Liewe land was dit nou vir jou ń reis, genadiglik reis ons in ń kits tot op Rebus. Met my stop by my ou verwaarloosde tuintjie, breek daar ń kakafonie uit in my kar. Karolus sien vir Danie en groet met sy skelste stemmetjie, net daar trigger hy die hoenders. Die haan kraai asof hy sy stempel vir die nou en die verre toekoms wil afdruk as hoof hoenderhaan van Rebus. Die henne val weg in ń koor en sing so lekker laat hulle lywe begin wikkel. Net daar, poems, word Rebus se eerste eier gelê, letterlik val sy met die deur in die huis.

Karolus skarrel nog gou om sy nuwe kershoed op te sit, dat die ander diere kan sien.

Geleen by google

Genadiglik met die oopmaak van die deure is die diere uit en begin dadelik vriende maak, dis ñ gegroetery oor en weer. Danie kommandeer hulle dadelik op om na die plein te stap.

Gelukkig kom red Toortsie en Una my, daar word ywerig uit gepak en ingedra. Met my in stap in my huisie, gaan staan ek ń oomblik stil, sluit my oë en adem behaaglik die reuke van Rebus in. Ek voel hoe ek gevul word met vrede en vreugde.

Una en Toortsie skaterlag in die kombuis, ek loer om die deur, dis vir my groot flamink lilo wat die twee staan en lag. “Hi julle, ek wil nie ń ou vervelige plat lilo hê nie, myne moet darem ń kop ook hê, ek weet hy is baie pienk, maar hy maak ń indruk” Die twee bars weer van voor af uit van die lag. Ek staan so na die twee en kyk en my hart voel warm, ek is by my hartsmense.

Ek vra vir hulle oor wie gaan help om vir my ou hoendertjies ń naghokkie te bou, waarna die twee so oor mekaar begin praat dat ek net kopskuddend na hulle staar. Ek hoor iets van boerboel en boerseun, sag op die oog, goed met ń tang. Ek maak hulle stil, want hierdie maak geen sin nie, ek word summier aan die hande gegryp en letterlik na buite gesleep. Hier kom Seegogga en Woordnoot ook aan gestap, nee, gehuppel?? Wat gaan hier aan, wonder ek? Net toe val my oë op die Adonis in die tuin, spiere gebult onder die eina kort broekie. My asem is weg, ek gaap soos ń vis op droë grond, droom ek, sien ek gesigte?

Eers op Una se stoep na ń groot sluk heerlike volronde rooiwyn, kom ek agter die kap van die byl. Nou verstaan ek alles, sug behaaglik en strek my bene lank uit in die son vir my broodnodige vit D. My hoenders se hokkie blyk in veilige hande te wees.

16 thoughts on “Terug op Rebus

  1. Wat ń heerlikheid om weer vir Karolus te sien! En dan lê die hoendertjie sommer dadelik Rebus se eerste eier! Dis ń fees, Trommeltjie, en jou skouhaan is ń groot aanwins. Die naghokkie, jip, ons sal dat broer Markus vandag daaraan begin bou. Kry jou stoep in orde, die span gaan soontoe moet oorskuif!

    Liked by 1 person

  2. Jou flamink lilo, dis ń wenner! Ek gaan myne ook vandag opblaas, vanmiddag word daar geswem… o gits, hoor jy ook daardie geluid? Klink kompleet soos ń, nee, dit kan mos nou nie? Seekoei? Kom laat ons hol en gaan kyk.

    Liked by 1 person

  3. Karolus is te pragtig en jou lilo! Ek is mal daaroor. Jong, dit wat jy voel is regte Rebusfontein lewe en noudat daar ‘n jongman is om ons gou ‘n bietjie te help in ons tuine en met die herstelwerkies, sal Rebus sommer gou-gou weer sy ou self wees. Of is dit sy nuwe self? 😁😝

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar op Una Kanselleer antwoord