Ken julle oppela? Dit beteken my wiele is pap, ek is op oorlewings meganisme, ek is op auto mode. Dis ek.

Hierdie laaste tyd het die lewe ń paar balle na my kant toe gegooi wat ek gesukkel het om in did lug te hou, so nou gaan ons oor na oorlewings meganisme. Jy staan op en hanteer elke bal wat na jou kant gegooi word. Jy dink nie te ver vooruit nie, want dit help nie. Jy moet hier en nou hanteer soos dinge verander. Niks is uitgemaak of konstant nie.

My dogter is deur 21 dae hospitalisasie, waar tydens dit kronies verander het, sy is ontslaan en ons is nou in week 3, sy kan nog nie bestuur nie. Sukkel met dubbel visie en ń dom been, wat pyn en vol prikkels is. Ouma se taksi werk oortyd, ouma wat nie ń kok is nie, kook etes vie 2 families, ouma is ń laundromat vir 2 families.

Tussen in is my man met ń af achilles tendon wat geopereer moet word. Nr 1 gebruik hy disprin kardio en operasie word uitgestel, toe byt ń spinnekop die dr, operasie uitgestel vir 2 weke. In die tyd val die man, ń gat in die elmboog en dit raak septies, operasie uitgestel. Ek ruil verbande, ontsmet en sit salwe op. Operasie uitgestel vir 2 weke. Nou uiteindelik kan operasie gedoen word.

Nou is operasie agter die rug, nog ń komplikasie of twee word ingegooi. Man is tuis en nou lê 2 weke van geen gewig op voet en 90% vd tyd bedrus. Man is groot, krukke ń probleem.

Dis waar ek nou is. Tussen man se versorging en dogter se versorging en oumas taxi….

Mag ek sê, my wiele is pap, want nou is dit aand. More is ń nuwe dag, met die Here se genade begin ons weer en ons gaan deur die ure in outomaat, tot dit weer aand is.

Dit klink rof, maar weet julle die wonderlikste ding is dat elke oggend is die Here se genade nuut en omvou my met krag. Dan lag ons weer vir al die kosbasrhede deur die dag. My twee kleindogters en hulle wyshede voed my gees, ek bere hulle kleinnode van elke dag diep in my hart. Dis ook kosbaarhede wat ek nie sou gehad het as ek hulle nie elke dag moes rond karwei nie.

So is daar kosbaarhede midde in ń krises. Ek dank die Here dat my Jana kind al beter kan loop, die lighoofdigheid en dubbel visie daagliks beter word, genade op genade.

Jammer dat hierdie towerin so afgesluit is vzn wat op Rubusfontein gebeur, my oorlewings skills wil nie so ver strek nie, ek wil bitter grasg ontsnap na Rubusfontein en net gaan dobber op die rivier, maar hier en nou is ek in die werklike wereld nodig en dis al wat ek in staat is om te doen.

 

17 thoughts on “Oppela

  1. Sterkte met alles…en sterkte met die uitdagings. Ons hoop en bid dat almal binnekort vinnig op die been sal wees. Dan kan jy kom uitspan oop Rebusfontein.

    Like

Lewer kommentaar