Hierdie vorm deel van ‘n storie wat deur ‘n groep vroue, die Goue Vroue, geskryf word. Lees al die avonture hier: https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea
Op Rebusfontein is dit totale chaos, die Rebus-diere sit vasgevang in Frannie se toring, hulle is te bang om uit te gaan. Nou neem kos en water kritieke laagtepunte aan en hulle besef hulle sal moet plan maak met die wilde diere anders gaan daar niks oor wees van die mooie Rebusfontein nie en hulle almal sterf van honger en dors. Die pragtige watergat is nou net een groot modder papperasie. Die water baie min. Dadelik belê hulle ń noodvergadering.
Daar word woes kop gekrap en voorstelle voor gelê, planne word beraam. Uiteindelik word besluit Faye sal uit moet vlieg tot by Blommetjie, (sy is gelukkig so klein dat sy ongesiens daar kan kom). Blommetjie en seekoeitjie moet dan op een of die ander manier die wilde diere uitlei uit die dorpie uit na die waterval. Daar sal genoeg water wees, nog skuilplek in die grot en genoeg gras en plante om te eet. Hulle kan dan daar bly tot die goue vroue terugkeer.
Die diere loer angstig by die vensters uit om te sien of hulle plan gaan werk. Gelukkig kan diere met mekaar kommunikeer en sal seekoei ten minste die wilde seekoeie kan oortuig om haar te volg. Faye sal by Blommetjie bly en vir haar die pad wys na die waterval, nie een van die twee was al by die waterval nie, aangesien dit uit ń verhaal kom voor hulle tyd. Danie en Karolus ken egter die pad en het mooi vir Faye die koòrdinate gegee.
Hulle sien hoe Blommetjie begin aanstap in die regte rigting en slaak ń sug van verligting, toe hulle sien die seekoeie volg, daarna die olifante en die blouwildebeeste. Dit lyk kompleet soos die Israeliete se trek uit Egipte.
Met die laaste stoffie in die verte begin al die diere na buite beweeg met groot verligting, arme Frannie se toring sal moet gefumigeer en geskrop word na die diere se verblyf daar. Hulle staan egter verslae toe hulle die vertrapte grasperke, die papery dam aanskou. Hulle sal moet hulp kry om hierdie chaos te herstel voor die goue vroue terugkeer. Hulle gees is gewillig maar hulle vlees is onvoldoende vir die taak. Een van die honde word gestuur om vir Boeta te gaan soek, hy sal moet kom help.
By die waterval het al die wilde diere hulle tuis gemaak en word daar vreedsaam gewei en geswem. Die seekoeie geniet die waterpoel onder baie meer as die dorpsdammetjie. Dit begin al meer na huis voel.
Blommetjie het stilletjies terug gesluip meent toe, sy het egter seker gemaak geen wilde dier volg haar nie. Daar was ń blye weersiens tussen haar en die Rebus-diere. Hulle het beluit dat hulle ń brandwag sal moet aanstel om te waarsku as daar nog ongewensde besoekers opdaag. Gelukkig weet hulle nou uit watter rigting die verrassings kom.
Daar is weer vrede op Rebusfontein.
Dankie tog die diere is uit die dam!
LikeLiked by 2 people
En dankie tog Frannie se toring is weer leeg!
LikeLiked by 2 people
Moet sê, ek sal graag self in hierdie lieflike water by die waterval wil afstof eens Jumanji geskree is!
LikeLiked by 1 person
Ek wonder as Jumanji geskree is, gaan die dirre outomaties terug na hul wildernis?
LikeLike
Ja, dis klaarblyklik soos die legende verloop, Trommeltjie. Eensklaps is als terug na norrmaal toe.
LikeLiked by 1 person
Dan kan ons die waterval geniet
LikeLike
Presies wat ek ook dink.
LikeLike
Daai seekoeie met net nie te gerus raak in die waterval nie.
LikeLike
O gaats, hoor ek ń kinkel in die kabel aan did kom?
LikeLike
Moontlik moontlik
LikeLiked by 1 person
Ai Trommeltjies, ek sug sommer van verligting. Nou verstaan ek Danie se modderfoto. Dis natuurlik van lekkerkry toe Rebus se dam weer ons diere se dam geword het!
LikeLiked by 2 people
Ek dink hulle het sommer ń modderbad gevat uit vreugde
LikeLiked by 1 person
Praat jy! 🙂
LikeLike
Eish….julle weet dan mens moet nie met die natuur inmeng nie. Dankie tog ons is voorbereid op die modder en goed wat wag…
LikeLiked by 1 person
Ek glo boeta en die diere gaan dit mooi herstel.
LikeLike
Rebusfontein normaal? Nooit, kannie wees nie 😇
LikeLiked by 1 person
So normaal as kan kom
LikeLiked by 1 person
Trommeltjie, red jy sommer netso ons mooie Rebus. Ek dink Appeltjie weet dinge, dat dinge en talente begin verander, begin wonder of sy die een is wat die toekoms sien
– dalk haat talent wat sy kry in die speletjie..
LikeLike
Gits nou laat jy my mos wonder, oor veranderinge en talente en dinge, jy sien hier sit ek nou met ń blouwildebeeskalf wat my volg soos my skaduwee😉🤫
LikeLike
💜😉
LikeLiked by 1 person
‘n Mens kan nie die wilde diere kwalik neem nie. Ons het n pragtige dam.
LikeLiked by 1 person