Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.
Ek is so opgewonde, moet dadelik die regte mense kontak by NASA, ons kort ń vaartuig, ruimte tuig, ruimte skip, wat jy dit ook al wil noem. Soos dit gaan met die Goue vroue, hul drome is verder as die sterre, enige iets is moontlik. Hierdie gaan ń epiese ervaring wees, ons is oppad na ń nuwe planeet
Bon voyage dames, kom klim in. Het elkeen sy ruimtepakkie aan, sit op julle helmets en konnekteer julle pypies. Neem sitplekke in en gordel vas. Is almal hier? Ons hoor ń vreeslikste gille en hier kom Aalsie en Seegogga aan gestorm, hulle het oponthoud gehad en ampertjies die rit gemis, hulle sak neer op hul sitplekke, skoon uitasem. Almal aan boord, sluit die luike. Hier begin die aftelling 10, 9, 8, 7, 6, 5, 4, 3, 2, 1 and lift off, kom die stem oor die radio. Ons word teen die sitplekke vas gedruk as gevolg van die opstygspoed. Toortsie is skoon stil, sit met pieringoë na buite en staar. Sy gee so ń hyg en kry dit uit gestotter “E-e-e-k-k s-s-i-e-n d-d-d-ie aarde!!” Ons is sprakeloos, dis een ding om die aarde op ń ruimte program te sien en totaal anders om dit werklik te sien. “Dit is groots” fluister Christa.
Met die aan gaan van die groen lig kan ons ontkoppel, nou het almal hul asems terug en word daar allerhande toertjies uitgehaal in die lug, sonder swaartekrag is ons in staat om soos wafferse gimnaste rond te tol. Ons skaterlag toe Una en Woordnoot in mekasr vas tuimel en op die grond land. “Hierdie is vet pret, nooit gedink dit sal soveel pret wees in die ruimte nie” kom dit droog van San. “Hi, kyk julle ek kan ń handstand doen, en sommer bo op die stoelleuning, ek is ń veertjie” gil lag Seegogga.Na ń tyd raak dit kalmer en staan ons voor die groot venster in die tuig se beheerkamer. Dit raak stil, hier word nou diep gedink en waar geneem. ” Julle dis epies”, fluister Ekmyself. ” Ek voel so klein teenoor die grootsheid van die skepping en my Skepper”

Skielik gaan daar ń alarm af, liggies flits. Skoon benoud staar ons na mekaar, alle lawwighede vergete. “Julle een van die koppelings buite die tuig het los gegaan, ons sal dit moet herstel, anders gazn ons baie vzn ons water verloor. Hierdie vra vir ń ruimtewandeling, wie is ons meganiese vrou? Miskien Positief, sy moet mos daar op die plaas allerlei dinge kan heelmaak.” sê Trommeltjies. “Ek sal saam met haar gaan, dis die reël, nooit alleen nie.” Ons kry ons gereedskap reg, klim in ons buite ruimtepakke. Ons mae is vol vlinders, hierdie is nou ń groot storie. Sonelle en Woordnoot sal die beheerkamer beman. Aalsie en Appeltjie sal ons help by die luike. Die kalf is in die put en ons moet gaan red wat daar te redde is. Met baie groot versigtigheid klim ons teen die tuig se buitekant op, Woordnoot en Sonelle lei ons met hulle stem bevele na die regte plek. Positief sien sommer gou die fout raak en met ons dubbel vroue krag vervang ons die klep. Trommeltjies gee ń benoude gil toe Positief se voet gly en sy vir ń oomblik net aan haar lewenslyn hang, swewend in die ruimte. Gelukkig kan sy haarself weer nader trek na die tuig toe. Genoeg is genoeg besluit ons en skarrel so vinnig ons kan terug na veiligheid.

Die nagte in die ruimte is ń onvergeetlike gesig, ons klink ń ou sappie ( In die afwesigheid van ń rooietjie) en eet ons onsmaaklike kos voor die groot venster en tuur na die sterreprag. Virgo C sug diep, ” hoe verlang ek nie nou na “die nefies” en ń ou skaaptjoppie van die Karoo nie”. Una gooi haar met ń boek op die been,” sal jy stilbly sus, jy maak slapende honde wakker, net nou kwyl ons almal”, almal bars uit van die lag.

Alle grappies op ń stokkie sê Christa, ” Julle weet more is die groot dag waarin ons op planeet Zepherin moet land en gaan verkenning doen. Is julle reg om die onbekende in te gaan?” Ekmyself en San het julle ons tuig nagegaan en gesorg dat die batterye gelaai is?” Seegogga, jy, Toortsie, Una, Aalsie en Trommeljies is in d ie voorste tuig. Sonelle en Woordnoot julle is ons kenners by die beheerkamer. Appeltjie, Ekmyself, Kameel en Virgo C is in die tweede tuig” deel Christa bevele uit. “Ons ander bly in die tuig saam met Woordnoot en Sonelle.”
Die nag word daar min geslaap, ons is versigtig optimisties maar ook bietjie bang. Sê nou daar is Aliens, of drakerige goed of mensvretende plante. Ons kyk uit die volgende dag om een yskoue verysde planeet te sien nader kom. Dit lyk koud en leeg en onheispellend. Vir ń oomblik is die goue vroue stil. Ons het geland. Dan word daar in aller yl gereed gemaak vir die groot verkenning.
Una sal jy verder vertel asseblief.