Dis ń geskarrel vir ń vale, oral word goedjies aangedra na die lang tafel. Christa dek die tafel alte keurig.
Trommeltjies het besluit hierdie jaar gaan ons nie blieng-blieng nie, ons gaan ń natuurlike kerstafel he. Bossies blomme uit die natuur, denne balle en loof met baie kerse, al die kerse is wit.
Trommeltjies sit plat op die grond met Karolus wat by haar voete lê, daar word versierings aan mekaar gebind op pragtige tafelrangskikkings te vorm.
Skielik breek daar pademonium los onder die diere, rats spring Karolus op om sy vriend Danie te gaan bystaan in die beskerming van Rebusfontein. Ons almal staar verdwaas na ń valskerm wat stadig neer daal uit die lug. Vanaf die valskerm se kant kom daar musiek. Wat? Musiek? Ons kyk na mekaar stom geslaan.
Dit lyk asof daar ń groot pakkie onderaan die valskerm is. Dit is ń groot rooi vierkantige houer met ń groot goue strik bo op. Ons almal staan nader, welliswaar baie versigtig. Ons kyk na mekaar, wie gaan dit oop maak? Die mooiste klanke kom uit die houer. Seppie staan nader, hy stamp stamp aan die ding. “Wag Seppie, netnou is dit breekbaar” skree ons.
Een vir een benader ons die houer en met baie omsigtigheid begin ons die papier los wikkel. “Wag eers” skree Annemarie “Hier is ń kaartjie” Sy begin lees, ” Dankie vir al julle liefde en omgee, dat julle ons ń sprokie kersfees gegee het, ons is julle ewiglik dankbaar. Mag ons geskenk julle kersfees nog meer spesiaal maak. Kerfie en Maria💓💓💓.”
Nou is daar geen keer aan ons nuuskierigheid nie. Ons woel die papier los, die goue strik trek deur die lug en land op Seppie se kop. Ons skaterlag vir die prentjie.
Die laaste flap word gelig, binne in is elfie wat die oulikste draaiorreltjie draai of speel.
Wat ń wonderlike geskenk, ons almal oe en aa rondom die draaiorreltjie. Skielik onthou Aalsie van die elfie. Hy is deur Kerfie en Maria saam gestuur om musiek te maak tydens ons kersete, sy naam is Wikkerman, hy gaan weer na die kersete terug na Wonderland.
Trommeltjies! Dis sooo mooi. Hoendervleismooi.
LikeLiked by 2 people
Dankie Toortsie
LikeLiked by 1 person
Trommeltjies,ja!
LikeLiked by 2 people
Dis so mooi geskryf, Trommeltjie, en nou het ons sowaar ń yslike geskenk vir Rebus gekry!
LikeLiked by 2 people
Dis voorwaar uniek
LikeLiked by 1 person
En ek is gaande oor die musiek. Sang en klanke maak altyd my dag.
LikeLiked by 2 people
Wikkerman. Ek lees nou eers, vang op. Die tafel is so effens anders gedek.
LikeLiked by 2 people
By Rebus werk sinkronisasie nie altyd nie.
LikeLiked by 2 people
En dit maak ook nie saak nie. ❤️😁
LikeLiked by 1 person
Aaawwww!!! Dis so mooi geskryf. Dat hulle sowaar aan ons gedink het!!
LikeLiked by 2 people