Moes omtrent ń perd opsaal om ń foto te kry van my tydens daardie jare. Dit was nou behoorlik om die argiewe te besoek. Leertjie is uigehaal en in bo kaste is bokse met foto’s uitgegrawe. Ek, my man en dogter het heerlik gesit en lag vir die klere en haarstyle. Ons het sy hele bed onder fotos gehad. Dankie Una agv jou uitdaging moes ons heel party plekke en mense besoek.

 

20190820_150708.jpg

 

Hierdie 2 fotos verteenwoordig die begin jare en later jare van die 80’s. Foto 2 is so omtrent in 1986 geneem. Hieraan is ń storie –

Skoonma het ń breimasjien gehad en vreeslik rompe, rokke en truie gebrei. Die rokke en rompe van buclé wol. So dink sy toe goed om die een kersfees vir elke vroulike lid van die gesin ń rok te brei. Ons het dit Oukersaand ontvang en ons het dik vd lag besef, more op die kersdag sal ons almal gestewel en gespoor in ons rokke moet kerk toe. Ons was maar almal bietjie ligtelik vir ouma Lena, jy sal dit aantrek as jy weet wat goed is vir jou, anders kan daar dalk vir lank betaal word aan jou onbesonnenheid.

Hier is die foto, moenie te veel lag nie🤣🤣🤣🤣

20190820_150741.jpg

Ouma het gebars van trots. Kan julle dink, ons masjeer toe in die rokke in die kerkpaadjie af en ons hou ons pose. Vandag se kinders sal net verseg, ons ou drietjies het maar gesluk en is in die rokke in.

Die ander foto is heelwat later in die tagtigs. Una dis omtrent hoe ek gelyk het toe ons mekaar leer ken het, ń woeste bos hare. Ek het natuurlike krul hare, maar dit moes nog gekartel word ook. My einde tagtigs begin 90’s was dit my kenmerk, die woeste bos hare. Dit is die tyd toe ons Heidelberg toe getrek het. Dis van my mooiste kosbaarste jare.

Ons het in daardie tyd baie nader aan die Here gekom, kerk verander, kosbare vriende gemaak. Mense wat nou nog deel is van ons lewens. Ek dink altyd terug aan daardie jare met groot nostalgie.

 

23 thoughts on “Tagtigerjare

  1. Ek het ook sulke rokke gehad..eintlik pakkies. My gunsteling was die navy en see groen ene! Ons was in die mode! Die lekker van fotos kyk is om die herinneringe te beleef. Una was so in die kol met hierdie uitdaging.

    Like

  2. Dis te lekker om ietsie van jou te lees. Die gebreide rokke was beslis in die mode. Ek het self truie op my masjien gebrei vir Afrika. Eintlik het ek lekker geldjie gemaak met skool truie. Daardie gepermde hare was darem hoog mode ook. Ek het ook gereeld my fyn haartjies gekrul en dan was dit nogal erg gekrul so in die begin.

    Like

  3. Sjoe jy is talentvol (woeste bos hare) einde tagtigs had my hare my reeds grotendeels verlaat. Op daardie stadium was dit ‘n issue vir my, deesdae is my besonderse haarstyl nie meer ‘n probleem vir my nie

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s