verwys na n Internis en Neuroloog. Sy is deur baie pynlike toetse, sonder antwoorde.

Oplaas is sy opgeneem in die hospitaal en n biopsie is gedoen. Tydens daardie episode sit ek in Kanada. Ek was magteloos om te help. Haar dogtertjie was nog nie eers 2 jaar nie.

Nou het n pad van medikasie begin – Kortisoon ens. Hierdie medikasie het alles weer n skadelike, slegte effek op jou liggaam.

As sy midde in n flair is raak dit so erg dat sy soos n ou tannietjie skuifel loop, sy kan nie haar hande behoorlik gebruik nie. Dit wil se: Sy kan nie kar bestuur nie, kan nie bottels oopdraai en soms krane nie. Sy kan nie van haar hurke af opstaan nie. So baie kan nie’s. Die moegheid verlaat haar nooit. Selfs in goeie tye bly die moegheid daar.

Ons paadjie stap ons met op en af tye. Dit breek my hart flenters om haar so te sien. My huil sit heeltyd daar, maar ek moet sterk wees voor haar. Dit is n magtelose pad, jy kan bid, jy kan glo, jy kan hoop……

Sy het intussen by n Rheumatoloog uit gekom. Sy is toe eers werklik gediagnoseer, met Lupus en Dermamyositis. Auto immuunsiektes is meer hulle veld. Daar is goeie tye, waarin sy kan aangaan met vrou wees en ma wees.

Deur die genade het dit so goed gegaan dat haar Rheumatoloog en Ginekoloog besluit het dat sy kan probeer swanger raak. Wat ook n wonderwerk insigself was. Hulle het swanger geraak en alles het wonderlik gegaan. Hulle het haar op n baie lae dosis medikasie geplaas. Hierdie was in werklikheid baie riskant. Sou sy n flair kry tydens swangerskap, sou sy die baba verloor.

Die Here het haar en Emma vas gehou en die pragtige dogtertjie is gebore. Sy kon selfs vir agt maande borsvoed voir die volgende flair gekom het.

2016-02-26 18.33.54

Sy moes daarna elke ses weke gaan vir infusie by die hospitaal wat sowat 14 ure geduur het. Daar was newe effekte vir die eerste plus minus twee dae, dan het dit beter gegaan tot kort voor sy weer moes gaan.

n Paar maande terug het haar dokter die blye tyding gebring sy is in remissie. Ons het gejuig.

So twee weke terug het haar hande weer rooier en seerder geword, haar kopvel uitgeslaan….. Die begin van n flair. Haar spiere het verlede Donderdag begin seer word…. ons is midde in n nuwe flair.

Ek vertel hierdie om vir julle te se: Ek het die dapperste, winderlikste dogter. Sy werk voltyds, het nog tussen deur aan haar doktoraal gewerk ( dis nou eers bietjie opsy geplaas). Sy is mamma van twee pragtige dogtertjies, waar niks vir haar te veel is aangaande hulle nie. Sy is vrou vir haar man. Buiten dit strek sy altyd n helpende hand uit na haar naaste. Sy het intussen haar eie praktyk begin. Nooit sal jy se sy dra hierdie kruis nie. Sy kla bitter min. Ek haal my hoed af vir hierdie wonderlike vrou, wat my dogter is.

Ek bid vir heling, ek bid vir haar vir krag en ek loof die Here dat ek haar ma mag wees.

Hierdie onderstaande gediggie was op die Lupus awareness se facebook blad. Ek deel dit met julle.

Screenshot_2017-06-01-13-17-34

9 thoughts on “My kind

    1. Daardie kleine mensie is so kosbaar en dierbaar. Ons is so dankbaar dat sy deel is van ons lewe. Al sal sy moee mamma wakker hou met “ons lees nou, waar is my lees” 3uur in die oggend.

      Like

  1. Ek is jammer om te hoor dat jou dogter sulke gesondheidsprobleme het. Jy kan met reg trots wees oor die manier waarop sy dit hanteer. Die kleintjie is pragtig. Voorspoed vir almal van julle.

    Like

Lewer kommentaar