Jip, dis weer sulke tyd. Ons tweede konsert jaar saam met Durbanville voorbereidings skool.
Verlede jaar sê ons Jana kind, ons sal moet gaan tou sit vir kaartjies vir die konsert. “Gaan tou sit?” Ja, blykbaar gaan sit mens al van vroeg af, miskien so 11uur af in die tou vir die verkope van die kaartjies wat vyf uur begin. Bizar, dink ons. “Julle moet kampstoele en proviant neem” sê Jana kind. Ons plaas vraagtekens daarvoor, maar gee haar die voordeel van die twyfel en pak kampstoele in. So jy weet, net vir ingeval dit nodig is. Ons stop daar so twaalf uur en tot ons verbasing sit die mense uitgekamp op die sypaadjie voor die skool. Parkering is reeds ń probleem. So sit ons, twee uur maak die hekke oop, die hele kamp gevolg maak hul pad na binne skoolterrein. So sit en kuier almal tot vyf uur. Die deure maak oop en ons word ń duisendpoot wat aan kruip na die saal.
Hierdie jaar is ons voorbereid en ons pak ons mandjie, koelhouer, kampstoele en hoede. Elf uur klok ons in op die sypaadjie. Twee gazebos is reeds opgeslaan, dis ń nuwe ene. Ons dink nogal ons is voorbereid vir die lang sit🤔😱. So kuier-kuier ons voort.
Verlede jaar het ons langs ń au pair meisietjie gesit en heerlik gekuier, ons verbasing is groot toe ons met ń hek, aanvanklik, tussen ons weer langs haar land. Sy is so dierbaar om sonder ń woord aan ons, in haar kar te klim en vir ons haar gazebo te gaan haal. Haar woorde later “ek sien, hierdie is mos ou bekendes, ek kan nie dat julle so in die son sit, terwyl ek onder iemand anders se gazebo in die koelte sit nie”. Is dit nou nie te dierbaar nie?
Ons kon heerlik met haar opvang oor wat die jaar in haar lewe gebeur het. Gelukkig het my onthou masjientjie vir ń slag gewerk.
Hierdie jaar was moeilik vir manlief, aangesien hy nog waddle waddle in sy moonboot (wonder wat sal dit in afrikaans genoem word? Tog nie maanstewel nie hahaha). Die aand sou hy die prys betaal vir die lang ,voete op die grond, sittery.
Hierdie konsert het elf vertonings, waarvan elke aand vertoning uitverkoop word. Dit is die rede dat ons moet wag vir kaartjies. Na drie het Jana kind by ons aangesluit en Lisa lyfie het ook kom speel. Die kinders geniet hulle gate uit, hulle speel in oortreffende trap. Julle daar word heerlik gepiekniek in die rye en daar word behoorlik tande geklap.
Binne in die saal is daar ń tafel vir elke vertoning geallokeer, as die duisendpoot uiteindelik in die saal kom hol jy vir jou tafel. Alhoewel ons al so lank gewag het kon ons plek in ry F kry.
Hier is ń paar foto’s van die groot wag, ek het dit so deel vir deel geneem van die voorpunt van die ry tot by die laatkommers.
Op foto 2 is manlief met sy moonboot en Jana kind langs hom. Dis die wurm om die skool.
Onse Lisa lyfie is ń seerower in hierdie jaar se konsert.
Is dit nou nie die mooiste seerower nie, haar ouma bars van trots. Dis onse Lisa lyfie.
Gisteraand het ek, manlief en twee vriendinne die konsert bygewoon, ons het gejuig, geklap en gelag. Ons was weg gevoer na die oorlogjare en die kinderhuis, in die tweede helfte is die kinders groot en is daar in die Officer’s canteen gedans, in treine gery, in vliegtuie gevlieg en die troue van Olie en Lizzie, maters van Birkleyhouse wat weer in die hospitaal herenig is, toe Ollie gewond was en Lizzie die verpleegster was.
Onthou hierdie kinders is net gr1, gr2 en gr3. Ons Jana kind sê die ou lyfie is moeg na die week se konsert, nou lê week 2 nog voor.
Hulle moet baie goed wees as die mense bereid is om so lank te wag🌹😃
LikeLike
Dit is werklik uitstekend, nie jou gewone klein kinder konsert nie.
LikeLike
Beslis die mooiste seerower! Daardie au pair is goud werd, haar gesin is gelukkig.
LikeLike
Sy gaan hulle verlaat, sy is op die stadium meer kok as au pair. Sy is besig om kleuterskool onderwys te studeer, dis haar passie.
LikeLiked by 1 person
Dis nou vir my so mooi dat die kinders se werk beloon word met vol sale. Geniet en sterkte vir Waddle.😉
LikeLike
Nog net tot die agste November.
LikeLike
Dit klink na ‘n lekker manier om ‘n klomp mense bymekaar te bring – laat hulle tousit. Julle seerowertjie is pragtig.
LikeLike
Nogal nê Hester, ons het nogal gewonder hoekom hulle dit nie deur Computicket doen nie, maar ek dink dit het soort van tradisie geword.
LikeLiked by 1 person
Dis omtrent n groot storie vir n laerskool konsert. Die skool doen seker baie moeite
LikeLiked by 1 person
Jy moet die dekor sien, fenominaal.
LikeLike
Sy raak nou lank, Trommeltjie, lyk baie na haar mamma. Die skool doen regtig goeie werk as die konsert so gewild is!
LikeLiked by 1 person
Ek is baie beindruk. Aard net glad nie na haar mamma nie.
LikeLike
Wonder ook soos ek lees hoekom die lang wag, computicket soveel makliker. Moet spesiaal wees as mense bereid is om so lank te wag.
LikeLike
Glo my dit is. Ek was verstom. Verlede jaar s’n was vir my nog beter as hierdie jaar. Lisa was ń jellievis😀
LikeLiked by 1 person
Jou Lisalyfie us die allerpragtigste ding. Hoekom verkoop hulle niedie kaartjies vooruit nie? Sê nou jy sit heeldag in die ry en kry op die ou end nie ‘n kaartjie nie?
LikeLike
Toorts ek wens ek het geweet, al wat ek weet is dat “the early bird catches the biggest worm”
LikeLiked by 1 person
En ‘n lekker kuier daarby. 😁
LikeLiked by 1 person
Ai, dis te lekker om so te kan pekniek terwyl jy ry-staan. Daardie kinderkonserte is die mooiste konserte wat mens kan kry. Hul is nog spontaan en opgewonde om hul beste te doen. Die seerower beindruk my baie. As sy so pragtig lyk sal ek goed glo alles is skitterend. gewees.
LikeLike
Daar was tot ń koffiewaentjie. Die konsert was werklik uitstekend.
LikeLike
Dis te lekker, laat my terug verlang na die ou skooldae met konsert waar alle ouers dit ondersteun en bywoon. Hele opwinding vir alger.
LikeLiked by 1 person