Hierdie blogpos is geskryf om deel te neem aan die Towerinne se bloguitdaging om ‘n vervolgverhaal te skryf oor die misterieuse herehuis naby Rebusfontein waar die dames besig is om ‘n biblioteek te restoureer. Die mense en die plekke is fiktief en sover ek weet is daar nog nooit geraamtes gevind by die waterval op die foto wat hierbo geplaas is nie. Om die ander deelnemers se bydraes te lees, volg hierdie skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313


Persone wat graag wil deelneem aan die bloguitdaging of diegene wat graag ‘n tweede rondte wil skryf, moet asseblief nou inskryf deur hierdie vorm te voltooi.

screenshot_2019-09-05-10-21-55-1-1

Hier volg die volgende episode in hierdie intriges van Eden,

Ek staar na die huis, rookwolke borrel by die venster uit, daar is ń hart verskeurende kreet en  daarop volg diep innige snikke.  Ek hoor ń stem wat sê:”Joseph het die sleutel in sy sak”. Dan een verskriklike lang uitgerekte kreet. Ek voel die trane oor my wange stroom, ek staan totaal magteloos. Ek hoor iemand roep, vaagweg vanaf ń veraf plek. Dit klink soos Kameel se stem. “Kameel kan jy nie sien wat hier gebeur nie?” Ek voel ń hand op my skouer, wat my skud en ek word wakker, al huilende gryp ek Kameel vas en snik teen haar skouer.

Ek het sowaar onder die boom aan die slaap geraak, terwyl ons die gebeure by die waterval bespreek. Dit het so werklik gevoel, ek kan nie glo dit was net ń droom nie. Almal wil weet hoekom ek so huil. “Gee my asb net ń oomblik om net weer myself te vind”. Ek stap eenkant en probeer my emosies onder beheer kry. Hierdie was so werklik, ek weet dit het betekenis, meer as net ń droom.  Ek stap terug en vertel hulle van my droom.

Julle ons moet ń plan van aksie loods, ek weet julle haat die tonnels, maar ek weet in my binnemens ons moet terug. Daardie tonnels wat vurk pla my, daar is meer te vinde, ek glo dit. Woordnoot hef ń protes aan, die ander sit groot oë. “Kom ons bekyk die dagboek weer, net dalk vind ons leidrade daarin” sê Hester. “Ons kan na my huisie toe gaan, daar is goeie lig in my eetvertrek, aangesien ek soms daar skilder” sê Seegogga.” “Dit is in elk geval beter as ons nie hier op die plein daarin loer nie, nou nou kom Broodina of een van haar trawante hier verby en sien waarmee ons besig is.” Kom dit van Positief se kant af.

In Seegogga se huis is die dagboek bekyk van alle kante af, maar helaas ons kon niks meer vind nie. ” Julle ouens ek dink ons moet eers bes gee, miskien moet ons Trommeltjies se instink volg en terug tonnel toe. ń Goeie nagrus sal ook al help, sodat ons met vars oë na dinge kyk.” Kom dit van Virgo C. Ons besluit ons sal more oggend moet terug gaan, jy weet nooit wanneer Broodina snuf in die neus kry nie dan ry sy ons planne totaal in die wiele.

Frannie,  ek dink jy moet bly as ons more oggend terug gaan, jy moet daardie kontak van jou by geboortes en sterftes kontak, vind uit wat jy kan. Toortsie, jy het mos altyd gesonde happies in jou spens en yskas, pak vir ons ń mandjie of twee. Perdebytjie kry daardie batterye gelaai. Frangelico, ai ek meen Lorenzo kry vir ons tou, ń lang tou. Al julle ander kry die flitse en kopliggies gelaai, trek goeie stapskoene aan. Aangesien Una, Seegogga en Vuurvliegie nou nie die noutes kan hanteer nie, moet julle miskien eerder daardie plek by die waterval deeglik bekyk. Ons was so oorstelp vandag dat ons nie verder gesoek het nie. Veral daardie geraamtes laat mens ril.

“Wat van die poliesieman en sy ou hond? Ek wil nie tronk toe nie.” Kom dit bewerig van Una.  “Ons kort ń aandagafleier vir die twee” kom dit van Christa,”Wat van ń ou happie vir die twee so met ń ou ietsie in om hulle rustig te maak? Lorenzo kan dit vir hulle neem more oggend.” Daar gaan ń gegiggel op uit die groep en die voorstel word aanvaar deur almal.

“Julle ons moet baie vroeg roer more oggend, die skemer oggend moet ons beskerm teen nuuskierige oë. Binne in die tonnels maak buite lig in elk geval nie saak nie.” sê Virgo C.

Gewapen met tou, kos, kopligte en flitse sluip ons af na die waterval. Una, Seegogga en Vuurvliegie skuil agter die bome om vir ligdag te wag. Ons ander pak die tonnel aan, paty dapperder as ander. Kort kort klink ń gilletjie op, gevolg deur giggels. Ons voel veiliger noudat ons weet die tou is ons gids terug na die buite wereld. By die vurk gekom, neem ons die ander tonnel. ” Julle dit voel dan nou ons loop opdraende.” Sê Kameel. “Oe dis grillerig, hoekom het ek nie maar saam met die ander by die waterval gebly nie, NEEEEE…” gil Bondels, in haar fynste, hoogste stem, toe daar meteens ń klomp vlermuise vlieg. Dit word deur ń hele paar gille gevolg, ń paar gryp na hul koppe en duik vir die grond.

“Ek voel ń briesie, dink julle ons nader die einde van die tonnel?” Vra een, waarop ons almal sommer opgewonde vinniger stap. Voor ons open ń grotkamer, daar is ń groot poel vars water en die mooiste stallagtiete uit die dak. Perdebytjie uiter ń geluid van verwondering en begin onmiddelik foto’s neem. Daar is tekens dat iemand hier gebly of gereeld besoek het. Daar staan ń groot kis agter teen die muur en ń paar goed, onder andere ń matras met ń pragtige, wel stowwerige, lappieskombers oor gegooi. Daar is ń groot slot aan die kis, ons ruk en pluk daaraan, dit is toe dat ń gedagte my te binne skiet. “Julle my droom”, seê ek “Wat van jou droom, die huis het gebrand, wat het dit met ń kis en ń slot te doen?”, “Ek het vergeet om julle te vertel van die stem” “Stem?” Koor dit. “Ja, daar het ń stem gesê, Joseph het die sleutel in sy sak. Sê nou een van daai geraamtes is Joseph? Dan is die sleutel dalk daar rond.” Almal gryp na hul selfone en kyk vir sein, telefone word gelig, en gewuif, maar geen sein. “Wag ek draf gou na die bek van die grot” sê Toortsie, sy draf vinnig weg. (Sy is fiks, sy is ń parkrunner). Ons ander gaan sit en maak die mandjie se deksel oop. Heerlike eetgoedjies loer vir ons, maar die bottel Frangelico wen. “Die Toortsie, is ou karnallie, Yeah!!!”

Toortsie rapporteer na ń tydjie terug, “julle sal nie glo waar ons is nie, toe ek uit die grot loop kon ek die waterval en Eden vandaar sien, hierdie was ń wonderlike uitkyk punt as jy die mense van Eden wou dophou” vertel sy. ” Toorts wat van die sleutel? ” roep Bondels uit. “Julle, Seegogga het ń sleutel gevind by die geraamtes, ek wou weet of hulle hom sal bring maar nee, hulle is glo te besig met hulle ondersoek. Een van ons sal die sleutel moet gaan haal”  Stilte, algehele stilte. Hester verbreek die stilte “Wel, Trommeltjies, aangesien ons die ander twee parkrunners is, sal ons maar moet gaan.” . Wel, wat sê mens nou, wonder ek, ek sal moet gaan.  Ek giggel in my binnekant, want ek weet die oumense het gesê, met spotter gaan jy na die bed, nou ja, my verdiende loon. Ons sal die terugtog moet aanpak. “Julle moet maar verder ondersoek in stel, dalk vind julle belangrike leidrade terwyl ons weg is.”

“As julle dalk sein kry terwyl ek en Hester weg is, vra een van die towerinne by die waterval om asseblief die Q20 by my huis in die tuinkamer te kry. Hierdie slot gaan bietjie meer as ń sleutel nodig hê, hy is lekker geroes. My huis sleutel is onder die Balipot op die stoep”. Roep ek so in die draf.

Ek en Hester het flou by die waterval aangekom, sommer op die gras neergesak. “Vertel asseblief wat het julle gevind in die grot? Ons is so nuuskierig? Is daar leidrade” koor almal saam. “Dit is wat ons moet uitvind, daarom het ons die sleutel nodig. Het julle die Q20? Waar het julle die sleutel gevind?” Babbel ek en Hester op ons beurt. Ons almal bars uit van die lag. “Wel om julle te antwoord, ons het die sleutel half onder die ander geraamte gevind, dit was erg grillerig moet ek byvoeg, ek dag Seegogga kap om, sy was so bleek soos die dood self.” kom dit van Vuurvliegie. “Ja en Una het doer ver gestaan en aan gepor, maar wou niks weet van naby daardie gebeentes kom nie” kom dit van Seegogga.

Die drie waterval towerinne het voet neer gesit en besluit hulle kom saam. “Nou wat wou, dan kon julle mos die sleutel gebring het” vra Hester met ń vraagteken oor haar gesig, waarop hulle uitbars van die lag, hulle wou ons kwansius ń poets bak en het gewed oor wie gaan terug kom om die sleutel te kom haal. Hulle was almal verkeerd, hulle het gedink Toortsie of Perdebytjie sal kom. Hulle vertel, Lorenzo het kom berig lewer dat polisieman en hond lepel lê onder die boom, die een snork harder as die ander, die dagga koekies het hul ding gedoen. “Wie gaan vir ons wag hou as julle saam wil kom, is Frangelica nog op sy pos?” Vra ek, “Ai, Trommeltjies die man se naam is Lorenzo en hy sal wag staan en ons dadelik bel as hy onraad bemerk” sê Una al laggende vir my blaps.

Van lekker lag, kom lekker huil, met die vlieg van die vlermuise het die drie mekaar vas gegryp en aller vreesliks gegil, waarop ek en Hester heerlik gelag het. Waar was Perdebytjie met haar kamera nou? wonder ek.

Terug in die grot was daar weer ń oor en weer gebabbel om almal op dieselfde bladsy te bring. “Trommeltjie, wat dink jy het die brandende huis, die geween en krete en die sleutel met mekaar te doen en wie was in die vuur, waar was die vuur? trek Christa in haar ernstige juffrou stem los. Nou kyk almal vraend na my. “Al wat ek weet, daardie huis was Eden, wel ń deel van die boonste verdieping. Wie in die brand vasgevang was weet ek nie, wat ek wel weet is dat dit beslis ń vrou was en sy het geweet van die sleutel. Ek wonder nou oor die brand, was dit gestig? Wou iemand haar uit die weg ruim, maar hoekom? Hoekom sy juis dit vir my wou vertel weet ek nie, ek het my nog nooit vreeslik aan drome gesteur nie. Hierdie een was net so werklik. Wat ek wel weet is dat ons nou verseker weet die twee geraamtes was Leonard en Joseph. Die sakhorlosie was Leonard s’n en die vrou het gesê Joseph het die sleutel in sy sak gehou. So, nou het ons die 2 minnaars en die minares se geraamtes. Wie wou hul dood hê? Watter geheime is saam met hulle graf toe? Nou nie letterlik nie. Wat is binne in die kis? Bring die Q20 dat ons daai slot bietjie spuit.” Antwoord ek. “Wie sê dis ooit die kis se sleutel” kom dit van Vuurvliegie.

Wel daar is net een manier om te weet, bring daai sleutel Una.  Ek pas hom in die slot, dit sukkel bietjie. Almal hou asem in afwagting, en met ń knars gaan die slot oop, “Kameel help my die deksel lig hy sit bietjie vas.” Kameel sal jy asseblief verder vertel, ons wag in spanning.

 

31 thoughts on “Die geheime sleutel

  1. Die liewe Towerinne! Hulle kan ook net die wegbly van moeilikheid af nie. Hoe het ek geweet ons sal kort voor lank weer terug wees in die tonnels? Ek hoop nie daardie kis lewer nog geraamtes op nie. Dis ‘n baie slim plan om Frannie te vra om geboorte- en sterfteregister te laat nagaan – dalk vind ons nog oorlewende nageslagte van die Angelwoods en Hardys. Welgedaan, Trommeltjies.

    Liked by 1 person

  2. En steeds zickens de plot!!!! Welgedaan Trommeltjies….jy het nou al weer nuwe moontlikhede geskep…wonder of daai wit flits wat ek eendag daar in die biblioteek gesien het toe ons die resepteboek bekyk het, dalk die een was wat so geskree het?

    Like

  3. Oe! Opwindend! Mondvol.
    1) ek het noutevrees, sou nooit een van hulle wees wat teruggaan nie, beslis nie alleen nie
    2) Ek is trots op die Towerinne wat altyd so saamstaan
    3) welgedaan! Uitstekend geskryf
    4 Sjoe jy is slim met die Q 20 en ek geniet die baie detail.

    Like

  4. Ek dink ng steeds tannie Frannie gaan uitvind dat Toorts verlangs familie is.
    ek is ook bang vir tonnels, maar as daar iets is wat wink, soos ‘n kis met geheime, dan loop ek voor.
    briljant geskryf Trommeltjies, ten minste is een of 2 vrae beantwoord

    Like

  5. Mmm so het ons nou hier dalk 2 liefdesnessies? Albei pragtige grotte met mooi waterpoele. Die een het ‘n donskombers, tafeltjie, waterverf en swart kant stola. Die ander het n lappieskombers en ‘n geslote kis vol geheime. Sjoe! Is dit dalk die 2 broers s’n? Dankie dat jy ons so georganiseer het om na oplossings te soek. Dankie ok dat jy Lorenzo gestuur hrt om ksptein Gigaba onkakabel te maak.Nou weet ons dat d 2 geraamtes waarskynlik aan d 2 broers behoort. Q20 is ook onmisbaar as jy langs die see ( of in n klam grot) woon. Ons kan nie wag om te sien wat die kis en die argiewe gaan oplewer nie!

    Like

Lewer kommentaar