Goue Vroue Trouetoer #7. Gevaar 2

That’s Amore! Europa hier kom ons! Die Goue Vroue is op pad om te gaan troue hou in Italië – Lorenzo en Camilla se troue!

Volg gerus ons storie:

https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429

Ons staar groot oog na mekaar, ons besef hierdie keer is ons in ń groot penarie. Ons is in 1803, afgesien van die onmiddelike gevaar, sit ons met die probleem, hoe kry ons hulp. Selfone gaan nie werk nie, die tegnologie is nog nie ontwikkel nie. Dink Trommeltjie, dink!

Hierdie klomp soldate is baie antagonisties teenoor ons, eerstens dink hulle ons is smokkelaars, tweedens is ons vroue in vreemde klere. Ek besef ons langbroeke is vir hulle volksvreemd, ons tekkies ook, veral die mooi bont geverfdes. Derdens ons selfone is baie vreemd, hulle moet dink dis radio’s, oftewel walkie talkies. Boonop het ons hul vyand probeer help, ons kan nie hul taal praat nie. Die laggende los skrum vroue was nou nie juis gerusstellend nie, inteendeel dit was ń gesag ondermynende daad.

“Una, wat kan jy nog onthou van daardie tyd? Waar het hul die smokkelaars heen geneem, na tronke? Dink vriendin, daar moet iets wees wat ons kan help.” vra Trommeltjie bekommerd.

“Ek kan nie onthou van tronke nie, daar was egter baie loopgrawe, skuilplekke en versteekte vestings. Miskien is dit waarheen hulle gevangenis neem. Natuurlik is die optrede gewoonlik teregstelling”sê Una peinsend, skielik skrik sy toe sy besef wat sy gesê het. “Nee, net nie dit nie!” Sonéll begin dadelik onderlangs snik, San is nog so deur fie weer, sy kyk alles met een groot vraagteken op haar gesig aan, so asof sy nog glad nie by is nie.

Die soldate skree op ons en beduie ons moet hulle volg, ons stap soos skape wat ter slagting gelei word. As ons net kon kommunikeer, maar Italiaans is vir ons net ń klomp klankgrepe aaneen geryg, al wat ons verstaan is die emosies agter die woorde en ons hoor net woede. Ons is doodstil, want ons dink en dink. Die reën het die aarde deurnat en die voetpaadjies in stroompies water verander met die gevolg is koue, nat voete. Na Christa na haar voete wys en ril, gryp een van die soldate haar, ruk haar skoene van haar voete af, daarna volg ons een na die ander. Ons moet nou kaalvoet in hierdie ysige water paadjies wat besaai lê met klippe loop. As iemand ouch of eina roep kry sy ń harde stamp op die rug. So ploeter ons voort.

ń Plan neem vorm aan in my kop, ek skuifel so dat ek baie naby ekmyself loop, fluisterend naby haar oor vra ek, “Het jy nog jou telefoontjie?” Sy knik. ” Dink jy as jy kan ontsnap sal jy kan terug kom tot by die grot?” Sy kyk my vrrbysterd aan, “Ek sal nooit kan weg kom nie”. ” Ons moet probeer. As jy by die gfot kan kom, moet jy probeer uitvind wzt het gemaak dat ons deur tyd gereis het. As jy kan terugkom in die hede, kan jy Camille bel en sy kan hulp stuur. Ons kan probeer om die soldate se aandag af te trek, sodat jy kan weg kom.” Verduidelik Trommeltjie. “Ons sal stukkies lap ongesiens laat val dan kan julle dit volv as julle terug kom”. “Soos in Hansie en Grietjie se storie” sê Toortsie.

Toortsie het aandagtig geluister na die verduideliking, sy knik haar kop heftig op en af. “Dit kan werk. Sal jy kan terug grot toe loop Ekmyself?” Vra sy. Ekmyself knik haar kop. “Toortsie ons moet weg van haar af beweeg sodat ons die soldate se aandag kan aftrek” Ekmyself fluister benoud, “Ek wil nie alleen gaan nie, stuur iemand saam”, fluister Ekmyself benoud. Ons kyk op en af teen die ry en wonder wie kan ons saam met haar stuur? Natuurlik, Woordnoot. Al fluisterend word die plan oorgedra van een vrou na die ander. Hierdie gaan fyn beplanning verg, dit moet net werk.

Positief wat nou redelik voor loop, maak of sy val en rol teen die soldaat vas, waarop nog ń paar vroue kastig struikel en al rollend teen Positief beland. Dit is ń geskree van ń ander aard. Ons ander storm nader om kastig te help. Pandemonium breek uit. Die soldate probeer harder as die vroue skree. Inttussen het Woordnoot en ekmyself soos ware gorilla vegters tussen die bosse in verdwyn waar hulle met ń draai terug sluip op ons voetspore.

Nadat orde herstel is, stamp die soldate ons weer vorentoe, strompelend gaan ons voort. Stil dankbaar dat die twee weg gekom het en met nuwe hoop in ons harte. Hoe lank ons so aangesukkel het in die donker weet ek nie, ons is almal lekker moeg.

Die soldate kom skielik tot stilstand en beduie ons moet hier afklim met ń leertjie, ons bevind ons nou in een van hulle loopgrawe. Gelukkig help dit dat ons uit die wind is. (die noorde wind word ook die Breva genoem en waai hier teen die berge) . Ons lyk soos ń klomp natgereënde hoenders.

Voor ons gaap daar skielik ń ingang, uitgekap in die klip en grond, dit lyk soos ñ mensgemaakte grot opening. Ons word summier hier ingestamp. Al struikelend kom ons orent en vergaap ons behoorlik. Ons staan in ń bunker, met ń tafel in die een hoek waarby ń man sit. Hy moet nou seker die bevelvoerder wees, hy sit daar met ń verbaasde gesig. Sy mond vorm woorde maar geen klank kom uit nie. Ek dink nie hy het al ooit so ń spektakel aanskou nie. Noudat ons in die lig is en na mekaar kyk, wil ons eintlik lag, as ons net nie so bang was nie, want so bedremmelde klompie het ons lanklaas gesien. Ons is betakel van die modder, ons klere kleef aan ons lywe, hare hang in slierte en dan is ons nog kaalvoet.

Skielik blaf hy bevele uit, die soldate spring behoorlik. Hulle kom aangehardloop met komberse. Ons dink, hy kry ons jammer, voel sommer beter, maar helaas dit is glad nie die geval nie. Hy wou ons net bedek, want sowat skamele klere aan ń vrou kon hy nie aanskou nie. Hy gluur ons nou woedend aan. Kameel vra benoud, “english?”

Vroue kleredrag in Italië in 1803

Virgo C tree paraat na vore ” no smugglers”, Una sê vinnig ” no spalloni”, onthou sy uit haar geskiedenisboek. Met die gooi die soldate al Frannie se broodjie diamate op die tafel en al ons selfone. Waarop hy Virgo C ń taai klap gee, sy steier agter uit. Die bevelvoerder neem die selfone een na die ander en bekyk hulle behoorlik, toe hy een van die selfone druk gaan hy aan en daar is ń foto op. Hy skrik en gooi die arme foon doer eenkant.

Hy blaf bevele en ons word weer verskuif na ń ander vertrek. Hier bondel ons in een hoek en hou intense beraad. Ons moet ń plan maak. As ons net met hulle kon praat en verduidelik. Die getuienis teen ons is verdoemend. Ons klomp moes aan die slaap geraak het van uitputting, ons word uit ons slaap geruk deur ń vreeslike lawaai. Die deur gaan oop en ń klomp klere word ingegooi, dis hemde en broeke. Hy beduie ons moet aantrek en verdwyn weer. Ons skarrel orent en trek die te groot klere aan. Wel as hjlle vir ons ander klere gee, gaan hulle ons seker nie teregstel nie, dink ons.

Hulle kom haal ons weer en in ń ry loop ons weer na ń ander kamer toe, daar word ons gemaak sit op stoele, ń soldaat begin by die punt en een vir een word ons hare afgeskeer. Die trane van vernedering en verslaendheid biggel oor menige wange, Aalsie val flou. Hulle knip ook al ons mooi gemanikuurde naels stomp af. Al ons juweliersware en ringe word af geneem. Ons probeer keer vir ons trou en verloofringe, maar dit baat niks. Or probeer keer dat hy haar ring neem, hy tel sy mes op, terwyl hy haar vinger vashou, sy begin opgooi. San haal vinnig haar ring af en gee dit voordat hy dalk regtig haar vinger afkap. Virgo C hou Ora se kop vas.

Ons hoop word al minder om ooit hier uit te kom. Die troue voel nou soos ń droom, baie ver van hier. Woordnoot en Ekmyself ek hoop julle kan ons help.

33 thoughts on “Gevaar 2

  1. Kyk ek het nou lekker gelees… maar die prentjie van ons sonder hare!!!! Ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Hoe gaan ons sonder hare op die troue lyk???? Ek sal eerder sonder klere as sonder hare daar aankom.

    Liked by 2 people

  2. Well, ek wou nog altyd kaalkop try gaan, maar is te bang, guess time to find out. Gelukkig het ons almal nog ons vingers. Mater, Julle moet terugkom, jy en Ekmyself. Ek weet nie hoe of waar nie, maar dinge effens ernstig en benoud nou, ek is effens benoud😐

    Like

  3. Genadetjie ons genadetjie toggie ai toggieaitiggieaitoggie … ek dog nog heeltyd dis Franse soldate daarom datvek oor Frans hoop. Italiaans. Sjoe, waar is daai lang lyste Italiaanse musiekwoorde wat ek jaar vir jaar vir my musuekeksamens moes leer. Sal dit nie kan werk ni?

    Like

Lewer kommentaar