Ek luister ń preek van Stephan Joubert op 31 Januarie – As jy die enigste een is wat die vuur doodslaan. Dit woel al van toe af in my gedagte werêld rond. Ek weet ek moet hierdie boodskap deel en nou op vooraand van Paasfees weet ek, nou is die tyd.

God vra vir Kain :”Waar is jou broer Abel?”. Kain antwoord: “Ek weet nie, is ek my broer se oppasser?”.

Fyodor Dostoyevsky sê: “Each is responsible for each and I more so than the others”.

Hierdie is die enkele belangrikste vers in die ou testament. Kain voel, Here ek is nie verantwoordelik nie, hy is verantwoordelik vir homself. Is hy? Nee, hy is aanspreeklik en ek en jy is aanspreeklik. Ek is my broer, my naaste se oppasser. In die nuwe testament gee Jesus die groot opdrag. Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.

Die vuur brand, die corona-vuur brand. Ek en jy moet in die vuur staan, ons moet die vuur doodslaan. Die een moet die ander hoër ag as homself. Ons moet die kruis van selfsugtigheid en selfbeheptheid neerlê en besef ons is aanspreeklik vir ons broer.

Hou die reëls. Moenie deel word van die probleem nie, wees deel van die oplossing. Hou jou afstand, dra jou masker, al is jy al siek vir hierdie reël. Al is jy moeg van maskers dra. Wees die oplossing. Jy is jou broer se wagter, waak oor hom doen wat reg is vir hom.

Die antwoord op Gen 4 is Matt 25:35-41

Want Ek het honger gehad, en julle het my te ete gegee; Ek het dors gehad en julle het my te drinke gegee; Ek was ń vreemddling en julle het My herberg gegee; Ek was naak en julle het My geklee; Ek was siek en julle het My besoek; en in die gevangenis en julle het na My gekom….”

Meld aan vir diens, druk jou vingerafdrukke af op die rondom jou. Speeltyd is verby, dis tyd dat ons besef, ons is ons broer se oppasser, sy wagter.

Dis nou Paasfees, ons vier Jesus se kruisdood en opstanding uit die dood. In hierdie tyd kyk na jou broer en ag hom hoër as jouself. Hoër as jou gerief.

Laar die Here eendag vir jou sê:”Goeie getroue dienskneg”.

Mag julle ń ware Pesach vier hierdie jaar en onthou dis nie net ń lekker lang naweek nie, mag jy uitkom by die kruis. Mag jy geseënd wees en bly veilig

14 thoughts on “Is jy jou broer se oppasser?

  1. Dis so n ware woird Trommeltjies. Ons gaan by due skoonkinders kuier. Ons kry n lysie goed om saam te bring. Ek vra of ons tyd gaan maak vir nagmaal donderdagaand of vrydagoggend. Dis paasfees. Ek moet.

    Like

    1. More gaan ons, in ons sitkamer in eenheid met die kerk voor die tv. Ek het ook gedink more maak ek en my kleindogters ń houtkruis en maak hom staan en ń doringkroon en rooi vir die bloed.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s