So gebeur een ding en dit kring uit in ń rimpeleffek met vele komplikasies.

Tong in die kies gebeur myne met ń bo agterste kiestand wat net eenvoudig breek, in sy tjops in. Nee, ek het nie ń taai toffie of ń stuk biltong ge eet nie, ek het net rustig gesit en aan my ou glasie Hermanspietersfontein wyntjie gesip op die Vrydagaand, toe sit ek met driekwart van my tand in my hand. Ons is by ń hennebraai by skoonsus se sus se huis by Onrusrivier, dus maak jy nou nie ń groot ding van die tand storie nie, jy is net bly hy pyn nie.

So besef ek ook, hierdie is tandtrekkery stories! Skoonsus en dogter kuier by ons tot die Woensdag, so ek kan nou nie voor die tyd die storie laat gebeur nie. Intussen gaffel die skerp punte my wang flenters.

Woensdag is hul vliegtuig nog nie behoorlik in die lug nie of ek sit in die tandarts stoel. Ja, dis nes ek vermoed het tand trek stories. Hoekom so ń mond spuitery nou so pynigend moet wees, weet ek nie. Die volgende deel was net aaklig, dis ñ gekraak van ń ander aard so in jou oor, die tand het so stuk, stuk met groot gesukkel uitgekom. Na al die gegrouery moes daar toe nog steke inkom.

Nou leer ek ń nuwe ding, as jy enige prostese het, bv. Heupvervanging ens moet jy ń kurses anti biotika of penisillin kry as jy ń tand trek. Blykbaar as dit sou infeksie maak kan dit dan na daardie plek versprei. Nou ja, ek moet nou my ou pilletjies kry en sluk.

Donderdag staan ek met ń skeef geswelde gesig op en ń pynende mond, Vrydag begin my sinusholte aan die uitgeplukte tandkant pyn en toe neus. Nou vrees ek vir verdere gevolge, want sien ek moet na my twee kleinkinders kyk terwyl mamma nog by die skool moet wees. Ek hou my dapper en ignoreer al die simptome, want dis wat oumas doen as hulle nodig is. Teen Vrydag voel ek goor vd sinus maar gaan dapper voort, terwyl die tekens van verkoue begin intree. Sinus is vir my altyd die voorloper van keelontsteking en laringitis.

Die bleddie tand, Saterdag staan ek op met ń gans-stem nou vou die verkoue my in sy wurggreep toe, ek lê sommer net. Voel skoon jammer vir myself. Ek weet ook ek durf nerens my hoesende, niesende self in die openbaar laat kom nie (nie dat ek enigsins belang gestel het om buite die huis te gaan nie), met covid19 wolk oor ons koppe, sal almal heel paniekerig raak. Ek weet dis net ń verkoue en dis aan die beter word maar nietemin, nou wil jy nie eers enige mens aansteek met verkoue nie.

Nou is dit Maandag en ek bly net by die huis, nie omdat ek agv ń “tand” verkoue het nie, maar omdat dit is wat ons almal moet doen.

Ek het ń dogter met 2 outo immun siektes en sy is hoë risiko geval vir COVID19, so my beroep is op almal, al voel jy nie siek nie, bly tuis. Jy is dalk ń draer wat iemand soos sy kan aansteek en haar dood veroorsaak. Dit klink blatant gestel, maar dit is hoe dit is.

Vanaand is die vonnis gevel deur Ramaphosa, lock down vanaf Donderdag middernag. Skielik maak ander dinge saak, nuwe perspektiewe. My hartsmense moet veilig wees, gekoester wees. Ek bid en bid en bid. Hou my geliefdes veilig o Here, daar ver in Kanada waar Annemie ñ dokter is. Hou Jana veilig beskermd onder U bloed waar sy so weerloos is, weg van kieme. Bring Una veilig terug tot by Bertus. Laat Nadi hulle ń vlug terug kry en veilig tuis kom. Here hou almal wat ons liefhet veilig deur hierdie krises. Skielik maak net almal se veiligheid saak, Here U is ons antwoord, ons beskermer, ons geneser. Nou maak ek nie saak nie, net my hartsmense.

8 thoughts on “Rimpeleffek

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s