Hier en nou verplaas ek my na Rebusfontein na my huisie, hier waar ek en Karolus kan wees.

Hier kan ek selfs my gedagtes hok slaan om net hier en nou te wees. Ek sit lang been voor die kaggel, Karlous styf teen my en ons sit net. Ons dink nie, ons is net.

More weet ek gaan ons ure deurbring op Hester se flot. Ons gaan dobber en ons gaan diep asem haal. Ons gaan sinc, ek gaan sinc. Ek het nodig om net stil te word en te wees, weer vol te word. Geen diep gesprekke met Vader te he nie, net by Sy voete te sit en te wees in Sy teenwoordigheid, Sy wysheid in te drink en net te hoor en te dank.

Nou die dag luister ek na n gesprek wat Roep tv met Riana Nel gehad het oor haar nuwe snit op haar album, lied is ” hou die hemel oop”, dit bring opnuut by my tuis, hoe om  God se goedheid te besing te midde van moeilike tye. Hoe om dankie te sê terwyl jy breek binne jou van smart, want Gos is goed. Wens ek kon dit met julle deel, google of utube dit.

Ek doen Saterdag ń parkrun en my oorwurm vir die oggend is ń Hebreeuse lied – ” Hodu La’Adonai kitov…” psalm 136:1. Praise His name and worship Him, give thanks to the Lord for He is good. Hierdie word ń refrein en ń deklarasie uit my hart. Vir 5km is ek besig met hierdie konsep, tree vir tree. Dit herinner my aan ń klomp jare gelede, is my vriendin se seun gered uit ń brandende kamer. Hy was lank in ICU, moes baie veloorplantings kry en letterlik weer leer loop. Ek onthou dat sy vertel het hoe hierdie lied haar saving grace was. Sy het dit oor en oor gesing, terwyl hulle geveg het vir sy lewe. Vandag is hy pappa van twee pragtige seuntjies.

Vanaand wil ek net op Rebusfontein wees, my oë sluit en alles afsluit van die werklikheid.

Te midde van moeilike tye staan dit soos ń paal bo water, dat God goed is. Ek kan vas staar teen die negatiewe of kies om te kyk na die positiewe, te midde van moeilike tye. My kind kon vanaand breinskade gehad het, sy kon ń mens sonder geheue gewees het, sy kon in ń rystoel gesit het, maar die Here het wonderlike dokters op haar pad gestuur met wysheid uit die hemel af gebid. So midde in alles is ons dankbaar.

Lisa is 7jr en 7mnd, Emma oor twee weke 4jr en hulle verstaan nie, hulle mis hul mamma. Hulle mis haar liefdevolle aanraking en toe vou elke dag. Nou sien hulle haar dalk ñ uur elke tweede dag. Hulle verstaan nie, hulle verlang. Vandag krul Emma net op teen haar mamma en lê net daar en my hart breek.

My lewe het in ń warboel verander, binne en buite my lyf. Ek dank die Here vir krag elke dag. Jehova Jirah ek roep U aan, genees my kind.

13 thoughts on “Uitvlug, ontvlug

Lewer kommentaar