
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf. Ons is geanker in die werklikheid, maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer. “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt. Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.
Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).
Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b35
Nou is dit my beurt, na die praatstok ń skielike ompad moes maak na Toortsie en Woordnoot. Sien as die swarthond op my toesak gryp hy al my woorde uit my mond, my energie uit my lyk en trek my brein toe met ń miskombers. Sulke tye is die beste wat ek kan doen, is oorleef.
Dankie Woordnoot dat jy hom nou aangegee het. Hier sit ek nou met die praatstok in my hand en wonder watter storie sal ek oor wil praat, daar is so baie in hierdie tye wat met ons gebeur en wat ons beleef. Na Woordnoot se skrywe en nadat ek gister na Gretha Wiid geluister het, onderstreep dit vir my een woord GENADE.
Die Woord sê vir ons dat God se genade elke dag nuut is. Dink bietjie mooi daaroor, nie opgewarmde genade, tweedehandse genade, gerestoureerde genade of ekses genade nie. Elke liewe oggend spik splinternuwe genade. Die begrip daarvan boul my uit, die Here het ons so vreeslik lief dat ondanks wat ek en jy doen, Sy genade verander nooit en word nooit ooit minder nie.
Nou my tweede gedagte, juis na aanleiding van Greta Wiid se skrywe op facebook, stem ek dat hierdie is ń tyddat ons genade moet betoon teenoor ons medemens. Het jy al in sy skoene geloop, het jy al deel van sy storie geword? Waar jy ook al wandel betoon genade. God weerhou nie Sy genade van ons nie, so hoekom wil ons, ons genade weerhou van die mense om ons. Ons almal kry swaar op verskeie gebiede. Daar is soveel van ons wat sukkel met depressie, met angs. Ons kommer ons oor finansies en voel soms daar is nie antwoorde nie. Juis daarom moet ons met sagte oë kyk na ander. Soms is dit so maklik om hard en krities te wees teenoor familie en vriende, was jy in sy/haar skoene?
Dit is altyd vir my wonderlik hoe die Here met ons kom praat deur dinge wat ons raak luister of raak lees op ons pad.
Juis in die tyd wat die swarthond weer hier om my enkels kom snuffel het en baie hard aan my broekspyp getrek het, om my in die diep donker in te trek, sien ek op facebook ń herinnering foto van my Sylke, toe sy hemel toe is. Die onthou het om my kom vou soos ń wolkombers. Een groot lekker onthou. Dit was ook genade van Vader, die dag tod daardie klein blou oog hondjie my lewe binne gestap het. Julle sien dit was net na die groot, groot donker oor my toe gesak het. Die tyd nadat ek moes terug kom om te kom leef in ń wereld waar ek nie meer deel van wou wees nie, maar Vader my terug gestuur het. Dit was swaar, ek het gevoel asof die gewig om my voete my geknel hou, maar toe kom Sylke en sy klim solied in my hart. In die oggende as ek my uit my bed gesleep het was daardie klein bondeltjie lewe daar om my, my tree te laat gee. Sy was vir my die heel beste terapie.

Later het sy so deel van my winkel lewe geword, sy was Bali Jati se mascot. Almal was mal oor haar en sy het so ń impak op so baie lewens gemaak, maar bo alles in myne. Ek kan heeldag oor haar skryf, vir my was sy die toonbeeld van genade en onvoorwaardelike liefde.
Hierdie dames is hoe ons na ons self moet kyk en vir ons kinders en kleinkinders moet leer, dit is ń absolute toonbeeld van genade. Gaan lees weer Ps139 en dank die Here vir Sy genade.
Ek praat baie hard met myself ook, want soms het ek geen genade vir myself nie. Ek kan baie hard op myself wees, so dink ek doen ons almal. Die feit dat ek vandag weer die lig sien en uit my maag kan lag is genade.
GENADE! Ons onrvang almal soveel, en ons vergeet dit so maklik. So bly jy kan weer glimlag!
LikeLiked by 1 person
Dit is so, ons kla so maklik
LikeLike
Jy het my nou in trane, Trommeltjie. Jy stap al ń lang pad, vriendin, en steeds is jy blymoedig. Jou foto op facebook van Sylke is kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Sommer weer ń traan gestort. Sy was ń engel
LikeLiked by 2 people
Die nabywees van ‘n liewe hond of kat is van die kosbaarste genades op hierdie aarde. Sylke lyk so baie na my dogter in die VSA se hond Honey, dat ek nou sommer erg verlang!
LikeLiked by 1 person
Frannie hulle is die bedte honde, baie baie slim
LikeLiked by 1 person
Liefste Trommeltjies, watter mooi boodskap het jy vir ons! Ek is so dankbaar dat jy die liederlike swart hond kon afskud, dat God juis op ‘n swart dag vir jou weer kom herinner het aan ‘n ander, geliefde hond. Jy is pragtig en ons is baie lief vir jou.
LikeLiked by 2 people
Dankie Toortsie
LikeLiked by 1 person
Baie waar Appeltjie
LikeLiked by 1 person
Sjoe, ek is sommer saam met jou hartseer, dankie vir die mooi boodskap.
LikeLiked by 2 people
His mercies are new every morning…..
LikeLiked by 2 people
Oeff, om so te voel is nie lekker nie. Stap in so iemand se skoene is nodig om te verstaan . Been there, done that. En die onvoorwaardelike liefde van n hond is onbeskryflik .
LikeLiked by 1 person
So mooi boodskap, bly jy voel beter🌻🌻
LikeLike
Ek dink altyd as die swart hond weg sluip, vul dit my met soveel dankbaarheid. Ek weet tot watter dieptes hy jou kan sleep, want ek was al daar en op my nerwe terug gekom.
LikeLike
💜💜
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die baie mooi skrywe oor genade. Baie bly die depressie het gelig en dat jy beter voel.
LikeLiked by 1 person