Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

Ons koppe is nog eintlik bietjie aan die draai, die hele wereld en alles om ons voel so bietjie ver, asof jy eenkant staan en alles van ver beleef, dit voel onwerklik. Dit voel asof ons binne ń mis newel is. “Wat gaan aan, wat het gebeur?” Vra Positief. Geleidelik begin die wolk lig, ons staan op Rebusfontein se meent, almal met groot vraagtekens op die gesigte. “Was ABBA hier, Pierce?” Kom dit van Aalsie. Liewe lulu, wat gaan aan?

Die son steek sy kop agter die wolke uit, alles is in goud gebaai. Skielik besef ons elkeen staan met ń nota in die hand. Trommeltjies sê, “Aangesien alles begin het met ń voorstel van Toortsie, lees jy eerste Toortsie dan gaan ons in die kring om”

Toortsie lees, ” Liewe goue Toortsie met die mooi stem wat Voulez-Voulez tot nuwe hoogtes geneem het, dankie vir jou voorstel wat ń asemrowende aand tot gevolg gehad het, volg altyd jou drome en hou aan sing”

Una lees, “Goue vrou Una met die mooi hart, soos jy en Frannie tereg gesing het, The winner takes it all”, jy is ń wenner. Moet sê daai lyf van jou kan wikkel en draai op die dansbaan.”

Aalsie lees, Liewe praktiese goue vrou, sonder ń verhoog kon geen wonderlike konsert plaas gevind het nie, bou voort en sing uit jou hart Mama Mia, jy mag maar”

Seegogga, “Jy en mnr. Krap het ons betower, laat lag en laat saam dans. Hou aan dans elke dag, vul jou dae met vreugde.”

Appeltjie, Goue vrou vol verassings, jy het ons voete onder ons uitgeslaan. Fernandoo, sal nooit weer dieselfde wees nie. Gebruik altyd jou inisiatief.”

“Liewe tannie Frannie, brose fyne dame. We will Take a chance on you. Mensig jy het ons verstom met jou kareoke saam met Una. Julle is albei wenners.”

Virgo C lees,” Girl daai paaldanse, sjoe jy mag maar. Soveel soepelheid, veral na die baie groen dip en chippies, (al het jy geweet van die slang in die gras). Die drie nefies het natuurlik ook ń bydrae gelewer tot jou soepele roem. Lag altyd, lag baie.

Positief, ” Dejá vu? Droom of werklikheid. Miskien vind ons die antwoord op ń heel ander manier. Ons sal jou “I do, I do, I do” altyd onthou. Jy skep vir ons ń enigma, maar net dalk loer die antwoord alreeds vir jou. Droom altyd positief, moet nie ophou nie

Woordnoot, San, Christa, Sonel julle is op die oomblik verweef in julle eie besige lewens. Elk met sy eie opdraendes. Onthou net altyd, saam is ons sterker.

Ons kyk na mekaar, waar kom die notas vandaan, nog ń enigma? “Hoekom praat die notas nerens van Scrappy nie, Woordnoot, San, Christa en Sonel word genoem” Vra Aalsie.

“Wel ek weet een ding, ons Goue vroue is almal vir een en een vir almal, ń onbreekbare goue sirkel. Kom almal, ń groot groepsdruk.” Sê Trommeltjies. Ons storm laggend na mekaar, vorm amper ń rugby scrum met ons druk, en daar tuimel ons in ń losgemaal al laggend op die gras neer.

“Goue vroue voorwaar saam is ons sterker” sê Appeltjie. Met die sien sy Scrappy en haar vriend Elon Musk aangestap kom. Sy beduie vir ons om te kyk.. “Hallo almal, kom kom kom, op is julle” sê Scrappy al laggende. Ons het julle die hele tyd deur zoom dop gehou. So was ons deel van julle pret. Jammer Positief dit was ń werklike ervaring. Al het dit soos iets uit ń ander dimensie gevoel. Woordnoot, Christa, Sonel en San kon dit alles saam met julle beleef, selfs die tye wat hulle nie daar saam met julle kon wees nie. Ons het gelukkig goeie kontakte in die elektroniese wereld” knipoog sy vir Elon.

” Is julle te moeg na die vorige aand se jollery vir ń nuwe avontuur?” Vra Scrappy,al die vroue is dadelik gereed. Die woord avontuur is ń kits regmakertjie in enige Goue vrou se lewe. ” Vertel asb Scrappy, ons harte gaan dit nie hou nie. Ons het een swakte, dit is oormatige nuuskierigheid” sê Virgo.

” Nou kom ons stap met die bospaadjie hier oor die heuwel, laat ons julle nie langer in spanning hou nie. Ons kom oor die heuwel en wat staan daar? ń Regtige, egte Zeppelin. “Nie geweet dit bestaan nog nie, wat nog van vlieg.” Sê Toortsie. Ons staan met oop monde die tuig en aan gaap. Totaal uit die veld geslaan. ” Komaan julle, die tuig kan nie vir ewig wag nie” nooi Elon.

Soos blits is ons daar en klim aan boord. Tot ons groot verbasing is dazr reeds ń paar ander passasiers aan boord, ABBA, Pierce Brosnan, Woordnoot, San, Sonel en Christa.

Weereens besef ons, in Rebusfontein is enige iets moontlik.

Die “Eureka” se raam is oorgetrek met dieselfde high-tech materiaal wat gebruik word om NASA se ruimtepakke te maak. Die lugskip is gevul met ń nie vlambare helium en is ontwerp vir optimum veiligheid en gerief. Die lugskip se tuiste is by die historiese vliegveld Moffatfield naby San Fransico.

22 thoughts on “Swanesang

  1. O Trommeltjies! Die slot het perfek gewerk. Was dit die Q20? Of die Frangelico? Of albei? Sjoe, dit is lieflik geskryf.
    En nou wil ek bieg. Dit was glad nie eers my idee nie. Una het ‘n jaar voor haar 60e gesê dat sy ‘n Abba partytjie gaan hou en ons almal gaan nooi. Toe kom Covid. En ‘n rukkie terug het sy vir Danie gesê dat sy lus is vir ‘n regte Rebusfonteinpartytjie. So, alle eer aan Una met die puik idee en alle eer aan elkeen van die Goue Vroue wat Abba tot ‘n vlak geneem het wat hulle nie eers weet dat dit bestaan nie. 😁

    Liked by 2 people

  2. Dankie dat julle my nie agtergelos het nie….ek het elkeen se liedjies so geniet. En as ek dit klaar gelees het, vir my ‘n glasie wyn ingegooi en op my leë stoep gaan sit en neurie…

    I have a dream,a song to sing,
    To help me cope with anything
    If you see the wonder of a fairy tale
    You can take the future even if you fail
    I believe in angels
    Something good in everything I see
    I believe in angels
    When I know the time is right for me
    I’ll cross the stream – I have a dream

    Julle is voorwaar die engele in my lewe!

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s