Ons is ń groep vroue, die goue vroue, elkeen van ons het ń stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ń huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan kom saam skryf, of andersins saam met ons, ons avonture beleef. Volg ons volgende verhaal op die onderstaande link.

https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344

Daar is gedagtes rond gegooi en bedink, daar moet ń nuwe avontuur gebeur. So het Trommeltjie na ń bus begin soek, want sy was lus vir reis, toe Toortsie dit hoor het sy daddlik besluit dit moet ń parmantige pers bus wees. Daar is foto’s gedeel en gewik en geweeg. Uiteindelik het ons die regte bus gekry, maar su

eksterior was nie na wense. Sy klop dadelik om hulp aan by ons bont-koei-skilder Seegogga, maar helaas onse dekoreerder is besig. “Help” gaan die roepstem uit op die elektroniese media. Tiperend van die goue vroue is daar dadelik aksie. Aalsie spring aan die werk en omtower ń vaal bus in ń parmantige pers hippie bus.

Nou begin die planne vorm aan neem, ons kort nou net ń busbestuurder. Aanvanklik sal ons self die takie oorneem, maar daar is ń  “designated driver” ( hier laat die afrikaanse taal my in die steek) nodig, sodat ons, ons aan volle aandag aan die “toer” kan gee.

Gelukkig met die goue vroue as daar ń nuwe avontuur is gooi almal alles neer en is pens en pootjies in die ding. So nou roep Trommeltjie almal bymekaar. Ons begin in die Noorde by liewe digterlike San, In Pretoria is ons fyne broodjie bakster Frannie, liewe Kameel wat ń alter ego het, Woordnoot wat saam met baaskind mense laat hoor, Christa ons kenner van afrikaans. Dan is onse bokboer Positief by Hennops, ons eks tannie Bali Una in Hartbeespoort en sus Carien van die Woestynland en ons eie mediese raadgewer, wat nou tans daar kuier. In Randfontein vind jy Ekmyself ons dapper vrou en in Standerton jonge Sonell, die skrywer van boeke. Jackie is nog ń groentjie in die goue vroue wereld, sy het al Afrika gaan trotseer en het mediese kennis, jy sal haar in Krugersdorp vind. Dan gaan ons suid na die Overberg, daar vind ons vir Seegogga ons “bont koei skilder” in Bredasdorp, Toortsie ons banting guru en boervrou, Aalsie ons busverwer, voordrag kunstenaar en kreatiewe siel. Ora is een van die nuutste goue vroue, jy vind haar in Napier, sy is ń gesoute toergids. Dan onse Appeltjie in die appel wereld, Grabouw, sy leer kinders. In die mooiste Kaap vind jy vir Trommeltjie sy is ń besige ouma. Ons GVV het omtrent oor die land gedraai om almal op te laai en by die pers parmatige bus af te laai. Die pers bus staan by Trommeltjie gereed om te vertrek.

Wat ń babbelende klomp vroue, verheug om mekaar weer te sien. Dit is ń geskarrel met bagasie en breekbare items, broodjies, teramisu wat dadelik moet yskas toe, Toortsie se kitaar. Almal baie opgewonde vir hierdie reis.

“Mede goues kan ek jul aandag kry” sê Trommeltjie “ons eerste bestemming is Franschoek. Ons gaan die eerste nag daar oorslaap en more is dit ons en die wine tram”. Almal babbel gelyk en vra vrae oor wat en hoe. “Die wine tram is ń belewenis, daar is verskillende roetes waaruit ons kan kies. Ek het namens julle die pienk roete gekies. Dit kom uit vorige ondervinding, aangesien ek bevoorreg is om in die nabye omgewing bly, is dit een van ons kuiergaste se keuses met hul besoeke. Ons gaan 10.00 op ons eerste been vertrek. More oggend is daar nie lank tyd vir hana- hana nie. Kry net asseblief iets in daai magies, voor ons vertrek. Ek het vir ons plek bespreek by Recidence Viva La Vie in Franschoek.”

Aangekom kry almal hul kamers, maak gou reg vir aandete. Dis omtrent ń vrolike klomp dames wat bande hernu, staaltjies deel. Vanaand kon Wayan van Bali gerus hier gewees het, ek hoor hom in my ore hoe hy hoeveel kere sal begin met “Do you remember Hannelie that day……” en dan sou hy uit sy maag lag van lekkerkry oor die herinnering. So klink dit vanaand hier ons verkneukel ons in herbelewing van goeie tye saam. Tannie Frannie staan op en klingel op haar glasie, “Ek wil ń heildronk instel op ń besonderse groep vroue, daar is werklik goue drade geweef deur ons saamwees. Wat ń voorreg om deel te wees van so ń groep.” Almal stem volmondig saam. Sauté tjieng tjieng!!!! Almal is ń oomblik stil, jy kan sien hoe waardering vir mekaar op hul gesigte geskryf staan. Die dames begin so een-een verdaag kamer toe.

Die oggend breek aan, wat ń pragtige dag. Nadat almal ontbyt ge eet het is ons reg vir die dag. Almal is gehoed, gesonbril en goed gesmeer met sonbeskerming. Gelukkig is ons kaartjies reeds vooraf gekoop en kon ons net inklim toe ons bus stop om 10.00.

Van die toeriste neem nog eers foto’s van die bus, maar ons is te haastig. Almal opgewonde oor ons eerste bestemming. Ons busbestuurder verduidelik aan almal hoe die reëls wek. Almal skater toe hy sê, “Remember drunk people will be thrown of the bus”.

Van die dames het hier eers heerlike koffie gedrink, terwyl ander sommer dadelik die wynproe ding begin doen het. Laasgenoemde was byna laat vir die volgende bus. Daar is genael vir ń vale en baie gelag. Op die bus is daar sommer spontaan gesing, lawwe liedjies soos – The wheels of the bus go round and round….. Nodeloos om te sê Toortsie was die voorsanger en Aalsie nie ver agter nie.

Pret, pret, pret, dis die kenmerk van ons kuier. Ons is afgelaai by die depot, hiervandaan ry ons met die regte tram. Ons klouter vinnig na bo en neem die boonste vlak oor. Met die inklim kry elk ń klein plastiek wynglasie. Met die vertrek kom die toergids om en gooi vir elkeen ń klein wyntjie in. Daar word luidkeels ge “cheers”. Volgende stop is Rickety Ridge, waar hul ons inwag met ń trekker en wa met sitplekke om op te ry na die huis. Daar is ń heerlike stoep onder boom-koelte.

Hier is daar van die dames wat ń knibbel dingetjie bestel, ander doen ń wynproe en daar is die dapperes wat hul eie bottel wyn meng. Daar word gelag en gekuier vir ń vale. Met die oppik slag, struikel Virgo C by die laaste trappie, Una gryp haar arrm en veroorsaak ń domino effek. Ons val behoorlik al struikelend teen die trekker aan, in uitroepe en ń gelag. Terug by die tramspoor wag ons tram reeds.

Ons behoefte aan eet het nou groter geraak, want die wyn, jy sien, die wyn! Ons bestel sommer ń paar pizzas en deel, want uit vorige ondervinding weet ek om nou ń bord kos te eet is fataal. Dan is jou lus vir die dag sommer weg. Van hier af stap ons sommer na die depot vir ons volgende bus.

Dieu Donne, volgens my die mooiste van al die kelders op die roete. Die uitsig is fantasties, oor die hele Franschoek vallei. Ons word begroet met n welkom wyn. Die heerlikste yskoue wit wyn. Hier haak ons vas. Sommige sit sommer op die gras, terwyl ander rond stap en ander wyn drink. Proe is nou verlede tyd, ons bestel ń bottel of ses. Hier kuier ons tot ons moet skarrel vir die laaste bus terug. Ons kom agter, net voor vertrek dat Kameel, Tannie Frannie en Jackie soek is. Ons paai die busbestuurder, die ander soek gou. Ons kry hulle drie droomverlore op ń stil hoekie, starend oor die vallei, nie ń benul van tyd nie. Gelukkig is almal op die bus terug depot toe. Daar word weer heerlik gesing en gelag.

Die Franschoek wyn tram sal nooit weer dieselfde wees nie. Hulle sal nog vir lank praat oor die dag van die “Goue vroue”!

Ons almal val uitgeput in ons beddens neer, moeg van die son, die pret en natuurlik, die wyn.

Die volgende oggend net na ontbyt vat die dames pad, hulle wil die hoofstraat in Francshoek ondersoek en by al die winkeltjies inloer. Daar is die oulikste snuistery winkeltjies. Neem aan daar sal ń paar pakkies opgelaai moet word.

Vanmiddag vertrek ons na die volgende goue vrou. Natuurlik sal daar kuier kuier gery word en menige keer gestop word.

Ek gee die aflos stokkie oor aan Aalsie

13 thoughts on “Die pers parmantige bus vertrek

Lewer kommentaar