Ek en Una het so ń groot vrede en rustigheid by ons kluisenaar kom vind, met so asem ophou mooi vioolspel en die fenominale (gehoor vriendin sê, dis my woord) uitsig. Hy is toe glad nie ń kluisenaar nie, net iemand wat wou een word met die natuur en sy binnemens. Ja, ek weet julle sug nou en sê,maar ek beskryf ń kluisenaar, maar hy is nie die tiperende kluisenaar nie. Ok, ok, nou wil julle weet wat is ń tiperende kluisenaar in my oë? Wel, dis ń persoon wat mens sku is, kwaai is en niemand naby sy ruimte toe laat nie, eksentrieke mens, gebroke deur die lewe, diep geskaad deur mense….

Wel ek gee toe, ek wonder oor hom. Jy kan hoor hy is nie ń kombuis musikant nie, daar steek meer agter hom as wat die oog kan sien en alhoewel hy baie vriendelik was, is hy terughouddnd. Praat nie oor homself nie, bietjie ontwykend, verander gou die gesprek as dit  persoonlik raak.

Kyk julle, ek kon my nog altyd verlustig in ń man met ń jean aan, loshang hemp en kaalvoete. Ek weet, ek weet, dalk vreemd, maar dis nou my bekoring. Nou ja, toe stazn hy daar en speel nog hierdie hemelse viool. Hy het ons betower. Moet byvoeg hy is nou ook nie onaansienlik nie. Sag op die oog, julle verstaan. Moenie vertel nie, maar Lorenzo het groot kompetisie. Lazt ek ophou “drool”.

Ek en Una sit hier onder die boom met ń bottel rooiwyn en baie ys, (moenie oordeel nie, ons mag ys saam met rooiwyn drink. Ons moet nou ernstig eers hierdie hele ontdekking bespreek, alles in retrospeksie neem.

Ons wonder….

26 thoughts on “Die kluisenaar 2

  1. Trommeltjies, jy het hom SO raak opgesom, dankie daarvoor. Dis goed om jou buurmense te ken, veral vir ons klomp Towerinne wat alte maklik in die moeilikheid raak!

    Like

Lewer kommentaar