1. 20180608_184835

Ek het vandat ek hier gekom het na die padjie teen die berg op gekyk en besluit, jou gaan ek stap.

Hier is ń Husky genaamd Zola deel van die huishouding. My seun praat my vreeslik bang, dat ek nie alleen met haar kan stap nie en bla, bla, bla…. So neem ek vir Zola vir kort toets stappe en dit gaan baie goed, wê wil ek vir hom sê.

Verlede week besluit ek, vandag is die dag dat ek en Zola vir die eerste keer alleen die berg gaan aandurf. Van onder af lyk dit glad nie so steil en so hoog nie. Al huffende en puffende pak ons die hoogtes aan. Daar is geweldig los klippe, so jy moet versigtig trap anders gly jy af. Die uitsig was asemrowend mooi.

 

Gelukkig het ek water saam geneem want dit was warm en daar is geen bome nie. (Karoo). Dit was ń heerlike uitdagende stap en Zola het stroop soet gestap.

Nou ja, die af kom slag was ń ander storie, sien, die los klippe😱. Ons is so skuifel skuifel na benede, hier en daar gly gly en daar is mos nou nie ń boom om aan te gryp nie.

So 300m van onder af, gebeur dit toe. My voet gly, ek kry effe momentum en Zola besluit, Yeah ons gaan draf. Dis toe dat ek neer ploeg na benede. My skouer tref eerste die grond en my wind is skoon uit. Ek bly lê net so lê in die stof, baie stadig kom ek in sittende posisie. Dit voel darem nie of iets gebreek is nie. My knieë is ene bloed, my skouer se bloed drup op die grond.

Ek is op my voete en hinkende, skuifelend gaan ons na benede. Dis nou wat ek weet, die psalmis skryf waar. Vandag is my hulp van die Here alleen. Dis nog so 1km van die berg af huis toe. Ek is van my kroontjie tot my toontjie met stof bedek.

By die huis met die inloop slag is my woorde – “julle mag vandag net nie lag nie”.

Nou besit ek ń stukkie berg, met my bloed gekoop.

10 thoughts on “Die dag van die berg

  1. Trommeltjie, grond in die oorsese lande is peperduur vir ons. Jy het iets vir die nageslag om te erf, al is dit hoe gering.😉💖 Ek glo jou wonde en ego het mooi herstel. Plaas bietjie ń naby foto van die husky. Dis seker hul wêreld daardie?

    Like

Lewer kommentaar