Ek verwys terug na https://travel4601.wordpress.com/2019/10/07/geel-fotos/

Tannie Maizie was besondrrs en het soveel mooi en hartseer met my gedeel. Een baie belangrike aspek was dat ek by Una was toe ek en my aangenome seun mekaar die eerste keer ontmoet het. Na die afspraak gereël is en ek angsbevange op die grond langs die bed gesit het, was dit sy wat kom moed inpraat het, wat ń skouer vir my was. Die dag toe ek Jaap sou ontmoet was dit sy wat my geneem het na die kabelspoor stasie by Harties. Sy wat so opgewonde was vir ons twee. Sy het later bely dat sy betraand weg gery het toe ons twee mekaar vir die eerste keer ń drukkie gee. Ek kan nie onthou hoekom dit sy was wat my geneem het nie, maar nietemin.

Sy kon my verhaal nie ophou vertel nie, tannie Rona haar bedte vriendin moes die hele verhaal hoor met ons besoek, dit was vir haar ń wonderwerk-storie.

IMG-20191008-WA0001Ons het na ons kuier na Una se huis trrug gery en daar verder gekuier, nadat hy almal ontmoet het. Hierdie foto het Janet, Una se middel kind geneem.

(Neem asb waar hoe klein en fyn ek toe was, waar is die dae🤔).

Sy was ook ń bok vir sports, die aand met Nadia se verjaardag sal ek nooit vergeet nie, daar is ge eet en gekuier en toe gedans. Tot Una se dierbare Anna huishulp cum winkelhulp het kom saam dans.

IMG-20191008-WA0004Kyk hoe kap ons dit uit. Una en ek, ouma Maizie en Nadia. Ons het baie gelag daardie aand, daar is allerlei nuwe moves uitgehaal. Later hoe kwater…. Ons het ek dare jou gespeel en in die swembad op ge eindig, ek moet bely ek en Una het gewilliglik ingeklim, maar ek het Nadie ingetrek.

IMG-20191008-WA0005.jpg

Waar ek hier skryf, glimlag ek breed. Ek haal my onthoue uit my trommeltjie. Ek is dankbaar vir ń liefste tannie wat my met liefde omvou het, wat diep hartsake kon praat en luister. Sy was sinoniem met kuiers by Una. Dit was mooi tye. Tot met my laaste besoek aan haar, wou sy tog net weer hoor van Jaap en haar verwondering oor die mooi storie is uitgespreek, sy was onherroeplik deel van die storie. Net ń laaste foto, van my en Una geneem met daardie Jaap-kuier.

IMG-20191008-WA0003Helaas dis baie seisoene gelede. Dankie tog dat ons nog steeds vriendinne is en nog baie meer paadjies saam bewandel het.

Advertisements

14 thoughts on “My mooi pad met Una se moeder

  1. Daarvoor is vriendinne daar, juis om jou dié dae wat jy deurgedra, selfs deurgesleep moet word, vir jou te help en dit maak vir my heeltemal sin dat Una en haar ma sulke mense is wat jou met liefde en deernis daarmee sal help. Jaap is ‘n pragtige man.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s