Oppela

Ken julle oppela? Dit beteken my wiele is pap, ek is op oorlewings meganisme, ek is op auto mode. Dis ek.

Hierdie laaste tyd het die lewe ń paar balle na my kant toe gegooi wat ek gesukkel het om in did lug te hou, so nou gaan ons oor na oorlewings meganisme. Jy staan op en hanteer elke bal wat na jou kant gegooi word. Jy dink nie te ver vooruit nie, want dit help nie. Jy moet hier en nou hanteer soos dinge verander. Niks is uitgemaak of konstant nie.

My dogter is deur 21 dae hospitalisasie, waar tydens dit kronies verander het, sy is ontslaan en ons is nou in week 3, sy kan nog nie bestuur nie. Sukkel met dubbel visie en ń dom been, wat pyn en vol prikkels is. Ouma se taksi werk oortyd, ouma wat nie ń kok is nie, kook etes vie 2 families, ouma is ń laundromat vir 2 families.

Tussen in is my man met ń af achilles tendon wat geopereer moet word. Nr 1 gebruik hy disprin kardio en operasie word uitgestel, toe byt ń spinnekop die dr, operasie uitgestel vir 2 weke. In die tyd val die man, ń gat in die elmboog en dit raak septies, operasie uitgestel. Ek ruil verbande, ontsmet en sit salwe op. Operasie uitgestel vir 2 weke. Nou uiteindelik kan operasie gedoen word.

Nou is operasie agter die rug, nog ń komplikasie of twee word ingegooi. Man is tuis en nou lê 2 weke van geen gewig op voet en 90% vd tyd bedrus. Man is groot, krukke ń probleem.

Dis waar ek nou is. Tussen man se versorging en dogter se versorging en oumas taxi….

Mag ek sê, my wiele is pap, want nou is dit aand. More is ń nuwe dag, met die Here se genade begin ons weer en ons gaan deur die ure in outomaat, tot dit weer aand is.

Dit klink rof, maar weet julle die wonderlikste ding is dat elke oggend is die Here se genade nuut en omvou my met krag. Dan lag ons weer vir al die kosbasrhede deur die dag. My twee kleindogters en hulle wyshede voed my gees, ek bere hulle kleinnode van elke dag diep in my hart. Dis ook kosbaarhede wat ek nie sou gehad het as ek hulle nie elke dag moes rond karwei nie.

So is daar kosbaarhede midde in ń krises. Ek dank die Here dat my Jana kind al beter kan loop, die lighoofdigheid en dubbel visie daagliks beter word, genade op genade.

Jammer dat hierdie towerin so afgesluit is vzn wat op Rubusfontein gebeur, my oorlewings skills wil nie so ver strek nie, ek wil bitter grasg ontsnap na Rubusfontein en net gaan dobber op die rivier, maar hier en nou is ek in die werklike wereld nodig en dis al wat ek in staat is om te doen.

 

Rebusfontein se trommelkonsert

Almal het aan gestap gekom met komberse en piekniekmandjies met heerlike smulgoed, hierdie is die middag piekniek konsert. Die honde en katte kinders het almal vrolike truitjies aan, wat spesiaal vir hulle gebrei is deur die naburige dorp se oue tehuis tantes.

Liewe vriende van alle kleure en geure laat ons afskop met een vam my gunstelinge. Hierdie lied het my bekoor van dag een af en die fliek is my “all time favourite”.

 

Hoop julle het saam arms in die lug gegooi en gesing.

Die volgende is my en my man se lied. Hoe dit ons lied geword het weet ek nie, ek weet net op ń dag was dit so.

Ek het waargeneem dat hierdie opname in vorige konserte gespeel is, maar kon dit vanwee die belangrikheid nie uitskakel nie. Gee my hoendervleis.

My volgende kunstenaar het een van die mooiste stemme en alhoewel ek nooit musiek baie hard luister nie, moet hierdie met hoë volume gepaard gegaan word.

Asenbeneweld gewees. Sukkel om my asem terug te kry.

Die volgende op die program is net ń nommertjie uit my droom van liefde dae.

 

Nou vir die laaste op my 5 lied lysie.

Hierdie man is vir my ń baie besonderse mens, binne en buite. Sy lewe is een van die bewyse dat ń gestremdeheid in een area jou nie hoef te strem in die lewe nie. Terwyl haar stem vir my so ongelooflik suiwer en mooi is. Die twee saam is vir my goud.

En nou vriende hiermee groet ek vir nou. Daar is nog baie om te deel.

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

Uitvlug, ontvlug

Hier en nou verplaas ek my na Rebusfontein na my huisie, hier waar ek en Karolus kan wees.

Hier kan ek selfs my gedagtes hok slaan om net hier en nou te wees. Ek sit lang been voor die kaggel, Karlous styf teen my en ons sit net. Ons dink nie, ons is net.

More weet ek gaan ons ure deurbring op Hester se flot. Ons gaan dobber en ons gaan diep asem haal. Ons gaan sinc, ek gaan sinc. Ek het nodig om net stil te word en te wees, weer vol te word. Geen diep gesprekke met Vader te he nie, net by Sy voete te sit en te wees in Sy teenwoordigheid, Sy wysheid in te drink en net te hoor en te dank.

Nou die dag luister ek na n gesprek wat Roep tv met Riana Nel gehad het oor haar nuwe snit op haar album, lied is ” hou die hemel oop”, dit bring opnuut by my tuis, hoe om  God se goedheid te besing te midde van moeilike tye. Hoe om dankie te sê terwyl jy breek binne jou van smart, want Gos is goed. Wens ek kon dit met julle deel, google of utube dit.

Ek doen Saterdag ń parkrun en my oorwurm vir die oggend is ń Hebreeuse lied – ” Hodu La’Adonai kitov…” psalm 136:1. Praise His name and worship Him, give thanks to the Lord for He is good. Hierdie word ń refrein en ń deklarasie uit my hart. Vir 5km is ek besig met hierdie konsep, tree vir tree. Dit herinner my aan ń klomp jare gelede, is my vriendin se seun gered uit ń brandende kamer. Hy was lank in ICU, moes baie veloorplantings kry en letterlik weer leer loop. Ek onthou dat sy vertel het hoe hierdie lied haar saving grace was. Sy het dit oor en oor gesing, terwyl hulle geveg het vir sy lewe. Vandag is hy pappa van twee pragtige seuntjies.

Vanaand wil ek net op Rebusfontein wees, my oë sluit en alles afsluit van die werklikheid.

Te midde van moeilike tye staan dit soos ń paal bo water, dat God goed is. Ek kan vas staar teen die negatiewe of kies om te kyk na die positiewe, te midde van moeilike tye. My kind kon vanaand breinskade gehad het, sy kon ń mens sonder geheue gewees het, sy kon in ń rystoel gesit het, maar die Here het wonderlike dokters op haar pad gestuur met wysheid uit die hemel af gebid. So midde in alles is ons dankbaar.

Lisa is 7jr en 7mnd, Emma oor twee weke 4jr en hulle verstaan nie, hulle mis hul mamma. Hulle mis haar liefdevolle aanraking en toe vou elke dag. Nou sien hulle haar dalk ñ uur elke tweede dag. Hulle verstaan nie, hulle verlang. Vandag krul Emma net op teen haar mamma en lê net daar en my hart breek.

My lewe het in ń warboel verander, binne en buite my lyf. Ek dank die Here vir krag elke dag. Jehova Jirah ek roep U aan, genees my kind.

Rebusfontein nr 12

Stil stil het ek my intrek geneem in my ontvlugtings huisie in Towerinstraat nr 12. Ek het my verfkwaste uitgehaal en my voordeur ń lieflike teal geverf, ek het my Yogyakarta pot by my voordeur gesit. My puppet hoender loer van agter die pilaar uit om almal welkom te heet. Natuurlik sal my huisie nie ń tuiste kan wees sonder my windklokke nie, dit maak vir my wind musiek.

Karolus, my lief staffie het saam gekom, maar hy weet nie honde hou nie van katte nie. So almal se katte is veilig by hom. Hy het ook mooi by ons vriende se huis geleer dat parkiete is ook soos katte, ons jaag hulle nie, ons is almal een groot gelukkige familie. As ons egter in die straat stap sal julle hom hoor skree (nie blaf nie. Nie tjank nie), dis maar net agv trauma toe hy aangeval is deur honde. Ek dink egter net soos ek het hy Rebusfontein nodig.

Agter in my erfie is ń visdam, wat ook dien as waterdrink plek vir honde en katte, dit is ook ń voëltjiebad en daar woon paddas. Nie die woeste kwakers van die noorde nie, nee ons klein rietpaddatjies, ingevoer van die Kaap af. Hulle maak elke aand vir ons, saam met die windklokke die mooiste musiek. Jy sal my gereeld in die tuin kry vroetel. My groente tuin spesialiseer in spinasie.

By my huisie is daar altyd koffie en wyn, julle kan enige tyd kom inloer. Ons sal langbeen in die son sit en diep gesels, of sommer net wees. Ek bely, ek is nie ń kok nie, so anders as by Toortsie, sal kos skaars wees. Daar sal altyd kaas in die yskas wees. Ek is mal oor spinasie, so julle sal nogal gereeld spinasie quiche by my kan eet, my stapelvoedsel. Toortsie jy sal trots wees op my, dis eg banting.

Ek hou van musiek, binne in my huisie sal jy altyd musiek hoor. Ongelukkig toe sangstemme uitgedeel is, het ek heel agter in die ry gestaan, so sal jy soms hoor dat ek saam met die musiek sing en dans, maar wees gewaarsku, dis nie vir sensitiewe ore nie.

Hester ek hoop nie jy sal omgee as ek soms met ń boek, of sommer net ek, op jou flot kom dryf nie. Water stem my rustig en as jy ń stapmaatjie nodig het, is ek altyd beskikbaar.

My Bali cum Una eend en my batikpot staan by die voorportaal, hulle sal julle welkom heet. In die winter sal my knetterende kaggelvuur vir julle ń vlammedans doen terwyl ons behaaglik teug aan ń glasie rooi wyn en knus onder ń ouma-blokkie-hekelkombers sit. Oral sal kerse brand, baie kerse. Hier by my rerige huis hou my man glad nie van kerse nie. (Dis kwansuis ń brandgevaar).

Dis my huisie en dit is ek.

Afskeid

Hierdie naweek neem ons afskeid van ń huis wat baie lank deel van ons lewens was. Ek staan en kyk na die leë dop en besef, jy is nou net bakstene, vensters, ń dak en ń vloer, ons het jou deel van ons gemaak vir lank, maar nou is daar niks van ons in jou nie. Jy is net ń dop, in ons trommeltjies is al die mooi herinneringe gebere en as ons die deksel lig, onthou ons die mense wat in jou gewoon het. Jou tyd as deel van ons is verby.

Met ons aankoms in die Kaap, het ons huur huis gesoek, wat feitlik so skaars soos hoendertande was. Na ń week van wroeg en soek vind ons ń klein, klein huisie. Dis al wat daar is en ń erf wat vol molshope is. Ons het nie ń keuse gehad nie, ons moes dit dadelik neem. Dit was ń rowwe moeilike tyd in ons lewens. Dit daar gelaat vir ń ander dag se vertel.

So trek ons in die piepklein huisie in, baie vreemd, ek, my man, dogter in st8, ń kat en ń hond. Die garage is tot teen die dak gepak met meubels en dose vol goeters. Ons mooie tien sitplek tafel en stoele maak ons hang in die dak van die garage.

Ses maande bly ons so, toe bel familie lid van my man. Sy oorlede neef se vrou, ABSA het haar Citusdal toe verplaas vir 2 jaar, wil ons nie dalk haar huis huur nie. Dit was ń antwoord op gebed. Ruimer dorpshuid, goeie woonbuurt en lekker sentraal. Hier begin ons verhaal met Koringsirkel 12. Dis terwyl ons in die huis bly dat my dogter en haar man van vandag begin uit gaan, dis in die tyd dat ons seun terug kom van sy jaar in Israel op die kibbutz, heel onklaar met sy lewe verder. Dis die tyd dat ek weer moes terug keer na die werksmag. Vreemd, land ek as aflos by ń fabriek wat tools maak vir die vervaardigings industrie en filters vir voertuie. Totaal nie my forté nie. Ek moes leer met die spoed van lig. Ons seun begin deur ń Amerikaanse universiteit by ń kerkbgroep Teologie swot en in die tyd skop hy op. Ander storie. Raak verlief op sy sussie se bestie, minder aangename gevolge. So gaan twee jaar verby en sy kom terug. Ons huur huis, minder aangenaam en begin huis soek om te koop. 4 maande later koop ons huis in Wellington.

Nou skip ons tyd tot sus en haar outjie trou. Sy bly in ń silo, woonstel, erg doringrosie, op ń plaas. Dit is ook waar my Bali winkel, op ń varkplaas in ń hoenderhok is. Sy besluit na hulle troue as sy sou swanger raak sal sy onmoontlik die spiraal trap kan bemeester en hul begin huis soek. Op internet sien sy Koringsirkel 12 is te huur. Sy bel en hulle kry die huis, trek in.

Twee kinders later, Lisa nou 7 en Emma 3, moet hulle trek. Intussen het Cherize deel geword van die familie verlede jaar, sy is hulle Pleegkind. Jana het met haar werk, haar pad gekruis en lief geraak vir die kind, nou in gr12. Sy is nou ousus. Intussen moes Jana kind leer deel met twee outo imuun siektes, deur ń hele paar flairs gaan, deur allerlei medikasies, binneaarse meds ens. Emma ń wonderwerk, midde in hierdie siektes gebore. Haar werk het verander van lektor by Noord wes universiteit na eie praktyk, na tydelik by 2 skole werk tot nou 4 dae ń week by een skool en 1 dag by 2 skole werk. Tussen deur nog eie praktyk.

Hierdie naweek het ons huis op gepak en getrek, hulle het huis gekoop, maar moet vir intrim periode by skolnma hul bly. So Jana en Gerhard se vry huis het later hul en hul kinders se bly huis geword. Nou is dit die einde van ons pad met hierdie huis.

 

Muisbosskerm

So hele paar jaar gelede het ek die eerste keer met muisbosskerm kennis gemaak. Een Saterdagoggend het ek en my man op die ingewing van die oomblik besluit ons gaan die Weskus bekyk. Onscwas nog kort in die Kaap en ek was nog nooit by die Weskus nie. Ons het inderhaas klere in ń tas gegooi en pad gevat. Ons het op gery tot by Vanrhynsdorp en toe so kuslangs suid gedraai. Ons hrt laatmiddag by Lambertsbaai aangeland, plek bespreek by Muisbosskerm vir die aand, daarna plek gesoek om te oornag. Sien ons prioriteite was reg.

img-20190118-wa0000

Wat ń ondervinding! Jy het egter iemand nodig om jou voor die tyd te waarsku om baie min en stadig te eet. O goeiste dit was die een wonderlike gereg op die volgende, toe ons aan die einde by die kreef kom het ek tot barstens toe vol gevoel. Dit was die heel eerste en enigste keer dat ek so trommeldik was dat ek die aand nie my lê kon kry nie, ek was heeltemal ongemaklik, tot my skande. Dit was egter ń reuse kompliment aan die kokke, veral aangesien ek tot sover nie die grootste seekos eter was nie.

img-20190118-wa0001

Nou later in my lewe het ek op ń heel ander vlak met muisbosskerm kennis gemaak deur my vriendin Seline. Sien sy is familie van die Turners wat Muisbosskerm begin het en uit haar mond het ek die verhaal gehoor…

Haar ma se ma en Edward se pa was ń tweeling, net agtergrond. Edward en sy vrou was baie lief om die familie te onthaal, so het hy ń skerm gebou van muis(pis)bosse.

img-20190119-wa0000

(Dit is hoe die bossie lyk)

Omdat dit ń baie digte skerm gemaak het wat die wind uithou, langs die see ( waar Muisbosskerm tans is.) Die grond het op daardie stadium aan Edward se broer behomuisbosskerm-featureort. Desembermaande het die familie daar by mekaar gekom en Edward het op oop vure seekos gemaak. Krewe, visse ens. Die manne het met skuite uitgegaan en gaan harders trek. Vroulief het gesorg vir die brode en konserf.

Op ń dag het ń toerbus verby gekom en vir Edward gevra om vir hulle so seekos te maak, dit was die begin van ń heel nuwe wending vir die primitiwe skerm. Vandag is Seline se twee kleinneefs aan stuur van sake, Edward is ń paar jaar terug oorlede. Hul moeder Elmien is nog steeds aan die woel in die kombuis met konfyte en dies meer, maar vandag is dit ń groot bedryf en woel dit in die aande daar van toeriste. Hulle het goed opgeleide personeel wat die braai en bakwerk doen.

 

Dit is ñ fees om daar in die oopte met die see hier neffens jou, heerlike geure vanaf die oop vure te ruik. Daar word gewoel en gewerskaf. Letterlik die een na die ander gereg word gaar gemaak, toggie tog, die heerlike warm brode met plaasbotter wat smelt en geel afdrup is mos moedertjies melk vir enige mens. Die vis wat vars op die kole gaar gemaak word, heerlike stowe patats. Moenie al die bredies weg gooi nie, smul lekker. Die krewe wat nog vars van die see gaar gemaak word, laat jou lippe af lek. Tertius en Ian, die twee broers aan die roer van sake kwyt hulle goed van hulle taak en is twee uitnemende gashere.

Ons het heerlike aande hier deurgebring en elke keer was die kos liplek lekker. Die atmosfeer is fantasties en jy maak sommer nuwe vriende daar, of loop mense raak wat dieselfde kennisse as jy het, dan kuier julle soos ou vriende. Dit word altyd laataand kuiers daar om die vure.

Kaapse draai

Voor ons heeltemal weg stap van die Kaap af, kom daar ń vakansie herinnering by my op.

Ons was by Buffelsbaai en sou daarna Kaap toe ry en my man se broer en gesin ontmoet om saam te kamp. Ons het by ons bure een van daardie regte ou weermag tente geleen. Die met die een paal in die middel. Hulle het ñ kombi gehad met ń sy tent. Ons het plek bespreek by Gordonsbaai by Panorama karavaanpark.

Ons sou net 4 dae saam kamp, daardie eerste nag begin die wind waai, soos net die suidoos kan waai. Ons lê in daardie nag, een oomblik is die tent met bolwange om die volgende oomblik in te suig dat hy teen jou is op jou bedjie. Kort kort is manlief uit om tentpenne te kap, met ń geklingel en getingel en ń doem en ń karboem soos ander kampers se goed rondwaai. Die ou radiotjie bler kort kort uit – “Stormwind waarskuwing oor Valsbaai”, dan kap pappie maar weer penne en ek bidde. Ek sien al in my geestesoog die volgende oggend hang ons klere in die bome, dan bidde ek weer en pappie kap die penne, die radoi bler “Stormwind waarskuwing oor Valsbaai”. Helaas het oggend gekom, ek wou net oppak en ry, almal het mooi gepraat en gepaai, ons bly toe. Jy kon nie naby die strand kom nie, in die strate langs die strand het dasi sandkorrels jou geniepsig geklits.

Ons is Kasteel toe, Mosterts meul, Tafelberg op met die rooi karretjie. In Kaapstad was die wind rustig. Ons het selfs by Houtbaai met die boot uit gegaan om robbe te kyk. Daar het hul dogtertjie heeltyd oor die relings gehang om visse te voer.

Daardie volgende aande voer skoonsus my valiums, dat ons tog net langer bly. Die wind tier toe nog voort.

Die volgende dag maak my man ons kar se bagasiebak oop, om deur die vieslikste stank begroet te word. Die manne wou gaan visvang. Ons het die vorige dae met die kombi gery, dus het ons kar heerlik in die son gestaan en bak.. Met ons aankoms die dag het die manne gaan visvang en het die rooi aas in die kar vergeet. Ons NUWE Renault 9!!!!! Hy moes al die matte in die bagasiebak uitruk en nogsteeds het die reuk gebly. Ons het al wat ń raad gevolg, maar ons terug pad Transvaal toe, hele tyd met die vensters oop gery.

Ek het daardie vakansie gesê die Kaap sien my nie weer nie. Famous last words

Ons hou fees

 

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog skryf oor hulle tuisdorp/-streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuiste.

img-20190114-wa0000

Ek het besluit om ondanks talle probleme tog deur te druk en vir myself ń fees te reël. My dogter het gou ń uitnodiging gemaak en ek het uit gestuur.

20181109_134246

Soos julle kan aflei was my hele idee dat wat jy daar uitkies en verf word my verjaardag geskenk. Ietsie wat my altyd sal herinner aan hierdie dag.

Uit die 12 uitnodigings het 10 dames saam gegaan. Ons het by my huis bymekaar gekom en toe almal in twee karre Houtbaai toe gery. Dit was pret van die begin af. Daar is omtrent geklets in die karre.

Towerinne julle ken nou al Clay cafe, maar vir die wat nou nie so bevoorreg was om met die groen bus te toer nie, vertel ek gou.

Dit is img_2778ń restaurant met ń twist. Jy gaan daarheen hoofsaaklik om jou kreatiwiteit uit te leef. Jy kies ń klei artikel wat jy dan gaan verf, jy verpersoonlik dit. Daar is allerlei hulpmiddels soos stensils, plakkers, spykers, paperclips ens, dan natuurlik verf en kwaste.

Dit was ń vrolike klomp vroue wat aangeland het by die Clay cafe. Ons was gewapen met twee reuse balonne wat ons banier vir die dag sou wees.

Ek het twee heerlike platters bestel en vriendin Isabel het die heerlikste kaaskoek vir my gebak.

img_2853

 

Groot was my verassing toe die towerinne opdaag by hierdie viering. Jy kon my met ń veertjie om tik. Hulle het in die geheim nog ń tafel bespreek en ingeval by die groep. Hierdie wzs Toortsie se idee. Jy is darem net te oulik Toorts. Nou was nog ń jare lange hartsvriendin, Una, by my verjaardzg viering. Hulle kon toe sommer twee van my vriendinne wat hulle al ontmoet het weer sien. Isabel, wzt die heerlike piekniek mandjies gepak het vir Seinheuwel en Lise, my sendeling vriendin wat ons van All nations kom vertel het by die einste Clay cafe. Lise is ook ń kranige skilder, soos julle haar bord kan sien.

img_2857

Almal het heerlik gekuier, ons het elkeen ń glasie wyn geklink op hierdie mooi dag met vriendinne en towerinne.

 

img_2866

Ons moes natuurlik geweet het met die towerinne daar sou daar ń paar wees wat uit haak. Ons kry vir Seegogga, Positief en Woordnoot mos op die klimrame saam met die kinders.

img_2800

Hester sit op ń stadium droom verlore met haar voete in die stroompie water. Bondelsgedagte sing ewe kliphard , 🎶sal ons ou kennisse ooit vergeet🎶, terwyl sy heerlik verf aan baie moderne bord. (Hier onder is die eind produk).

img_2785

 

IMG_2863.JPG

 

img_2850

My liefste dogter, Jana aan die verf. Kyk net daardie heerlike spinasie en feta quiche.

img_2844

Ek het ook darem geverf, baie minimalisties, want ek wou met almal kuier.

 

 

img_2895

Baie dankie vir al my wonderlike verjaardag geskenke wat so uit julle eie persoonlike kreatiewe harte kom, ek gaan dit koester en aan elkeen dink as ek hierdie artikels gebruik. Towerinne baie dankie dat julle ook deel kom word het van my fees

img_2827

(Inlinkz wil nie dat ek hierdie post link nie, help asb)

Die afskop

My 2019 het op ń baie gesonde en positiewe noot begin. Die oggend van die nuwe jaar is ek en manlief al 6uur hier weg na Big Bay. Big Bay is deel van Blouberg strand, Melkbos se kant toe, die eerste strand na Blouberg. Met my parkrun die vorige Saterdag het hulle af gekondig dat daar ń parkrun om 7.30 by Big Bay gaan wees. Dit het vir my net te lekker geklink, veral as jy dit kombineer met ń vroeë koffie en beskuit by die strand. Ons het nogal die gewoonte om sommer op die ingewing van die oomblik see toe te ry vroeg more vir ń koffie op die strand gekombineerd met ń wandeling strand langs. Ek het dus geweet pappie sal van die idee hou en veral omdat dit geen aktiwiteit van sy kant gaan vra nie.

Dit was nogal ń koue oggend en die warm koffie was baie welkom. Ons het juis vroeg van die huis af gery, want parkering kan nogal ń kwessie wees. In daardie koute het die piekniekgangers al begin aan kom. Ek het verstom gestaan teenoor die kinders wat toe alreeds die ysige water gaan aandurf het. Die stappers het ook sporadies begin aan kom. My vreugde was groot toe ek sien daar is mense met honde. By Meerendal mag ons glad nie honde in vat op die plaas nie. Op my navraag het hul bevestig Karolus kan saam stap, wat ń bonus.

img-20190110-wa0000 Om 7.30 is die klomp stappers weg strand langs, vir my Karolus was hierdie ń vreemde ding. Al die baie mense en honde, maar hy was baie soet en het mooi gestap. Dit was ń heerlike koel oggend, so ons kon net lekker stap en die see geniet. Karolus was welliswaar teen die einde nogal moeg, dit was sy “maiden” parkrun. Ek stap nooit so ver met hom nie.

img-20190110-wa0003

20190101_074252.jpg

 

Na die lopery het ons heerlik ontbyt piekniek op die strand gehou, nou was die weer ń fees. Ons drietjies het rustig ge eet en oor die see uit getuur. Daar was nog betreklik min mense op die strand so dit was baie vredig.

Ons besluit om met ons terug ry huis toe Melkbosstrand om te ry, sodat ons kan sien wat daar aan die gebeure is. Julle, dit het gelyk of daar ń nuwe plakkerskamp met gazebo’s oornag verrys het. Daar was ń magder menigde mense ingeryg op die gras, daar gaan groot gekuier word. Ons het baie tevrede oor ons vroeë uitstappie pad gevat huis toe, daar waar dit stil en rustig is.

Op die derde Januarie was dit my sestigste verjaardag. Ek en pappie het koers gekies Kaapstad se kant toe. Hy het besluit ons moet Seinheuwel toe. Foutjie van ekstreme perporsies. Met die dat ons Kloofnek pad bereik het die karre in ń ry-stop wurm stadig voort gesleep. Voor ons die afdraai bereik het, het ons in eenheid besluit, ons ry maar aan oor die nek en ry seelangs terug. Die pad na Tafelberg, sowel as na Seinheuwel was gesluit. Die mense het in Kloofnekpad gestop en gestap op na die kabelstasie. Dit was waarlik een groot harlaboerla.

Dit was so laat oggend, ons het koers gekies Waterfront toe met versigtige optimisme. Gelukkig het ons redelik gemaklik parkering gekry onderdak. In die setrum was dit net mense en mense. Ons besluit teen rondloop en kies koers na ons gunsteling restaurant Quay4. Genadiglik stap ons direk deur na ń lekker tafeltjie buite. Dit was gelukkig nog voor formele etensuur.

 

img-20190111-wa0003

Na ete toe ons uit loop staan daar ń elle lange tou en wag vir tafels. Ons was baie bly dat ons die besige tyd gemis het. Ons is hierna huis toe vir ń heerlike rustige middag.

Vrydagaand 4 Januarie word ń bucket lys item af gemerk. Ons en ons goeie vriende het na die Boer restaurant teater gegaan, Rafensie het op getree. Wat ń belewenis. Hy en sy orkes mag maar, elke lid is puik en speel en sing met soveel genot. Die aand was heeltemal te kort. Hierdie was die tweede been van my 60jaar viering.

Vandag 12 Januarie was nou die eintlike viering, saam met my harts vriendinne. Net twee vriendinne kon nie saam met ons wees nie, een is in Thailand en die ander in die hospitaal na ñ knievervanging. Hierdie is egter ń blog op sy eie.

Kaapse toer dag 2

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ‘n virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ‘n Donderdag, op die datum wat toegewys is, ‘n blog skryf oor hulle tuisdorp/-streek, asook ‘n fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuiste.

Die kuiergasbloggers vir die week (en hulle lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ‘n blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ‘n eie ondervinding in daardie provinsie / streek / dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek / provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Die vroeë opstaners het op die strand gaan stap en die pragtige oggend geniet. Dit was een van daardie goue oggende, wind stil met blou bloue lug. Niemand het die moed gehad om te gaan swem nie.

Vir ontbyt het ons na Maestro’s gery by Woodbridge island. Dit is een van ons gunsteling restaurante. Hulle bedien ń heerlike buffet ontbyt. As jy buite op die stoep sit, strek Tafelbaai voor jou uit met ons geliefde Tafelberg wat uittroon bo die stad. Die strand lê letterlik aan hier aan jou v. Daar is lekker ge eet en geklets. Almal was baie nuuskierig oor wat voorlê. My lippe was gesnoer.

Ons het in die giggel groen bus geklim en pad gevat verby Kirstenbosch na Constantia nek, daarna het die pad al kronkelend af geslinger na Houtbaai.

Ons het by Clay cafe ingedraai. Nou, towerinne hier gaan julle kan uiting gee aan julle kreatiwiteit. Ek het gedink ons kan elkeen ń beker verf wat ons kan skenk aan die All nations hoofkantoor in Noordhoek. Julle sal nou nou bietjie meer van hulle hoor. My vriendin LiseMari gaan ons hier ontmoet om ons bietjie in te lig oor wat All nations doen.

Clay cafe is in 1998 gestig hul doel is om jonk en oud hul kreatiwiteit los te laat. Jy verf ń pottery item, verpersoonlik dit met jou eie kuns.  Na dit geverf is word dit geglasuur em gebak en kan na drie weke af gehaal word. Daar is ook ń heerlike tuin wat beskut is en ń speelpark.

20181109_134246

Binne het ons plaas geneem by ń lang tafel wat met papier bedek is, een van die werkers daar het ons ingelig oor hoe dinge werk. Ons het almal vir ons verwe en gereedskap gaan haal. Dit is altyd so ń moeilike keuse om kleure en gereedskap te kies. Sodra jy egter weet wat jy wil verf raak dit makliker

 

Bondelsgedagtes het natuurlik voortou geneem, sy was nou behoorlik in haar element. Sy kon nie wag om haar kreatiewe gees vrye teuels te gee nie. Sommiges was half onseker oor wat hulle gaan verf. Perdebytjie, Woordnoot, Positief en Lekkervurig moes net eers ń vinnige draai in hul pragtige tuin gaan stap

 

Ons het drinkgoed bestel, Clay cafe is ń volwaardige restaurant. Dis nou as jy kans sien om ń bord kos te eet so tussen die verf deur of jy kan sommer net ń vingerhappie bestel om aan te peusel. Ons het nou nie vir een van die twee kans gesien nie.

20181109_133825

Lise Mari wat ń sendeling is en onder die vaandel van All nations werk en het ons gou ingelig. Sy doen sending werk onder die indiane in New Mexiko. Op die oomblik is sy al meer as ń jaar in Suid Afrika en gee kuns by Ubuntu soccer Acadamy in Kommetjie. All nations werk in venootskap met die Heilige Gees om gemeeskappe van Jesus volgelinge te ontwikkel en dissipels te maak reg oor die wereld. Hulle bied ook opleiding aan vir sendelinge. Sendelinge kom ook na hulle om te ontstres as hul terug kom van die sending veld. Ons bekers sal hul koffie drink tye verhelder.

Hierna vertrek ons na Houtbaai hawe waar ons by Mariners warf ń vis en chips of slaai gaan eet. Hierdie is ń baie gewilde besoekpunt. Houtbaai is 5km suid van die middestad van Kaapstad. Lê aan die suide kant van Tafelberg. Pragtige wit strande.

Hier is ook die plek waar die Red bull wave Africa branderplank kompetisie aangebied word. Dit vind plaas tussen Mei en Aug wanneer die golwe 4.57 – 6.10m bereik. Dit vind plaas by die “Dungeons”. Een van die 16 plekke in die wereld vir die big wave.

 

Ons het ń tafel gevind na ń soektog. Sommige van ons moes plek hou terwyl die ander gaan tou het vir kos, Die kos kom in klein boksies. Vakansietye is dit ń miernes. Deel van die kompleks is Mariners warf, Mariners chest, Shipwreck shop en Pearls in the oyster. Dit is ook lekker om sommer by die hawe rond te stap en na al die visserskuite te kyk, daar is ook allerlei Afrika-stalletjies. Vanaf die hawe kan jy ook met ń boot uitry Robbe eiland toe.

Screenshot_2018-12-16-00-37-45

By Google geleen.

Hester was in haar element so by die see en die hawe en het sommer met van die vissermanne ń geselsie aan geknoop. Die res het gou kom saam luister na die verfrissende sê goed van die manne. Die kleurlinge in die Kaap is mos bekend vir hul unieke taalgebruik en sê goed. Almal het geskaterlag. Seegogga en Toortsie het sommer hul alm in die beurs kom gooi. Virgo C het gelag dat die trane rol.

Dit was tyd om te vertrek. Ek kon darem nie net met die towerinne in die suide kuier nie, ek bly mos Noord  van die boerewors gordyn. In die Kaap is die suide oorwegend engels en die Noorde afrikaans, van daar die benaming. Boonop moes ons darem nog ń wynplaas besoek. Una sal my nooit vergewe as sy die Kaap moet verlaat sonder hierdie besoek.

Oppad na Paarl met die N1 langs is daar ń paar wynplase langs mekaar. Ons gunstelinge is Spice route en Fairview. Ek het besluit ons stop eerste by Fairview. Hier kan ons Kaas en wyn proe. Vir die nie wyndrinkers skink hulle ń glasie druiwesap.

Fairview is ook bekend vir hulle bokmelk kaas. Met die stap van die parkeer terrein af is daar bokke om jou te begroet. Die een ou ram is behoorlik ń bielie, die ooitjies lyk baie klein teen hom.

Binne betaal ons vir die proe en gaan staan by een van die toonbanke. Daar word ses stukkies kaas in ń bordjie voor jou geplaas en dan word die kaas met ń wynsoort gepaar.

 

Ons moes ook die winkel besoek. Frannie het die broodjies net een kyk gegee en besluit dis tyd dat ons broodmandjie nuwe broodjies kry. Die towerinne het omtrent die winkel op horings geneem.

Nou is ons weer oppad na Spice route. Hiedie plaas was eers Seidelberg, maar het in ń ware Spice route ontwikkel. Hier het ons die sjokolade proe gaan doen. Hier is omtrent opinies gelig, aangesien party dames glad nie van donker sjokolade hou nie. CBC bierbrouery is ook op die plaas en jy kan ń bier en biltong proe gaan doen. Daar is ń koffie roostery, ń roomyswinkel, ń pizzeria, ń wynproe natuurlik en nog ń restaurant. Die groot bome het uitlokkend hul koelte oor die tafeltjies gegooi en die uitsig is pragtig.

Ons moes nou helaas maar elkeen sy koers laat inslaan. Smake verskil mos. Perdebytjie, Frannie, Toortsie het die koffieplekkie opgesoek, Woordnoot, Bondelsgedagtes en Virgo C moes net roomys gaan eet. Una, ek en Seegogga het gaan wyn proe. Hester, Dis ekke en Positief was lus om onder die bome flamkuchen te eet. Lekkervurig en Scrappy is na die bier en biltong proe. Gaan dit hier oor die bier of oor die biltong?

Hoe ons hierdie towerinne weer in die bus gsan kry is ń groot vraag. Hulle sal ons maar moet uitsmyt, ek sien hier kom ń groot parytjie aan. Nou kan julle jul verbeelding vrye teuels gee oor wat verder gebeur.